Hart­seer oor ver­lies van hon­de­kind lei tot wek­roep: Help die DBV!

Huisgenoot - - Gesels Saam - ANTOINETTE SCHOEMAN, RIEBEECKSTAD

17 jaar het ek my groot­ste vriend, lyf­wag en hon­de­kind weens kan­ker ver­loor. Jy met jou bruin o­gies was die mooi­ste Jack Rus­sell. Ons is baie hart­seer en vra kort-kort: Hoe­kom jy? Jy, wat net vreug­de in ons le­we ge­bring en so mooi ge­kyk het na jou vrou­tjie, Mie­kie, en dog­ter­tjie, Pe­a­nut.

Wie gaan my nou met ’n op­ge­wek­te blaf­fie kom roep wan­neer die pos of koe­ran­te af­ge­le­wer is? Jy was my wek­ker, my be­skerm­en­gel, een van my kos­baar­ste ge­sken­ke en be­sit­tings.

Va­nog­gend toe ek my was­goed op­hang, het ek jou ge­troue ska­du­wee so ge­mis. Jy was my bes­te vriend wat me­nig­maal my hart­seer ver­dryf het wan­neer jy styf teen my kom lê het met jou nat snoet en warm, lief­de­vol­le ly­fie.

En nou is jy ook my in­spi­ra­sie om meer te doen vir die Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (DBV). Dis hoe ek jou na­la- ten­skap sal eer. Ek het net die hoog­ste re­spek vir dié won­der­li­ke men­se en die on­baat­sug­ti­ge werk wat hul­le doen om ver­waar­loos­de en ver­sto­te hon­de te red en hul­le ’n kans op ’n be­ter huis te gee.

Ek vra al­mal in die gan­se wêreld: Kyk as­se­blief mooi na jul hon­de­kin­ders? Hul­le is aard­se en­ge­le wat ons be­jaar­des en ook ons kin­ders se le­we ver­ryk en be­skerm. As ’n ver­hon­ger­de, ver­waar­loos­de hond oor jou pad kom, neem hom of haar DBV toe. Of koop ’n sak hon­de­kos en neem dit na jou naas­te DBV.

Van­dag wil ek aan el­ke hon­de­kind en -lief­heb­ber ’n ver­sie op­dra:

Ek speel vir jou Mo­zart en Bach en pluk vir jou blom­me vro­lik maar sag.

Geel en blou en pers skryf ek vir jou ’n om­gee­vers, ’n vers om teen jou hart te hou,

Want mens ek hou van jou. Rus in vre­de, my lief­ste Klip­pies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.