Huisgenoot

Hofmeyrrom­an sal jou laat skrik

Een riller en een vriendever­haal

- Deur ELNA VAN DER MERWE

DIE ONAANTASBA­RES Deur Steve Hofmeyr (Zebra Press, R200*)

“Eintlik is ek ’n ou sluipmoord­enaar,” spot Steve Hofmeyr in antwoord op die vraag waar hy aan die idee van ’n harpsnaar as moordwapen kom. Die Sluiper, sy vreesaanja­ende romantiese hoofkarakt­er, span die snaar baie vernuftig om sy slagoffer se nek, en nog voor die skielik gestorwene vloer toe kan sak, het die harpsnaar teruggeski­et in die Sluiper se mou en soos ’n armband om sy pols gekrul.

“Nee, ek moes maar sit en dink, want alles is al gedoen. As ek ’n sluiper met flair was, het ek dit so gedoen.

“Ek sal tog bitter spyt wees as Die Onaantasba­res ’n handleidin­g vir misdadiger­s word!”

Wanneer die Sluiper begin wraak neem op mense wat hom sy kosbaarste besitting ontneem het, is daar ’n paar skrikwekke­nde, fyn uitgewerkt­e moorde, onder meer een op drie vroue in ’n kleedkamer. Hoe kon hy dié soort koelbloedi­ge de- tail so oortuigend beskryf?

“Jy moet as skrywer ’n fyn sin van ander mense se skoene hê, want jy sal oortuigend in elkeen s’n moet kan staan. Hier het ek maar met my donker verbeeldin­g gespeel,” sê Steve.

Die einde kan ’n mens glad nie voorspel nie, en die leser kan wel wonder of die skrywer dit so beplan het en of die slot eers teen die einde vir hom duidelik geword het.

“Dis die moeilikste deel van skryf: om die einde te ken. Ek moes probeer raai hoeveel die leser besig is om te ontrafel.”

Gelukkig gaan die vrae beantwoord word waarmee ’n mens aan die einde opgesaal word, want hy skryf reeds aan ’n opvolg vir sy vyfde roman.

Die sanger sê hy kan nie voltyds skryf nie. “Ek sal moontlik ook nooit as skrywer erkenning kry nie. Maar ek geniet dit vreeslik en sal vir altyd skryf.”

 ??  ?? Steve Hofmeyr het met sy “donker verbeeldin­g“gespeel in sy boek Die Onaantasba­res.
Steve Hofmeyr het met sy “donker verbeeldin­g“gespeel in sy boek Die Onaantasba­res.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa