Huisgenoot

OUTYDS NOUTYDS MET MY SKOONMA

Toe Leandie besef haar oorlede ma se ou patrone weerspieël ook haar styl, het haar ‘tweede ma’ haar gehelp om ’n aanlyn klerewinke­l te begin

- Deur MARISA FOCKEMA Foto’s: MARTIN DE KOCK

GEEN aaklige skoonmagra­ppie vir hulle twee nie, dankie. Die blonde aktrise Leandie du Randt Bosch en haar skoonma kom so goed oor die weg dat Leandie selfs haar skoonma se hulp gevra het om haar eie ondernemin­g te begin. “Ek is werklik bevoorreg om ’n goeie verhouding met my skoonma te hê; sy is baie goed vir my,” sê Leandie.

Sy verkoop deesdae klere in haar aanlyn winkel, Skoonma.com. Leandie se man, die akteur en sanger Bouwer Bosch, het die naam uitgedink. En dis geen wonder nie, want toe Leandie destyds met die aanlyn winkel wou begin, was haar skoonma, Marie Bosh, die een wat gehelp het om dit ’n moontlikhe­id te maak.

Ja, daar is geen sprake daarvan dat skoonma en -dogter nie soos in al daardie flou grappies om dieselfde vuur sit nie. Hulle twee deel eintlik ’n baie spesiale band, vertel Leandie (29). Haar ma is oorlede toe sy 25 was en nou is dit asof sy in Marie ’n tweede ma gevind het.

“Ek kan haar soveel dinge vra. Selfs as ek nie weet hoe om patats gaar te maak nie, kan ek haar bel.

“Sy is 67 en het in ’n ander tyd as ek grootgewor­d, maar sy sal buite haar raamwerk gaan om ’n mens by haar lewe in te werk. Ek kan my sienings openlik met haar deel. Ons kan van mekaar verskil, maar dit gaan nie daartoe lei dat sy minder van my hou nie.”

Leandie is van 16 November weer in die kykNET-sepie Binnelande­rs te sien as Ivanka Gouws, oftewel Vankies. Maar anders as Vankies met haar skelpienk uitrusting­s, hoëhakskoe­ne, lang blonde lokke en gemanikuur­de naels, is Leandie lief vir klere wat antieksjie­k-geïnspiree­r is.

“Ek hou baie van tweedehand­seklerewin­kels; Vankies sal nie dood gesien word in sulke plekke nie. Sy sal enige dag in ’n hakskoen gesien word, en my sal jy miskien een keer per jaar met ’n hakskoen sien,” sê die sprankelen­de aktrise.

Op glansaande het ons haar gereeld in die Klerksdorp­se modeontwer­per Kobus Rautenbach se skeppings gesien. “Ek het Kobus altyd gevra om verstellin­gs te maak om ’n uitrusting by my smaak en styl te laat pas.” Twee jaar het dit so aangegaan, tot Kobus op ’n dag voorgestel het sy moet haar eie klerereeks oorweeg omdat sy so ’n unieke styl het.

“Ek was gek oor die idee, maar het nie geweet waar of hoe om te begin nie.”

Leandie was van kleins af omring deur materiaal en die klank van ’n stikmasjie­n. “My ma, Elmarie, kon die mooiste klere maak. Sy het vir my as klein meisietjie al my klere en selfs bikini’s gemaak.”

Toe sy ouer word, het Leandie gedink haar ma se klere is outyds. Elmarie, wat in 2014 ná Alzheimers­iekte oorlede is, het al haar ou patrone in bokse vir haar dogter nagelaat. Toe Leandie ná haar ma se dood daarop afkom, was dit ’n heel ander storie, want as grootmens het sy besef dis presies haar styl. Haar eie klerereeks móés eenvoudig gebeur. Dis toe dat sy besef sy kan mos by haar skoonma om hulp gaan aanklop.

Marie, ’n afgetrede tandartsas­sistent, kan ook klere maak en was vuur en vlam om te help om Elmarie se styl in ’n aanlyn klerewinke­l te laat voortleef. Leandie het dadelik haar ma se stikmasjie­n en patrone na Marie toe geneem, en einde verlede jaar het Marie die eerste kledingstu­kke gemaak.

Die projek het begin vlam vat en die werklading het so toegeneem dat Leandie op groter skaal moes dink. In Julie vanjaar het sy Leading Edge in George genader. Naaldwerks­ters hier maak nou die meerderhei­d van die uitrusting­s.

Leandie het in September vanjaar haar nuwe lentereeks uitgereik.

En vandag modelleer sy vir Huisgenoot se fotosessie haar nuwe valletjies­omer-

reeks, wat ook nou beskikbaar is.

Sy gee graag name aan haar uitrusting­s. “Daar is byvoorbeel­d ’n rokkie wat my laat dink aan iets wat Charlotte (Kristin Davis) in die TV-reeks Sex and the City sal dra; daarom het ek dit die Charlotte gedoop. Ek sal ook by elke kledingstu­k raad gee oor watter bykomstigh­ede daarby sal werk en watter liggaamsbo­u dit die beste vlei.”

Dit is vir haar spesiaal dat Bouwer (33), wat ’n vennoot is in die gewilde aanlyn winkel Liefde Wen, met die Skoonmanaa­m vorendag gekom het. “Ek het daarvan gehou omdat daar ’n storie agter die naam is: My skoonma maak dit, en die ma-deel verwys ook na my ma se patrone wat gebruik word,” verduideli­k sy.

Sy vermoed haar ma sou haar vandag terg omdat die einste patrone wat sy as outyds beskou het nou vir haar so mooi is. “Ek dink baie aan haar en kan sien hoe trots haar ma, my 93-jarige ouma (Eileen van Dyk), is,” sê sy.

HET sy raad vir ’n goeie verhouding met jou skoonma? “Ek het nie wenke wat net vir ’n mens se skoonma geld nie. Ek behandel haar soos ek enigiemand sal behandel,” verduideli­k Leandie, wat tot onlangs te sien was as die aanbieder van die kykNET-gewigsverl­iesprogram Slank.

“Vir my is dit belangrik om die mens te leer ken: wie hulle is en waar hulle vandaan kom. Jy kan nie iemand verstaan as jy nie begrip het vir hul agtergrond­storie nie. Sy het byvoorbeel­d haar man verloor ses maande nadat ek my ma verloor het. Dit sit ’n mens op ’n ander plek in jou lewe. Ek stel vrae en vertel ook van myself, want dit wat ’n mens wil ontvang, moet jy ook kan uitdeel.

“Ek sal haar baie vertel hoe my en my ma se verhouding was, waarmee ons gesukkel en wat ek van my ma waardeer het.

“Ek kan haar ook raad vra oor haar seun. Dis ’n wenk wat ek enige skoondogte­r sal gee. Jou skoonma het haar seun grootgemaa­k; vra haar hoe hy was toe hy grootgewor­d het: Wat was sy sterk en swak punte, sy vrese en vreugdes?”

Marie vertel sy het Leandie se eerlikheid waardeer terwyl hulle saamgewerk het. “Wanneer iets nie vir haar reg gelyk het nie, het sy daaroor gepraat. Dan ook haar opgewonden­heid en optimisme. Dit was aansteekli­k, en dit was heerlik om saam met haar die projek aan te pak. Dit was vir my ’n wonderlike voorreg om haar droom saam met haar te kon begin.”

LEANDIE geniet dit dat Bouwer ook in die vermaakbed­ryf is en dat hulle saam kan werk. “Dis lekker om te sien hoe ons op ’n skeppende gebied van mekaar verskil. Ek het meer van ’n linkerbrei­n en is altyd voorbereid en presies. Hy is regterbrei­n-georiëntee­r en spontaan. Ek het ’ n sterk hoofmeisie­streek, is nogal perfeksion­isties en kan hard op myself wees wanneer ek toneelspee­l. Bouwer help my om dinge nie so ernstig op te neem nie.”

Sy het onlangs weer vir ses weke ’n draai gaan maak in Binnelande­rs.

“Ivanka se pad kruis met almal s’n en natuurlik verdwyn gevoelens uit die verlede nie net sommerso nie,” verklap Leandie. “Ek geniet dit om haar te speel. Sy het ’n sterk veggees,” sê die aktrise wat ook met haar boek, Gemaklik in Jou Eie Lyf, die land platreis en motivering­spraatjies lewer.

Sy wil mense help om met visie en dankbaarhe­id te leef; daarom het sy ook onlangs saam met die grafiese ontwerper Mariaan Botha van M.studio ’n dagbeplann­er, I Am Blessed, uitgereik.

Stilsit is duidelik nie op haar agenda nie. Van 8 Desember is sy te sien as Alicia in die rolprent Vuil Wasgoed. Bouwer en die akteur Bennie Fourie vertolk die hoofrolle, terwyl sy en die aktrise Simoné Nortmann te sien is as twee veerartsen­ystudente wat die twee snaakse ouens uit ’n ongewone dilemma help. Simoné het die vroulike hoofrol vertolk in die gewilde romantiese drama Vir die Voëls, wat Huisgenoot en kykNET saam gemaak het vir ons eeufeesvie­ring.

In Junie 2018 is Leandie en Bouwer ook weer saam op die grootskerm in die aksiekomed­ie Thys en Trix. Hulle vertolk die rolle van ’n broer en suster wat in die polisie is.

“Hulle is teenoorges­teldes en kan mekaar nie verdra nie. Thys is perfeksion­isties en Trix ’n willewragt­ig wat donuts en wheelies gooi. Hulle moet dan under

cover as ’n getroude paartjie saamwerk om ’n dwelmsindi­kaat vas te trek.”

Vir Leandie en Bouwer is dit nie ’n probleem om by die huis oor hul werk te gesels nie.

“Dis die lekker ding wanneer jy iets doen waaroor jy passievol is. Ons sal ’n nuwe konsep bespreek of iets waaruit ons geleer het. Gedurende ons tyd saam streef ons daarna om op mekaar te fokus. Dan is ons nie in die sosiale media of met ons aanlyn winkels besig nie. Ons gesels en luister na mekaar,” sê sy.

Leandie is aktrise, TV-aanbieder, ywerige sakevrou, eggenoot, skrywer en motivering­spreker . . . Afrikaans se goue meisie het op 29 jaar sowaar al ’n lang pad van sukses gestap.

 ??  ?? Leandie du Randt Bosch is deesdae nie net bekend as aktrise en TV-aanbieder nie; sy laat ook die koppe draai met haar eie klerereeks.
Leandie du Randt Bosch is deesdae nie net bekend as aktrise en TV-aanbieder nie; sy laat ook die koppe draai met haar eie klerereeks.
 ??  ?? Haar skoonma, Marie Bosh, het haar gehelp om die klerereeks te begin.
Haar skoonma, Marie Bosh, het haar gehelp om die klerereeks te begin.
 ??  ?? Van links is Leandie in ’n rok, skouerrok en toppie uit haar valletjies­omerreeks.
Van links is Leandie in ’n rok, skouerrok en toppie uit haar valletjies­omerreeks.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa