Maak gelukkige kinders groot
Nederlandse kinders is blykbaar die gelukkigste en mees tevrede ter wêreld. Twee ekspat-ma’s het gewonder hoekom dit so is. Hulle deel hul bevindings in ’n onlangse boek
AS BUITELANDERS wat in Nederland woon en hul jong kinders daar grootmaak, was Rina Mae Acosta en Michele Hutchison ingenome en ook nuuskierig toe die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) in 2013 in ’n ondersoek bevind Nederlandse kinders is die gelukkigste ter wêreld.
Rina, ’n Asiese Amerikaner, het getrou met ’n Nederlander, Bram, en daarna in Nederland gaan woon. Hulle het twee seuns. Michele, ’n Brit, wou nie haar werk by ’n uitgewer in Londen laat vaar nadat sy met Martijn, ’n Nederlander, getroud is nie, en het gedink sy sou hul kinders in Londen grootmaak terwyl hy naweke uit Amsterdam daarheen pendel. Maar hoe meer tyd sy in Nederland deurgebring het, hoe meer het sy van die Nederlandse gesinslewe gehou.
Die twee ma’s, wat mekaar deur medebuitelanders ontmoet het, het besef die Nederlandse ouerskapstyl verskil baie van dié waaraan hulle gewoond is. Die bevinding van die Unicef-ondersoek – dat Nederlandse kinders die gelukkigste en mees tevrede ter wêreld is – het hul belangstelling geprikkel.
Brittanje was 16de op die lys van 29 “ryk lande’’ en Amerika 26ste. (SuidAfrika verskyn nie op die lys nie.) Rina en Michele wou verstaan waarom die Nederlandse kinders so gelukkig is. Toe praat hulle met navorsers, akademici, sielkundiges, onderwysers, medeouers en kinders, en skryf saam ’n boek getiteld Happiest Kids in the World: Bringing Up Children the Dutch Way.
Hulle erken probleme soos misdaad, onderwys en kindersorg is baie anders in Nederland as in hul vaderland. Tog meen hulle ouers oral kan van die dinge toepas wat hulle daar geleer het.
In hierdie geredigeerde uittreksel uit hul boek vertel hulle van die Nederlandse benadering tot ouerskap:
TWEE kleuters het mekaar pas tot heel bo op ’n klimraam gejaag en stoei om eerste by die glybaan af te gaan terwyl hul ma’s lekker op ’n parkbankie daar naby sit en gesels. ’n Groep ouer kinders in sweetpakke kom met die fietspad aangejaag, al laggend met hokkiestokke wat gevaarlik naby hul wiele swaai. Hulle steek ’n jong ma op ’n fiets verby wat ’n baba in ’n voorste sitplek balanseer en ’n kleuter agterop. ’n Entjie verder vervolmaak ’n paar seuns hul skaatsplankvaardighede.
Dis geen gelukkige toneel uit ’n rolprent nie, maar ’n gewone Woensdagmiddag in die lente in ’n park in Amsterdam. In die Unicef-ondersoek het 95% van Nederlandse kinders hulself as gelukkig beskryf. Soos wat die toneel in die park getuig, geniet hulle vryhede wat kinders in baie ander lande ontsê word.
Nederlandse kinders het selfvertroue, lê gou inisiatief aan die dag en eis nie voortdurend grootmense se aandag op nie. Hulle weet hoe om hulself besig te hou. Dit is die soort geluk wat kinders ervaar wanneer hul ouers na hulle luister en hul mening respekteer.
Britse en Amerikaanse ouers is deesdae baie meer by hul kinders betrokke as wat hul ouers was en glo hulle moet ’n wakende oog hou oor alles wat ’n kind doen. Hedendaagse ouers in Brittanje en Amerika word deur angs gekenmerk: Hulle sloof hulle af – elke besluit wat hulle as ouers neem, is vol twyfel, bedenkings en skuldgevoel.
Hoekom gaan Nederlandse ouers nie
onder hierdie angs gebuk nie? Hoekom toon hulle nie dieselfde oorangstige “helikoptergedrag” wat elders algemeen voorkom nie?
Die Nederlanders het die angs, stres en verwagtings van hedendaagse ouerskap hokgeslaan en die betekenis van sukses en welstand herdefinieer. Vir hulle begin sukses by geluk – dié van hul kinders en hulself. lself.
KINDERS WORD NIE OORBESKERM NIE
Nederlandse kinders ry fiets skool toe, speel in die strate en gaan kuier ná skool by vriende, alles op hul eie. Nederland se eie “Geluksprofessor”, Ruut Veenhoven van die Erasmus-universiteit in Rotterdam, noem dit “onafhanklikheidsafrigting”. Dis verkeerd om kinders te veel aan bande te lê en te beskerm, sê hy.
“As hulle nooit val nie, leer hulle dit nooit vermy nie,” sê Ruut, wat jare lank navorsing oor geluk gedoen het. Dit is ook belangrik dat ouers hulle toelaat om verveeld te wees. Ouers se taak is nie om hulle gedurig te vermaak nie; kinders moet maniere vind om hulself besig te hou. Dit sal hul kreatiwiteit en vindingrykheid stimuleer.
Dit is waar dat kinders in die bedrywige stadskerns in Nederland ál meer beskerm word. Maar dit kom nie naby die oorbeskermende angs wat ’n mens in Brittanje of Amerika aantref nie.
GOEIE BALANS TUSSEN WERK EN PERSOONLIKE LEWE
Die Nederlandse samelewing het vir ’n benydenswaardige werk-leef-balans geveg en dit gekry. Deeltydse werk het die norm geword; dit beteken gesinne het meer tyd om dinge saam te doen. As die groot voorstanders van deeltydse werk in Europa werk die Nederlanders gemiddeld 29 uur per week. Hulle wy minstens een dag per week daaraan om tyd saam met hul kinders deur te bring. ’n Mens sal nie ’n Nederlandse ma hoor h sê sy voel afgeskeep oor o die tyd wat sy saam met haar kinders deurbring deu nie – sy sal sorg so dat sy ook tyd vir haarself h inruim.
PA’S BRING HUL KANT
In Nederland het die v verdeling van werk tu tussen ma’s en pa’s ingry grypend verander. Al neem Nederlandse vroue steeds g groter verantwoordelikheid vir kindersorg en die huishouding as hul man, is dinge duidelik aan die verander. Volgens syfers van die Nederlandse Sentrale Statistiekburo maak mans ns nou meer kos en huis skoon, terwyl vroue minder tyd daaraan bestee. Vir baie Nederlandse pa’s is dit net so belangrik om kindersorg en huishoudelike take te deel as om ’n loopbaan te hê. Hulle verstaan hoe belangrik dit is om ’n aktiewer rol by die huis te speel en is gelukkig om werkgewers te hê wat dit verstaan en ondersteun.
GEEN STREWE NA VOLMAAKTHEID NIE
Hulle het ’n realistiese beskouing van ouerskap en verstaan dat hulle (en hul kinders) ver van volmaak is. Hulle vergeef hulself makliker vir hul eie onvolmaakt-
GEEN DRUK OP SKOOL NIE
hede en tekortkomings; daarom kan hulle ouerskap geniet.
Die Nederlanders mik bloot daarna om as ouers “goed genoeg” te wees. Hul uitgangspunt is eenvoudig: Bly kalm. Dit is genoeg om jou bes te doen.
Daar is niks van die mededinging of skuldgevoelens wat ’n mens in Brittanje en Amerika onder ma’s sien nie. Hul eie onrealistiese verwagtings en ander se menings laat Britse en Amerikaanse ouers gedurig uitgedaag en verward voel. Daar word aanvaar dat kinders al die tyd, geld, hulpbronne en aandag nodig het wat ’n ouer kan bied om hulle ’n voorsprong in die lewe te gee. Die meeste skoolkinders kry geen huiswerk terwyl hulle op laerskool is nie. Speeltyd en pret word as belangriker beskou as om akademies te vorder.
Michele vertel hoe sy die Nederlandse skoolstelsel leer ken: “My seun Ben is besig met die oorgang van laer- tot hoërskool en skryf binnekort eksamen. In Nederland is daar nie iets soos slaag of druip nie.
“Pleks daarvan word kinders se akademiese vermoëns in die finale eksamen op laerskool gemeet om te bepaal in watter van ’n groot verskeidenheid strome hulle op hoërskool geplaas moet word – van akademies tot tegnies, vakgerig of handvaardig. Hierdie eksamen kan daarom die res van ’n kind se lewe en hul loopbaankeuse beïnvloed.
“As dit van my afgehang het, sou ek saam met hom hersiening daarvoor gedoen het, soos ek in Brittanje sou gemaak het. Maar sy onderwyseres het my
Ouersse taakisnie omhullegedurigte vermaak nie;kinders moet manierevind om hulselfbesig tehou
(Van vorige bladsy)
gevra om dit nie te doen nie. ‘Jy wil hom nie onder enige druk plaas nie,’ het sy gemaan, asof dit die ergste ding is wat ’n ouer kan doen.
“Die eerste keer toe Ben (toe 4) met ’n skoolrapport huis toe kom, was ek geskok. Daar was geen persentasies nie, geen punte uit 10 nie, geen A’s, B’s of C’s nie. Dit het glad nie gelyk soos rapporte wat ek op laerskool gekry het nie, kompleet met punte uit 20 en my posisie in die klas.
“Pleks daarvan was daar ’n ry van vyf kolle vir elke kategorie wat Ben se ontwikkeling aantoon. Daaronder tel sorg vir die omgewing, wat in ag neem of hul werk netjies en hul lessenaar skoon en ordelik is.
“Hul verhouding met die onderwyser is nog ’n kategorie – die ideale leerders is hulpvaardig, nuuskierig, beleef, aandagt ig en bereid om reggehelp te word as hulle ’n fout maak. Die kind se verhouding met ander kinders word ook beoordeel: Hulle word aangemoedig om saam te werk, bedagsaam te wees en goed te luister.”
GESINNE EET SAAM
Om voor skool en die werkdag as ’n gesin saam aan tafel te sit en eet is deel van die roetine in die Nederlandse gesinslewe. In geen ander land eet gesinne so gereeld saam ontbyt soos in Nederland nie. Dit is ook nie algemeen dat Nederlandse ouers vriende vir aandete nooi nie. Jy word dalk vir vroeë drankies of koffie genooi, maar daar word verwag dat jy voor aandete sal vertrek, want dit is gesinstyd. Aan die etenstafel leer kinders om hul eie mening te vorm en dit uit te spreek, en hierdie gesprekke is ’n wesenlike deel van die gesinsdinamika. “Ons glo dit is allerbelangrik om die tyd in te ruim om saam ontbyt en aandete te eet sodat ons na mekaar kan luister, ons ervarings kan deel, praat oor wat in die wêreld aangaan en dit in ’n breër konteks plaas,” sê ’n Nederlandse pa van twee.
Jyworddalk virvroeë dran-k iesof koffi ge-nooi, maardaar e wordverwag datjyvoor aandetesal vertrek