Huisgenoot

PA ONTSTEL KIND WAT MOEILIK LEER

-

V Ek het ’n kind wat moeilik leer. Sy pa, van wie ek ses jaar gelede geskei is, speel nie altyd oop kaarte oor sy persoonlik­e lewe nie, en dit ontstel my seun. Hy gebruik reeds ’n middel om sy konsentras­ie te verbeter. Hy het sy eerste jaar op hoërskool voltooi, maar sy punte is nie goed nie. Daar is aanbeveel dat hy na ’n skool gaan vir kinders met leergestre­mdhede. Ek is daarteen. Wat kan ek doen? EO op GT

A Al is daar geen kitsoploss­ings vir jou uitdagings nie, is daar hoop. Wedersydse vertroue tussen ouers en tussen kinders en ouers werk emosionele stabilitei­t in die hand.

’n Oop gesprek tussen jou en jou eks, moontlik onder ’n kundige se leiding, kan julle help om ooreen te kom hoe julle in die toekoms beter aan jul kind se emosionele behoeftes kan voldoen.

As hy in ’n veilige omgewing meer tyd saam met sy pa deurbring en ’n vriendskap met hom kan opbou, kan dit misverstan­de uit die weg help ruim. Sorg dat sy pa goed ingelig is oor jul kind se behoeftes, soos dat roetine belangrik is en jul reëlings nie ter elfder ure verander nie.

Sy pa se onbetrouba­re gedrag ontstel nou jul kind, maar werklike skadelike optrede, soos doelbewust­e leuens, kan later ’n probleem word. Monitor jou eks se gedrag sodat jy betyds regstellen­de stappe kan doen, soos om daarop aan te dring dat ’n betroubare waarnemer jou seun op uitstappie­s saam met sy pa vergesel.

Jy en jou eks sal jul verskille moet opsyskuif en saamwerk wat jul kind se leeruitdag­ings betref. As dit vir julle moeilik is om met mekaar te praat, kommunikee­r per e-pos.

Reël met jou kind se klasonderw­yser ’n afspraak om leiding te kry oor die pad vorentoe. Indien nodig, laat ’n ander opvoedkund­ige sielkundig­e jou kind se leerbehoef­tes evalueer.

Hou sy pa hieroor ingelig, of nog beter: Laat hy saamgaan.

Hoe meer jy jou eks betrek, hoe meer betrokke kan en sal hy by jul kind wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa