Die won­der van oe­sters

Oe­sters is nut­tig vir die mens as kos en om­dat dit soms ju­we­le, pê­rels, le­wer

Huisgenoot - - Inhould -

DAAR is ver­skeie soor­te oe­sters. Ta­fe­loes­ters is dié soor­te wat ge­ëet word. Daar is ook spe­si­a­le oe­sters wat kos­ba­re pê­rels kan maak – die e­nig­ste ju­weel wat deur ’n dier ge­maak word.

WAT IS OE­STERS?

Oe­sters is in­ver­te­bra­te- (of­te­wel on­ge­wer­wel­de) week­die­re. Dit be­te­ken eint­lik net hul­le het nie ’n rug­graat nie. Hul­le is boon­op bi­val­via (twee­klep­pi­ges). Hul­le het dus twee skul­pe wat met ’n soort skar­nier aan me­kaar vas is. Nes visse het dié see­dier­tjies kie­we om on­der wa­ter mee a­sem te haal. Oe­sters eet al­ge, plank­ton en an­der kos­deel­tjies wat hul­le uit die wa­ter fil­treer. Hul­le leef by­na hul he­le le­we bin­ne-in hul skul­pe.

Oe­ster­skul­pe is ge­woon­lik o­vaal- of peer­vor­mig. Hul kleur aan die bui­te­kant is wit­grys, en die bin­ne­kant is wit soos por­se­lein. Dié skul­pe het baie sterk spie­re wat kan saam­trek om die twee skulp­de­le toe te maak wan­neer die oes­ter be­dreig word. Oe­sters kan ge­woon­lik 20 jaar of ou­er word. Hul­le word van 7 tot 35 cm groot.

HABITAT

Die e­nig­ste wa­re oe­sters is dié wat be­hoort tot die fa­mi­lie Os­trei­dae, soos die Eu­ro­pe­se ta­feloes­ter, Ostrea e­du­lis, en Suid- A­fri­ka se kom­mer­si­ë­le

Cras­sostrea mar­ga­ri­ta­cea. Hul­le hou ge­woon­lik in vlak wa­ter, waar hul­le in ko­lo­nies voor­kom wat as riw­we be­kend­staan. Een van die ge­wild­ste en mees ge­oes­te spe­sies is Cras­sostrea vir­gi­ni­ca, wat in die At­lan­tie­se O­se­aan van Ka­na­da tot Ar­gen­ti­nië voor­kom. Cras­sostrea gi­gas is ook ’n ge­wil­de ta­feloes­ter wat in die S­til­le O­se­aan van Ja­pan tot Amerika voor­kom en selfs so ver suid soos Aus­tra­lië ge­vind word.

GE­DRAG

Oe­sters het ook ’n ge­slag. Hul­le is dus man­lik of vrou­lik. Maar het jy ge­weet hul­le kan van ge­slag ver­an­der? Ne­ge uit 10 oe­sters is man­lik wan­neer hul- le on­der een jaar oud is. Maar agt uit 10 oe­sters is vrou­lik wan­neer hul­le ou­er as een jaar is. Deur ’n oes­ter se leef­tyd kan hy (of sy) sy (of haar) ge­slag som­mer ’n he­le paar keer ver­an­der.

So­dra ’n oes­ter­wy­fie be­vrug is (’n pro­ses wat deur die wa­ter ge­skied), laat sy mil­joe­ne ei­er­tjies in die wa­ter vry. Bin­ne so­wat ses uur ont­wik­kel lar­wes wat twee tot drie we­ke lank in die wa­ter dryf. Dan vind hul­le ’n plek waar hul­le vas­heg om ’n oes­ter­rif te vorm. Bin­ne ’n jaar raak hul­le vol­was­se en ge­reed om voort te plant.

AS KOS

Wan­neer ie­mand ’n oes­ter wil eet, moet hy eers daar­die har­de toe­ge­klem­de skulp pro­beer oop kry. Die oes­ter­vleis lyk ook nie lek­ker nie. Dit is grys en sly­me­rig. Maar as jy dit waag om te proe, sal die de­li­ka­te teks­tuur en ryk sou­te­ri­ge smaak jou ver­ras. Dit word ge­woon­lik ge­niet saam met ’ n bie­tjie pe­per en suur­le­moen­sap.

Oe­sters is ook voed­saam, want hul­le

be­vat heel­wat kal­si­um, ys­ter en pro­te­ïen. Die mens eet al dui­sen­de ja­re lank oe­sters – in hul rou of ge­kook­te vorm.

Kin­ders hou ge­woon­lik nie van rou oe­sters di­rek uit die skulp nie. Dit is mis­kien be­ter so, want oe­sters kan bak­te­rieë, pa­ra­sie­te en gif­stow­we be­vat wat jong kin­ders se le­we kan be­dreig. Maar ge­kook­te oe­sters kan goed wees vir jou, want dit be­vat wei­nig vet en is voed­saam. Maar as jy al­ler­gies is vir skulp­vis, moet jy dit lie­wer nie eet nie.

Daar is ver­skeie oes­ter­boer­de­rye in Suid-A­fri­ka. Daar word on­der meer ja­re al in Al­go­a­baai (Port E­li­za­beth) met oe­sters ge­boer. Die groot­ste boer­de­ry is eg­ter in Sal­dan­ha­baai aan die Wes­kus. Cras­sos

trea gi­gas, die vin­nig groei­en­de spe­sie uit die S­til­le O­se­aan, word hier ge­teel.

PÊ­RELS

Oe­sters is die na­tuur se e­nig­ste ju­weel­ma­kers. An­ders as mi­ne­raal­ju­we­le wat uit die grond kom, is die pê­rels wat uit oe­sters kom nie blink en hard nie. Pê­rels is sag­ter en ab­sor­beer die lig so­dat hul­le glim. Die mooi­ste pê­rels ê­rels word ge­skep deur die pê­rel­oes­ter Pinc

ta­da mar­ga­ri­ti­fe­ra van die tro­pie­se seë. Ta­fe­loes­ters maak ook pê­rels, maar ar dit is dof en min werd. Se­ke­re see­slak­ke ke en mos­sels kan ook pê­rels maak.

’n Pê­rel vorm wan­neer ’ n vreem­de, , onwelkome voor­werp – dik­wels ’ n san­dand­kor­rel­tjie of pa­ra­siet – in ’n oes­ter­skulp kulp be­land. Dit ir­ri­teer die oes­ter en dan skei hy per­le­moen af om die ir­ri­tant te om­hul. mhul. Per­le­moen is ’ n meng­sel van kal­si­um m en pro­te­ïen waar­mee die bin­ne­kant van n die skulp ook uit­ge­voer is. Die per­le­moen n bou met die ja­re in la­gies om die kor­rel­tjie op en vorm so ’n prag­ti­ge pê­rel.

PÊRELBOERDERY

Ge­kweek­te pê­rels word op die­self­de ma­nier ge­maak. Al ver­skil is dat die pê­rel­boer self die kor­rel­tjie tus­sen die man­tel (die vle­si­ge lig­gaam van die oes­ter) en die per­le­moen­laag van die skulp in­druk. Dit ge­beur wan­neer die oe­sters so­wat drie jaar oud is. Die oe­sters word in draad­hok­ke aan die kus ge­hou en ge­reeld na­ge­gaan om se­ker te maak hul­le is ge­sond. Ná ’ n paar jaar word die pê­rels ge­oes, ge­po­leer en vol­gens ge­hal­te ge­sor­teer. Pê­rel­oes­ters word ver­al in Ja­pan, maar ook in Aus­tra­lië, Ko­rea, Mi­an­mar, die Fi­lip­py­ne en Hong­kong ge­kweek.

BEDREIGINGS

Die oes van oe­sters vir die han­del word deur wet­te en re­gu­la­sies be­heer. Oe­sters word nie be­dreig nie, maar hul­le is baie sen­si­tief. Vuil, be­soe­del­de wa­ter kan hul­le laat vrek. Hier­die skulp­vis kan ook gif­stow­we in hul vleis op­neem wat dan ska­de­lik is vir men­se wat dit pro­beer eet.

’n Oe­ster­ko­lo­nie of -rif steek tus­sen die ge­tye bo die wa­ter uit. Wer­kers op ’n oes­ter­plaas maak die gaas­sak­ke skoon wat oe­sters be­vat en draai dit om so­dat hul­le goed groei. Hul­le werk ty­dens laag­ge­ty wan­neer die plaas nie on­der see­wa­ter is nie.

Ta­fe­loes­ters word rou of ge­kook voor­ge­sit. Het jy al ooit ’n rou oes­ter pro­beer eet?

Die sor­te­ring van pas ge­oes­te oe­sters. ’n Oop­ge­maak­te oes­ter met die eet­ba­re vleis bin­ne-in. ’n Hals­snoer van kos­ba­re wit pê­rels.

Die wêreld se groot­ste na­tuur­li­ke pê­rel is dié bie­lie van 34 kg, die Pê­rel van Pu­er­to P­rin­ce­sa, wat glo by­na R1,4 bil­joen werd is en in die Fi­lip­py­ne ge­vind is. ’n Vis­ser­manVis­ser­man het dit ont­dek. Blaai na bl 86 en vind meer uit oor die an­der duur­ste ma­te­ri­a­le op aar­de.

’n Prag­ti­ge pê­rel word ver­sig­tig uit ’n le­wen­de oes­ter ge­haal. Dit word ver­vang met ’n ron­de voor­werp van die­self­de groot­te so­dat ’n nuwe, gro­ter oes­ter ’n jaar la­ter sal vorm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.