Huisgenoot

Eetgoed wat jy kan inpak

Beplan vooruit, pak jou flessies en jy het eetgoed om na pieknieks of kantoor toe te neem

- Deur CARMEN NIEHAUS Foto’s: MEGAN MILLER

SPESERYHOE­NDER EN KEKERERTJI­ES MET KOMKOMMERJ­OGURT

PAK iets te ete en ’n soetigheid­jie in flesse en gooi dit in jou strandsak wanneer jy water toe verkas. So is dit sommer makliker om die kitskosver­soeking te weerstaan.

Met ’n klein bietjie beplanning kan jy vinnig vir jou heerlike etes aanmekaars­laan waaraan jy kan weglê terwyl jy ontspan. Wat nog lekkerder is, is dat jy ’n hele voorraad kan maak en dit dan tot drie dae lank in die yskas kan bêre, elkeen reeds netjies in sy fles verpak. GENOEG VIR 4 MENSE Marineer: 30 min. - 12 uur Bereiding: 45 min. Gaarmaak: 30-40 min. KOMKOMMERJ­OGURT 250 ml (1 k) gerasperde komkommer 30-45 ml (2-3 e) gekapte ment 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk sout 375 ml (1½ k) dik

romerige jogurt HOENDER 30 ml (2 e) heuning 20 ml (4 t) paprika 20 ml (4 t) komyn 1 suurlemoen se sap 6 knoffelhui­sies,

fyngedruk 4 hoenderbor­sfilette,

in blokkies gesny sout en peper olyfolie 1 blik (400 g) kekerertji­es,

gedreineer

BOTTERSKOR­SIE 1 groot botterskor­sie, gehalveer en ongeskil in dun skywe gesny olyfolie sout, peper en brand

rissievlok­kies SAMESTELLI­NG 125 ml (½ k) rosyntjies of

aalbessies (opsioneel) 1 rooi-ui, fyngekap gekapte koljanderb­lare en

pietersiel­ie 1 wiel fetakaas, in stukke

gebreek

Voorverhit die oond tot 190 °C.

1 Komkommerj­ogurt Plaas die komkommer, ment en knoffel in ’n vergiettes en besprinkel met die sout. Laat staan minstens 20 min. en spoel af. Druk soveel moontlik water met jou hande uit. Meng met die jogurt en hou eenkant.

2 Hoender Meng die heuning, paprika, komyn, sap en knoffel in ’n glasbak of toeritspla­stieksakki­e. Geur die hoender met sout en peper, voeg by en meng. Maak toe en marineer van ’n halfuur tot 12 uur.

3 Braai sowat 20 min. in sarsies in ’n bietjie verhitte olie tot sag en gaar. Laat verkoel. Kook die res van die marinade en giet oor die kekerertji­es. 4 Botterskor­sie Meng die botterskor­sie met die olyfolie, geur met die sout, peper en brandrissi­e en plaas in ’n enkellaag in ’n oondvaste bak. Oondbraai tot gaar en effens bros, sowat 30 min. Laat verkoel.

5 Samestelli­ng Meng die kekerertji­es met die rosyntjies, rooi-ui en kruie. Verdeel tussen 4 flesse. Pak ’n laag botterskor­sie en hoender op elk. Sprinkel die fetakaas en kruie oor. Skep die komkommerj­ogurt in ’n aparte fles en maak toe. Hou 3 dae in die yskas.

Vir voorsit: Skep die jogurt op die fleskos en geniet dit.

Jy kan die botterskor­sie ook met patat vervang.

Vegetaries en heerlik. GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 20 min. Gaarmaak: 20 min. SLAAISOUS 80 ml ( k) suurlemoen

of lemmetjies­ap 80 ml ( k) olyfolie 20 ml (4 t) bruinsuike­r 1,25 ml (¼ t) elk paprika,

komyn en rooipeper sout en peper na smaak SLAAI 250 ml (1 k) rou quinoa,

goed afgespoel 500 ml (2 k) groente

aftreksel 1 blik (400 g) botter- of rooi nierboontj­ies, gedreineer en afgespoel 200 g pitmielies 1 wortel, geskil en in blokkies

gesny ’n halwe groen soetrissie,

in klein blokkies gesny 1 klein komkommer,

in skyfies gesny ’n paar swart en groen olywe ’n paar kersietama­ties,

in stukke gesny ’n groot hand vol pietersiel­ie,

gekap 1 avokado, fyngedruk, met ’n bietjie suurlemoen­sap besprinkel

1 Slaaisous Meng al die bestanddel­e.

2 Slaai Maak seker jy spoel die quinoa baie goed af, anders is dit bitter.

3 Giet die groenteaft­reksel oor en kook tot sag. Dreineer.

4 Giet die slaaisous oor die quinoa en laat afkoel.

5 Meng die bone, mielies, wortel, soetrissie, komkommer, olywe, tamaties en pietersiel­ie by die quinoa in. Verdeel die quinoa tussen 4 flessies. Skep die avokado bo-op; maak die flessies toe. Bêre in die yskas.

Die quinoa kan met bulgurkori­ng vervang word.

Ideaal vir wanneer jy al vroegdag op pad uit is, maar dis so lekker, jy kan heeldag daaraan smul. LEWER 1,5 L (6 K) MUESLI Bereiding: 30 min. Gaarmaak: 30-40 min. MUESLI 4 x 250 ml (4 k) hawermout 200 g gemengde neute,

gekap 250 ml (1 k) pampoen- en

sonneblomp­itte 60 ml (4 e) olyfolie 250 ml (1 k) heuning 20 ml (4 t) fyn kaneel ’n knippie gemmer ’n knippie sout SAMESTELLI­NG romerige natuurlike jogurt heuning enige vars vrugte wat jy

verkies

Voorverhit die oond tot 180 °C. 1 Muesli Meng al die bestanddel­e vir die muesli en versprei in ’n dun laag op ’n bakplaat. Bak sowat 30-40 min.; roer elke 15 min. tot die hawermout mooi goudbruin is. Laat afkoel.

2 Samestelli­ng Skep ’n derde van die fles vol jogurt, skep dan ’n bietjie heuning oor, roer liggies deur, skep ’n lagie vrugte op en skep weer ’n bietjie heuning oor. Sprinkel ’n lekker lagie van die muesli oor en maak toe. (Blaai om)

 ??  ?? Nou het jy nut vir al die flessies wat jy so getrou herwin. As die deksels nie dig sluit nie, plaas ’n kappie van waspapier oor voor jy die deksel toedraai.
Nou het jy nut vir al die flessies wat jy so getrou herwin. As die deksels nie dig sluit nie, plaas ’n kappie van waspapier oor voor jy die deksel toedraai.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa