Huisgenoot

‘EK PROBEER MENSE DEUR KOMEDIE VERSTAAN’

Hy het mense uitgeboul met sy sangtalent in The Voice South Africa, en met sy debuutalbu­m, Boom Baby, wys hierdie topvyffina­lis daar is geen keer aan hom nie

- – FATMAN

Lag ’n slag

Die flambojant­e Fatman, oftewel Johannes Brümmer, geniet dit om mense te vermaak en te laat lag. “As ek jou vir die eerste keer ontmoet, is dit die eerste ding wat ek wil doen,” vertel dié 41-jarige musiekonde­rwyser van BelaBela (Warmbad) met sy kenmerkend­e harderandh­oed. “Ek wil jou laat lag. Ek het mense nog altyd deur komedie probeer verstaan en leer ken.” Sy album, Boom Baby, bevat snitte wat jou sal laat lag, huil en lekker dans. Die titelsnit was sy eerste enkelsnit. “Dit gaan oor mamma en pappa wat op date night gaan, die kinders by ouma los en net pret het.”

Sy musikale reis

“Ek geniet dit om saam met ander kunstenaar­s te werk. Met die nuwe album het ek ’n verskeiden­heid mense betrek,” sê hy. Hieronder is Pieter Smith, ’n sanger wat Fatman nog altyd bewonder het. “Ek het Leon Schuster betrek om ’n komiese element te skep. Ons het altyd lekker gelag vir sy liedjies.” Fatman sing Jannie du Toit se liedjie Liedjie vir Jou saam met Caroline Grace, wat ook ’n finalis in The Voice South Africa was. “Min mense sing eintlik die liedjie, en dit is so ’n mooi song,” sê Fatman. Ook op die snitlys is sy en Kahn Morbee van The Parlotones, sy mentor in The Voice, se balladewee­rgawe van Kurt Darren se treffer Kaptein, waarmee Fatman op die sangreeks bekendheid verwerf het. “Dit was ’n groot eer om die liedjie saam met Kahn te sing. Hy het die song gekies toe ek in The Voice opgetree het.”

Sy‘ sonneblom gesiggies’

Een van die snitte op sy album, Sonneblom gesiggie, is spesiaal geskryf vir sy twee kinders, Sanrico (16) en Pedri (12). “Elke vers handel oor een van hulle. Dit is hulle wat my ingeskryf het vir The Voice,” vertel Fatman. “Aan die begin wou ek nie deelneem nie, maar ek het dit toe gedoen om hulle gelukkig te hou – en kyk waar is ek nou.”

Sy seun, Pedri, woon steeds saam met sy vrou, Susan, op Bel a-Bel a, waar hys y laerskool loopbaan voltooi. Fat man ens y dogter, Sanrico, woon in Pretoria, waar sy aan die Hoërskool Waterkloof skoolgaan.

KITSFEITE OOR FATMAN

Die sanger geniet dit om in pandjieswi­nkels vir winskopies rond te snuffel.

Hy spot en sê toe hy destyds in die weermag was, het hy ’n no. 34-broek gedra. “Deesdae is ek ’n bietjie meer geset en dra ek ’n no. 54.”

Fatman is ’n versamelaa­r van formaat en moes ’n ekstra stoor laat bou vir al die wit olifante wat hy optel. “Ek sal enige ding vat, of dit nou ’n grassnyer is wat nie ’n enjin het nie of ’n luidspreke­r wat gebreek is. Ek sit met vier stukkende koffiemasj­iene.”

Hy en sy vrou, Susan, staan as Fatti’s & Moni’s bekend, skerts hy. “Ek is vet en sy moan,” lag hy.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Die The Voice South Africa- Africa-finalis fififififi­fifififina­lis Johannes Brümmer, oftewel Fatman, het onlangs sy debuutalbu­m uitgereik. BO: By hom is van links sy dogter, Sanrico, vrou, Susan, en seun, Pedri.
LINKS: Die The Voice South Africa- Africa-finalis fififififi­fifififina­lis Johannes Brümmer, oftewel Fatman, het onlangs sy debuutalbu­m uitgereik. BO: By hom is van links sy dogter, Sanrico, vrou, Susan, en seun, Pedri.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa