Huisgenoot

Hier ishulle: Beysebabas

Die gewaggewag is eindelik verby om te sien hoe skattig een van die beroemdste paartjies se nuwe seuntjie en dogtertjie­g is

-

DIS die babafoto’s waarop die wêreld gewag het. En net een kykie na die rondewang-Rumi en -Sir en dis duidelik dié glansbabas was die wag werd.

Die vyf maande oue tweeling is onlangs vir die eerste keer saam met hul beroemde ouers, Beyoncé en Jay Z, gewaar toe hulle die warm weer in Miami, Florida, geniet.

Die Knowles-Carter-gesin, wat in Florida was om die 47-jarige Jay Z by sy 4:44-toeroptred­e die vorige aand te ondersteun, het ontspanne gelyk waar hulle die dag saam met hul kroos op die terras deurgebrin­g het.

Die 36-jarige Lemonade-sangeres het soos ’n trotse mamma gelyk waar sy en haar ma, Tina Lawson (63), beurte gemaak het om Sir vas te hou.

Die paartjie se enigste seun was in ’n oulike wit kortmou-kruippakki­e geklee vir die warm weer in Miami.

Jay Z se ma, Gloria Carter, het na Rumi omgesien, wat alte skattig in ’n pienk toppie en ’n wit strik in haar hare gelyk het.

Ousus Blue (5), geklee in ’n oulike pienk speelpakki­e, was byderhand om haar te help.

Beyoncé het later haar bont swembroek vir ’n pienk-en-blou uitrusting verruil toe sy haar seun vashou en met haar man van nege jaar gesels.

Ouma Tina het onlangs vertel die oulike tweeling, wat te midde van groot ophef in Junie gebore is, kan omtrent ’n handvol wees.

“Dit gaan goed met hulle. Hulle is pragtig en baie pret. Ek het nog nooit met ’n tweeling te doen gehad nie, maar dis so oulik, ek kan dit amper nie hanteer nie,” het sy laat hoor.

“Ja, dit gaan dol – dis baie anders met twee babas; ’n seun en dogter – baie verskillen­de persoonlik­hede.” Gelukkig het ma Bey ’n hele span wat ’n handjie kan bysit.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Deur NICI DE WET, LINDSAY DE FREITAS & TERTIA DU PLESSIS
Deur NICI DE WET, LINDSAY DE FREITAS & TERTIA DU PLESSIS
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa