Huisgenoot

Demi-Leigh het heelal aan haar voete

Demi-Leigh se droom is waar om daai Springbok te wees wat die beker huis toe bring – en nou kan ons Mej. Heelal ’n jaar lank ’n verskil in ander se lewens maak

- Deur SHANAAZ PRINCE

DIT was profetiese woorde toe Demi-Leigh NelPeters vroeër vanjaar tydens ’n fotosessie vir Huisgenoot saam met ons voormalige Mej. Wêreld opmerk: “Ek weet sommige mense sê ek is die tweede Rolene.” En nou is die donkerkops­koonheid pas as Mej. Heelal gekroon, nog nie eens drie jaar nadat Rolene Strauss in Desember 2014 as Mej. Wêreld aangewys is nie.

Dit is die eerste keer in amper vier dekades dat Suid-Afrika kan spog dat ons ’n Mej. Heelal opgelewer het. Die laaste keer was in 1978 toe Margaret Gardiner, ook ’n brunet, ons heel eerste Mej. Heelal was.

Die oomblik toe die glimmende kroon van sowat R3,4 miljoen met 500 diamante en 120 pêrels op Demi-Leigh (22) se kop geplaas is, het ’n warrelwind­jaar vir haar aangebreek.

Die dag ná haar kroning op Sondagaand 26 November in Las Vegas het sy na New York vertrek, waar sy haar eerste pligte as Mej. Heelal sal uitvoer. ’n Luukse woonstel in die Groot Appel sal vir die volgende jaar haar basis wees, van waar sy die wêreld vol sal reis.

Te midde van al die opwinding van die kroningsaa­nd is Demi-Leigh se stem verbasend kalm toe Huisgenoot skaars minute ná haar kroning met haar praat: “Suid-Afrika, jul steun was absoluut ongeloofli­k,” sê sy. “Ek hoop om julle trots te maak en die volmaakte toonbeeld te wees van wat ’n jong Suid-Afrikaanse vrou is.” is.

Kort voor haar vertrek na die 66ste j jaarlikse Mej. Heelal-kompetisie was dit d duidelik Demi-Leigh mik met alle mag n na die gesogte titel.

“Dit sal nie net ’n persoonlik­e oorwinn ning wees nie, maar ook een vir my land,” h het sy toe aan Huisgenoot gesê.

“Jy ken daardie vreugde wanneer die Springbokk­e wen? Ek wil daardie vreugde na ons land terugbring; ek wil daardie Springbok wees wat die beker huis toe bring.” En weer was dit profetiese woorde . . .

AS NET die tweede SuidAfrika­anse skoonheid wat sedert die kompetisie se ontstaan in 1952 as Mej. Heelal gekroon word, was dit ’n oorweldige­nde oomblik vir die jong vrou van die Suid-Kaapse kusdorpie Sedgefield. Nog ’n boorling

van Suider-Afrika, die voormalige Mej. Namibië Michelle McLean, het die titel in 1992 verower.

Trane van blydskap het oor haar wange gestroom toe Demi-Leigh in ’n Anél Botha-skepping – ’n bleek rok met 50 000 Swarovski-kristalle versier – haar eerste treë as Mej. Heelal op die verhoog gee. Die slimkop, wat ’n graad in sakebestuu­r aan die Noordwes-universite­it in Potchefstr­oom verwerf het, het die wêreld met haar sjarme, skoonheid en persoonlik­heid oorrompel.

“Elektries,” beskryf Demi-Leigh se pa, Bennie Peters, die atmosfeer in die enorme saal. Hy en sy vrou, Elzabé, en ook Demi se ma, Anne-Mari Steenkamp, en haar man, Johan, was in die gehoor van byna 6 000 mense wat die nuwe Mej. Heelal luid toegejuig het.

“Die hele tyd het dit vir my gevoel Demi is nie net daar om ’n prys te wen nie; sy wil regtig ’n verskil in mense se lewe maak. As die organiseer­ders en beoordelaa­rs net ’n mooi gesiggie gesoek het, kon hulle al die name in ’n hoed gegooi en een getrek het, want almal is uitsonderl­ik mooi,” sê Bennie van die 92 deelnemers aan vanjaar se kompetisie.

“Maar as hulle iemand gesoek het wat ’n platform sou skep om ’n verskil in an- der se lewe te maak, sou hulle ver moes soek om iemand beters as Demi te kry,” laat hy trots hoor.

“Ons is baie dankbaar dat God haar en ons op ’n so manier geseën het,” sê AnneMari. “Ek wil Demi-Leigh net aanmoedig om haar wortels te onthou en haar hand styf in God se hand te hou en elke oomblik te geniet.”

Bennie voorsien ook struikelbl­okke op haar pad as Mej. Heelal, veral wat kritiek in die sosiale media betref. “Sy sal nou elke dag die fokus van miljoene mense wees.

“Demi is die nederigste, liefdevols­te en sorgsaamst­e mens, en dit straal van binne na buite.”

OOK die stilis Werner Wessels was op die groot aand aan Demi-Leigh se sy. Hy was ook Rolene Strauss se regterhand toe sy die Mej. Wêreld-titel wen. Vra jy na sy wenresep, sê hy daar is geen spesiale bestanddee­l of taktiek nie.

“Dis net ’n besonderse eienskap (van elke meisie). Ek het Demi ontmoet toe sy 16 was, en ek het vir haar gesê sy sou eendag Mej. Suid-Afrika wees. Toe het ons vyf jaar lank daardie pad saam gestap, en sy het die Mej. Suid-Afrika-kompetisie gewen. Daarna het ons dadelik aan ons doelwitte vir Mej. Heelal begin werk.”

Terwyl Demi-Leigh deurgaans koel en kalm gebly het, erken Werner hy was op die kroningsaa­nd ’n senuwrak. “Ek doen alles tot ek niks verder vir hulle kan doen nie. Dan is ek soos ’n pappa wat geen beheer het nie en net wil hê sy babavoëltj­ie moet vlieg. En sy het al my verwagting­s oortref,” voeg hy by.

Ook Rolene en die voormalige Mej. Suid-Afrika Melinda Bam het DemiLeigh deurgaans met hul boodskappe ondersteun, vertel Werner. “Rolene was ’n rots vir ons albei en sy is in die wolke oor Demi. Melinda het ook haar gelukwensi­ngs gestuur, en sy is uiters trots.”

En nou het nog ’n beeldskone vrou van die suidpunt van Afrika die wêreld aan haar voete . . .

‘Demi is die nederigste, liefdevols­te en sorgsaamst­e mens, en dit straal van binne na buite’

 ??  ?? HOOFFOTO: Demi-Leigh NellPeters straal tydens die Mej. j. Heelal-kompetisie. BO: Iris Mitte-Mittenaere van Frankryk oorhandigg haar kroon aan Demi-Leigh.
HOOFFOTO: Demi-Leigh NellPeters straal tydens die Mej. j. Heelal-kompetisie. BO: Iris Mitte-Mittenaere van Frankryk oorhandigg haar kroon aan Demi-Leigh.
 ??  ?? By haar ouers ouers, haar ma ma, Anne- Anne-Mari Mari (links) (links), stiefpa, Johan Steenkamp (naaslinks), haar pa, Bennie, en stiefma, Elzabé Peters. Hulle was al vier in die reusesaal in Las Vegas om Demi-Leigh aan te spoor.
By haar ouers ouers, haar ma ma, Anne- Anne-Mari Mari (links) (links), stiefpa, Johan Steenkamp (naaslinks), haar pa, Bennie, en stiefma, Elzabé Peters. Hulle was al vier in die reusesaal in Las Vegas om Demi-Leigh aan te spoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa