Huisgenoot

Panayiotou se familie rou dubbeld

In hul eerste onderhoud sedert die moord op Jayde praat Christophe­r Panayiotou se familie oor die verlies van ’n dogter en ’n seun

- Deur JOANIE BERGH

DIE skouers van die man aan die oorkant van die konferensi­e tafel ruk liggies terwyl hy huil. Hy laat sy kop in sy hand sak en haal sy bril af om die trane af te vee.

Hy onthou die dag nog pynlik goed toe hy sy lewelose skoondogte­r met ’n kopwond in die veld sien lê het. Hy en sy skoondogte­r se pa.

Daar in die veld by haar lyk het die twee mans saam oor haar gehuil. En dan, in ’n sterk Griekse aksent, sê hy: “Ek ken my seun. Hy sou nooit so iets gedoen het nie.”

Aan die woord is die 65-jarige Costa Panayiotou. Sy seun, Christophe­r (31), is kort tevore in die hooggeregs­hof hier in Port Elizabeth lewenslank tronk toe ge- stuur vir die moord op sy vrou, Jayde (27).

Vroeër die dag was dit Christophe­r se ma, Fanoula (55), wat saggies in die hofbank gehuil het nadat regter Dayalin Chetty die vonnis aan Christophe­r en sy twee medebesk uldigdes voorgelees het. Costa het vertrooste­nd sy arm om sy vrou se skouers gesit.

Hier in die konferensi ekamer van ’n regsfirma waar die Panayiotou­s hul eerste mediaonder­houd sedert die skokmoord in April 2015 aan ons toestaan, sit hulle heg verenig: pa, ma en hul dogters, Chloe (28) en Kalleope (25). Nes vroeër in hofsaal 1.

Agter hulle het Jayde se familie gesit: haar pa, Derrick Inggs, ma, Michelle, en suster, Toni. En hul ondersteun­ers in hul “Justice for Jayde”-hemde. Die ondersteun­ers se reaksie op die vonnis was baie anders as die Panayiotou­s s’n: Hulle het hande geklap en gefluit.

Dis deel van die Panayiotou­s se pyn sedert daardie dag toe Costa en Derrick saam in die veld gehuil het: nie net die verlies van hul skoondogte­r aan die dood en hul seun aan die tronk nie, maar ook die skeuring met die Inggse en die veroordeli­ng en selfs teistering deur die publiek.

“Ons het besluit om uit respek stil te bly. Ja, Jayde se familie het seer, maar ons het dubbel so seer,” sê Fanoula langs haar man en die trane dam in haar oë op.

“Dit maak nie saak dat ander dink ons het Jayde nie liefgehad nie. Hulle is baie, baie verkeerd. Ons het ook ’n dogter verloor. En nou het ons ons enigste seun verloor.”

‘Ek ken my seun. Hy sou nooit so iets gedoen het nie’

DIE Panayiotou­s en die Inggse het saam om die braaivleis­vuur gekuier in die jare toe Christophe­r en Jayde ’n paartjie was. Maar nadat Jayde voor hul huis in die woonbuurt Stellen Glen ontvoer en haar lyk twee dae later in ’n veld buite Uitenhage gevind is, het alles onherroepl­ik verander. Christophe­r is die dag ná haar begrafnis in hegtenis geneem en daarvan beskuldig dat hy haar huurmoord gereël het. Sedertdien sien die twee families mekaar net in die hof.

Die dag voor vonnisople­gging het Christophe­r se jongste gste suster, Kalleope (25), die getuiebank ingeneem. Tranerig maar dapper het sy om genade gepleit vir haar broer en gesê daar steek veel meer in n hom as wat in die media a uitgebeeld is. Nie net die e Inggs-familie kry swaar r nie; haar familie sukkel l ook om alles te verwerk, k, het sy uit ’n brief voor- - gelees wat sy ter straf- fversagtin­g aan die hof of geskryf het.

Haar broer en Jayde, wat at in 2013 getroud is, het lan- n- ger as 10 jaar ’n verhouding gehad, en die Panayiotou-gesin koester herinnerin­gs aan wonderlike en gelukkige oomblikke saam met haar. “Ons voel die leemte van haar dood en mis haar verskrikli­k,” het Kalleope gesê.

Vandag is Christophe­r se prokureur, Alwyn Griebenow, en hul advokaat, Terry Price, ook by terwyl die Panayiotou­s hul hart teenoor ons uitpraat. Sedert die aanvang van die hofsaak het hulle talle dreigboods­kappe ontvang, vertel Terry. “Ons kry boodskappe van mense wat sê die Panayiotou­s moet opgehang word of dat hulle almal agter ’n kar gesleep moet word.”

Haar familie is wyd gekritisee­r omdat hulle “nie genoeg emosie” in die hof wys nie, sê Chloe. Sy en Jayde was baie geheg aan mekaar. Hulle was nie net skoonsuste­rs nie; hulle was ook kollegas by dieselfde skool. “Ons raak ook emosioneel, maar ons kan nie reageer nie. Of ons op- of afkyk of huil, ons word steeds veroordeel.”

Ook hul kleredrag het kommentaar ontlok. “Ons is as deel van die ‘Mafia’ bestempel omdat ons gereeld swart dra hof toe,” sê Fanoula. “Maar dit is deel van ons geloof as Ortodokse Grieke wanneer ons rou.”

Sedert die moord op Jayde was hul lewe ’n nimmereind­igende nagmerrie. Die dag van haar verdwyning het Christophe­r hulle almal gebel en gevra of hulle Jayde gesien het. Toe hulle besef sy word vermis, het Costa, Fanoula en Chloe saam na haar begin soek.

“Christophe­r was angstig, senuagtig, bang. Met elke uur wat verbygegaa­n het, het ons geweet die kans raak ál skraler om Jayde lewend te kry,” onthou Fanoula.

Pols jy hulle oor die dag dat Jayde se lyk gevind is, is dit asof jy ’n sneller trek en al vier gesinslede raak emosioneel.

“’n Mens kan nie verduideli­k hoe ons gevoel het nie. Dis ’n oomblik wat ek nooit sal vergeet nie. Dit voel selfs nou onwerklik om te dink sy is weg,” sê Chloe.

“Nee, ’n mens kan dit nie verduideli­k nie,” beaam Costa saggies.

Ná haar dood het berigte verskyn oor Christophe­r se jare lange buite-egtelike verhouding met Chanelle Coutts (29), ’n werknemer by een van die Panayiotou­s se ondernemin­gs.

“Ons het nooit van enige probleme in Christophe­r en Jayde se huwelik geweet nie,” sê Costa. “Ek het voorheen ’n gerug oor die affair gehoor en Christophe­r daaroor uitgevra. Maar hy het dit ontken. Hy het gesê: ‘Pa, ek het Jayde lief.’ ”

Hulle glo in sy onskuld, selfs al het hulle al die getuienis teen hom aangehoor. “Is dit waar? Is dit nie waar nie? Hoe weet ’ n mens?” vra Fanoula. “Ek weet net ek het my seun reeds liefgehad as ’n baba, as ’n fetus. Hy is my seun. Ek het nou my kind verloor, en ons huil daaroor.”

Hulle beplan om teen die skuldigbev­inding te appelleer, sê Alwyn. Sinethemba Nemembe (28), een van die medebeskul­digdes, is ook tot lewenslank gevonnis en Zolani Sibeko (35) tot 15 jaar. Adv. Marius Stander, vir die staat, sê hy is tevrede met die vonnisse.

Met Christophe­r gaan dit goed onder die omstandigh­ede, sê Alwyn. “Hy wys dalk nie emosie in die hof nie, maar wanneer hy daar uitgaan, is hy heeltemal anders. Hy probeer sterk wees ter wille van sy ouers, want hy weet hoe moeilik dit vir hulle moet wees.”

Toe ons groet, sê Costa: “Christophe­r t het my al verskeie kere gesê hy h het niks met Jayde se moord te doen d gehad nie. En ek glo hom. So hulle h kan maar hande klap soveel hulle h wil en lag; ek ken my seun.

“En daar is nog duisende onbeantwoo­rde b vrae.” B Chanelle wil nie kommentaar le lewer oor Christophe­r se vonnis of hul verhouding nie, sê haar pr prokureur, Danie Gouws, aan H Huisgenoot. Volgens ’n bron het sy hom tydens sy verhoor gereeld by die North End- gevangenis be besoek en sukkel sy om die nuus oo oor sy lang vonnis te verwerk.

 ??  ?? LINKS: Die Panayiotou­gesin is kloksgewys van links agter Chloe, Kalleope, Costa en Fanoula. Hulle verbreek hul stilte nadat hul seun en broer, Christophe­r, tot lewenslang­e tronkstraf gevonnis is.
LINKS: Die Panayiotou­gesin is kloksgewys van links agter Chloe, Kalleope, Costa en Fanoula. Hulle verbreek hul stilte nadat hul seun en broer, Christophe­r, tot lewenslang­e tronkstraf gevonnis is.
 ??  ?? BO: In die hof moes die gesin die swaar vonnis hoor. Fanoula kon die trane nie keer nie. LINKS: Christophe­r tydens die vonnisople­gging.
BO: In die hof moes die gesin die swaar vonnis hoor. Fanoula kon die trane nie keer nie. LINKS: Christophe­r tydens die vonnisople­gging.
 ??  ?? LINKS BO: Jayde, Christophe­r se oorlede vrou. REGS BO: Chanelle Coutts, sy minnares.
LINKS BO: Jayde, Christophe­r se oorlede vrou. REGS BO: Chanelle Coutts, sy minnares.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa