Huisgenoot

Eloff Snyman

Dié jong akteur maak sy rolprentde­buut in ’n hoofrol in die nuwe fliek Liewe Kersfeesva­der, wat op 17 November uitgereik word

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

Waaroor gaan die fliek?

Liewe Kersfeesva­der is ’n komedie- drama oor Herman (Morné Visser), ’n n enkelpa met twee kinders, Nonnie (Mila a Guy) en Hugo (Eloff). Herman beleef ’n n middeljare­krisis en besluit om ’n nuwe e identiteit aan te neem: dié van Kers- vader. Mense gaan van die fliek hou, , voorspel Eloff (12). “Dis sad v vir ’n oom- blik, maar nie so sad dat jy a agt maande e lank sal treur nie.”

By die huis

Dié gr. 6-leerder 6-leerd van die Laerskool Durbanvill­e Dur in Kaapstad is nie ni al bekende in hul huis n nie. Sy pa is die sanger Christo Ch Snyman, wat saa saam met sy broers, Cobus en Stephan, in die sanggro sanggroep Broers optree en ook lid is van die duo Chr Christo en Cobus. Steph Stephan is ook onder die verhoognaa­m Nic Ni Stevens bekend. E Eloff se ma, Danel, is ’ n arbeidster­apeut. H Hy het drie broers, Ni Nickó ( 19), Christoff (10) en Daniël (8). “Ons woon in Durbanvill­e D en tyd saam met my gesin is vir my baie belangrik,” bela vertel Eloff. “Ek luister ook graag countrymus­iek. coun Van my gunsteling­e gun is Glen Camp Campbell en Bon Jovi.” Vir on ontspannin­g stap hy graag of ry fiets of skaatsplan­k. skaatsplan “Ek hou van lees, veral Engelse E fiksie,” vertel dié uitblinker­tjie. uitb

Sy pad na die grootskerm­groot

Eloff het al as baba in advertensi­es begin verskyn. vers Verled de jaar het s sy modela agentskap hom v vir ’n oudi- sie in Kaapstad d gestuur vir die d fliek fl k Liewe Kersfeesva­der, vertel pa Christo. “Hy was die laaste outjie wat ’n oudisie afgelê het, maar die volgende dag het die vervaardig­ers ons laat weet hy het die rol gekry.”

Eloff het in November verlede jaar op die Karoodorp Prins Albert aan die fliek begin skiet saam met groot name soos June van Merch van Die Boekklub-faam en Melt Sieberhage­n. Christo en Danel het beurte gemaak om hul seun te gaan ondersteun met sy eerste groot fliekrol.

“Maar eintlik was dit nie nodig nie,” vertel Christo. “Hy het dadelik by die res van die span ingeval en was met sy volwasse benadering baie gou tuis voor die kameras. Die ander gesoute akteurs het hom as ’n medeakteur verwelkom en nie as ’n ’ kind ki di in sy eerste t rol l nie.” i”

Dit was in die middel van eksamentyd, maar danksy sy goeie akademiese jaarpunt aan die Laerskool Durbanvill­e is Eloff van die eksamen vrygestel.

Elke toneel in die rolprent was vir hom ’n hoogtepunt, vertel die geesdrifti­ge jong akteur.

En die toekoms?

Hy is baie erg oor toneelspel en sal graag eendag voltyds akteur wil wees, sê Eloff. “Maar as dit misluk, sal ek oorgaan na sang, en as dit ook misluk, sal ek oorgaan na klavier speel.”

Hy en sy pa het al ’n paar keer duet gesing tydens kerkoptred­es en Eloff het vanjaar sy Trinity-gr. 1-diploma in klavierspe­l behaal.

Sy prestasies

Dié knaap het van 2005 al in talle plaaslike en buitelands­e advertensi­es verskyn. Van die groot kontrakte wat hy al losgeslaan het, is met bekende handelsmer­ke soos Ackermans, Rama, DHL en Nutella.

Hy is vanjaar vir sy skool se toneelgroe­p gekies en is al sedert 2015 elke jaar lid van die skoolkoor.

Eloff het vanjaar op die Tygerbergs­e Eisteddfod hoogste lof behaal vir gedramatis­eerde prosa, tweespraak, gedigte, ’n sangduet, monoloog en onvoorbere­ide lees.

Die jong ster het in 2015 en 2016 erekleure by sy skool ontvang vir sy kultuurpre­stasies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Morné Visser (links) en Eloff Snyman in Liewe Kerfeesvad­er. REGS: Die fliek se plakkaat.
BO: Morné Visser (links) en Eloff Snyman in Liewe Kerfeesvad­er. REGS: Die fliek se plakkaat.
 ??  ?? Eloff (middel) by sy gesin: sy ma, Danel, en pa, Christo, en broers, Nickó (regs agter), Daniël (links voor) en Christoff.
Eloff (middel) by sy gesin: sy ma, Danel, en pa, Christo, en broers, Nickó (regs agter), Daniël (links voor) en Christoff.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa