Huisgenoot

Talle selfdoodge­valle ruk Mosselbaai

Mosselbaai is sedert verlede jaar geruk deur 27 selfdoodge­valle. Hoekom hang so ’n donker wolk oor hierdie dorp?

- Deur PIETER VAN ZYL Foto’s: MISHA JORDAAN

LANGS die huis is die lae takke van die wildevyboo­m afgesaag in ’n desperate poging van ’n bekommerde ouerpaar om te keer dat hul 12-jarige seun hom weer daar gaan probeer hang. “Ek het nie meer raad nie. Hy wil net dood,” vertel die 34-jarige vrou, ook die ma van ’n 11-jarige seun. “Ek is bang sy boetie begin ook met dié dinge.”

Die grys wolke hang laag en neerdrukke­nd oor Mosselbaai. Af en toe begin die hemele huil. Vroeër vanjaar is dit as die kykNET-joernaalpr­ogram Kwêla se dorp van die jaar aangewys.

Maar nou is dit ook bekend as die dorp van smart ná verskeie gevalle van selfdood – 27 sedert verlede jaar, raam gemeenskap­sleiers in Mosselbaai en omgewing. En die helfte van die mense was jonger as 25 jaar.

“Twee weke gelede het ek hom gekry waar hy aan die boom hang met ’n rooi tou wat hulle op plase gebruik,” vertel die ma. “Ek weet nie waar hy dit gekry het nie. Ons steek die toue weg. Gelukkig was ek weer betyds,” sug sy en vee oor haar rooi oë.

Die eerste van sy drie probeersla­e om homself te hang kan sy nie onthou nie.

“My kop is te deurmekaar,” verduideli­k sy en erken: “Ek weet nie hoe om dit te hanteer nie. Ek het self ook al daaraan gedink . . . om myself weg te maak.

“Ons het so baie kere al probeer praat. Sy pa het al so baie geslaan. Maar praat en slaan werk nie.”

Die 48-jarige pa werk as sweiser, maar die ma werk nie nou nie. “Ek moet my seun die hele tyd dophou,” verduideli­k sy.

Die seun bly al twee jaar by die huis, want by die plaaslike laerskool het die onderwyser­s nie meer raad gehad met hom nie. “Ná sy eerste selfdoodpo­ging het hy vertel hy is skaam, want die kinders by die skool skel hom as ’n skelm uit.”

Hy het toe ook gebieg oor die geld en potlode wat hy al daar gevat het.

’n Gemeenskap­sielkundig­e het onlangs aandaggebr­ekhiperakt­iwiteitste­uring by die seun gediagnose­er, maar die Ritalin wat hy nou neem, het hom nog nie juis laat kalmeer nie, sê sy ma. Sy hoop hy kan volgende jaar na ’n spesiale skool in George gaan.

“Tot dan moet ek heeltyd my oog op hom hou.”

Sy boetie is net so bekommerd. Hy trek net sy skouers op toe ons vra waarheen sy ouboet verdwyn het. “Hy loop sy eie pad,” sê die 11-jarige.

“Gelukkig help sy juffrou,” vertel die ma. Sy praat van Lenise Hendricks (63), beter bekend as juffrou Nisa, ’n medestigte­r van die aksiegroep Anti-Suicide Mossel Bay.

“Saam kan ons hopelik my kind en ander se lewe red.”

LENISE het in September vanjaar ná die selfdood van ’n 11-jarige leukemiely­er op die kusdorp besluit om in te gryp. Boonop het die man wat oorkant haar gewoon het hom net twee dae tevore gehang.

Dis asof selfdood mense op die dorp,

‘Ek’t nie meer raad nie en is bang sy boetie begin ook met dié dinge’

jonk en ook ouer, soos ’n virus aansteek.

“Ek moes net iets doen aan die vlaag selfdood,” sê Lenise, ’n afgetrede onderwyser­es, vakadviseu­r vir lewensorië­ntering en later assesserin­gskoördine­erder van die Eden-distrik. Haar huis in Mosselbaai se Uitbreidin­g 22 het ’n asembeneme­nde uitsig oor die see. “Ons woon op so ’n mooi plek. As jy jou eie lewe wil neem, kyk jy nie buitentoe en sien die mense die naaste aan jou raak wat jy daardeur kan seermaak nie.”

Terwyl Lenise van een selfdood vertel, val sy haarself oor ’n ander in die rede: ’n Matriekseu­n het hom vergas toe ’n meisie nie saam met hom afskeid toe wou gaan nie. Dan is daar nog die ma van drie wat ’n oordosis pille gedrink het en die outjie wat in ’n wit matriekpak model gespeel en hom in die plantasie gehang het, sê Lenise, wat self al ’n familielid en hegte vriend weens selfdood verloor het.

Unika Palmer (38), medestigte­r van die aksiegroep, ken self die donker dieptes waarin wanhoop jou kan laat versink. Sy was ’n kranige netbalspee­lster met ’n blink toekoms toe sy in matriek by ’n ouer man swanger raak. Toe hulle destyds ná ’n huwelik van 10 jaar uitmekaar is en sy skielik ’n enkelma van vier kinders was, het sy met ’n oordosis pille ’n einde aan haar lewe probeer maak.

“Ek wil sorg dat niemand anders sukkel om ’n gewillige oor te kry nie,” sê Unika, wat as verkoopsas­sistent werk. “Jy moet praat, praat, praat!”

Die aksiegroep wil ’n 24-uur-kontaksent­rum met opgeleide eleide beraders begin.

Dolfie de Bruin (34) wil hulle daarmee help. Hy is ’n bekende ende inwoner van die dorp en het al hier r vertonings met sangers soos Nicholis s Louw en die South African Idols-sterre rre Sasha-Lee Davids, Jody Williams en Karin Kortjé gereël.

As tiener het hy y sy lewe probeer neem in ’n donker r tyd nadat hy bekendgema­ak het et hy is gay en van sy familieled­e ede hom “afgeskryf ” het.

“Ek het nooit gedink ek sou weer in daardie rdie donker put wees nie,” vertel hy. Dit het trouens vir hom gevoel of hy “op ’n goue wolkie” is na- adat hy R500 000 0 van sy vervreemde e pa geërf, vir hom ’n n sportmotor­tjie ge- e- koop en werk gekry het as restaurant­bestuurder. Maar ’n liefdestel­eurstellin­g het hom so verpletter dat hy hom ’n jaar gelede in sy huis in De Bakke, Mosselbaai, probeer hang het. Toe die nylontou om sy nek breek, was Lenise as’t ware daar om hom te vang en saam met ander op sy pad na herstel te onderskraa­g. Nog g ’n inwoner wat die donkerte in haar gemoed te bowe gekom ge het, is die 34-jarige Litticia LitticiaB Brown. Sy is met onderontwi­kkelde onderontwi­kkeld arms gebore, maar al sit haar hande op haar skouers, het sy r reeds vyf boeke onder die naam Litticia Tarentaal geskryf. gesk “Selfdood “Self is nie die enigste enigs uitweg nie,” sê sy. s “In my tienerjare j wou ek my lewe neem deur pille te drink, dr maar met die hulp van fami- lie en vriende het ek daarbo uitgestyg.”

Litticia is vas oortuig dwelms speel ’n groot rol by die groeiende getal selfdoodge­valle in die gebied. Dit is ook die tema van een van haar boeke, Hart van Weggooikin­ders.

Ook Marjorie Holand meen dit hou dikwels met dwelmgebru­ik, armoede en die mishandeli­ng van kinders verband. Sy is vakadviseu­r vir lewensorië­ntering in die Eden-distrik, waar selfdoodge­valle en -pogings al onder leerders van verskeie hoërskole voorgekom het.

Om te keer dat die selfdood van ’n leerder ’n rimpeluitw­erking by ’n skool het, word skoolsielk­undiges en maatskapli­ke werkers gevra om met leerders daaroor te kom praat om ontlonting te doen. In die lewensorië­nteringskl­as word onderwerpe soos groepsdruk, selfgeldin­g en depressie ook opnuut behandel, asook die simptome daarvan en beter maniere om dit te verwerk.

By Mosselbaai Begrafnisd­ienste sê Chantel Moos (46) hulle ondervind sedert verlede jaar beslis ’n toename in selfdoodbe­grafnisse. “Dis veral vir ouers moeilik as hulle hul kind weens selfdood verloor. Ons probeer beradingse­ssies aanbied, maar vir baie ouers is dit te seer om te praat. Ons kan net met die Heer se genade hierdeur kom.”

 ??  ?? HOOFFOTO: ’n Ma en seun by die boom waarvan die laer takke afgesaag moet word om te keer dat hy hom ’n vierde keer probeer hang. LINKS BO: Unika Palmer (links) en Lenise Hendricks het ’n aksiegroep begin om te keer dat nog mense hul eie lewe neem.
HOOFFOTO: ’n Ma en seun by die boom waarvan die laer takke afgesaag moet word om te keer dat hy hom ’n vierde keer probeer hang. LINKS BO: Unika Palmer (links) en Lenise Hendricks het ’n aksiegroep begin om te keer dat nog mense hul eie lewe neem.
 ??  ??
 ??  ?? Carol Ca September help h Dolfie de Bruin B staande bly nadat hy verlede jaar sy lewe probeer prob neem het.
Carol Ca September help h Dolfie de Bruin B staande bly nadat hy verlede jaar sy lewe probeer prob neem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa