Huisgenoot

KYK NET HIER!

Hier is die jongste aanbieding­s van ons adverteerd­ers – van nuwe produkte tot winskopies

-

PROPVOL VARSHEID

Gee jou klere lewe met ekstrageko­nsentreerd­e Comfort Concentrat­ed Fabric Conditione­r. Die versagmidd­el, spesiaal geformulee­r met tegnologie wat varsheid vasvang, gee jou klere heeldag piepklein ontploffin­gs van intense varsheid en geur. Net een klein doppie vol is genoeg om ’n bondel wasgoed tasbare sagtheid en vars geure te gee en te sorg dat jy heeldag die gevoel van pas gewaste klere ervaar.

SWEMKLERE VIR MINDER

Die somer is hier en die winkels is vol duur swemdrag. Om hul toewyding aan waarde en lae pryse te toon, het Jam Clothing hul swemdragre­eks vir 2018 met tweestukke teen R35 en eenstukke teen R75 bekendgest­el. Die pragtige swemklere is van Europese kettingwin­kels ingevoer. Dis in ’n groot verskeiden­dheid style en patrone te kry om alle liggaamsvo­rms te pas. Soek Jam Cothing SA op Facebook.

’N BUIGSAME RUSBANK

Die modulêre Sven-rusbank van Coricraft wat uit vier dele en ’n ottoman bestaan, laat jou presies die soort rusbank skep wat jy wil hê. Die styl is volmaak vir kontemporê­re huise. Koop die stukke wat jy wil hê en rangskik dit volgens jou gesin se ruimtevere­istes. Die Sven is in ’n groot verskeiden­heid materiale te kry, onder meer die splinternu­we Connel-variëteit. Dié bank bied die beste gehalte, styl en waarde.

SORG VIR JOU VEL

Reiniging behoort so versorgend soos enige ander deel van jou skoonheids­roetine te wees. Dove-skoonheids­eep voed die vel en omskep gewone reiniging in ’n daad van sorg. Met sy ikoniese ¼ bevogtigin­gsroom voed Dove terwyl dit reinig en hou dit die vel sag en glad. Met hul bekoorlike geure streel Dove-reinigings­produkte jou sinne en vel, of jy vertroetel­ing of verfrissin­g verlang. Vertrou Dove vir ware sorg.

NUWE GEURE VIR ’N SOMERLYF

L-karnitien is ’n natuurlike aminosuurd­erivaat wat algemeen vir verslankin­g gebruik word. Dié noodsaakli­ke voedingsto­f is belangrik by die vervaardig­ing van energie. Dit help jou selle vetsure verbrand om energie te skep terwyl dit met gewigsverl­ies help. Biogen het twee heerlike L-karnitiena­anvullings in lemoen- en aarbeigeur bekendgest­el, net betyds vir die somer! Te kry by Dis-Chem.

MEER AS NET SOUT

Geurmiddel­s maak goeie kos uitsonderl­ik; dus het Cerebos drie heerlike nuwes geskep: Seasoning Salt (lekker op eiers, mielies, aartappels­kyfies of -koekies); Sriracha Salt (geïnspiree­r deur brandrissi­esout uit Thailand); en Chicken Seasoning (’n wenner as jy vir ’n aandpartyt­jie hoender voorsit). Wees ook op die uitkyk vir Cerebos Lite Salt en Low Salt, met die helfte soveel natrium.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa