Huisgenoot

BEKENDE GASTE DEEL HUL WENSE

-

Die sanger Ricus Nel sê hy ken Lianie en Barry al sedert 2008. “Hulle het toe al begin dreig dat hulle sou trou; so ek is bly dat dit eindelik gebeur het.” “Dis omtrent tyd!” voeg sy vrou, die sangeres Liza Brönner, by.

Die seremoniem­eester, Pieter Koen, se vrou, Lottie, se raad aan die paartjie is “om nooit op te hou bid vir mekaar nie, nooit op te hou praat met mekaar nie en om elke dag moeite te doen met hul huwelik”.

Die sanger Ampie du Preez sê: “Ek steek my hande op na die hemele en sê: ‘Amen!’ Ek het gedink dit gaan nooit gebeur nie en is so bly dat hulle die troue eindelik voltrek.”

Die sangeres Corlea sê Lianie en Barry is ’n voorbeeld vir ander. “Hoe hulle mekaar al soveel jare goed behandel, is vir soveel van

ons die verwesenli­king van die ideale paartjie. Dit maak my trots om te sien hoe hulle in dié warboelbed­ryf dit regkry om altyd so sterk te staan.”

Jannie Mooman sê hy glo “hul pad vorentoe sal baie gelukkig wees en dat hul huwelik vol vrede en liefde sal wees”.

Die sanger Jay du Plessis en sy vrou, Mia, meen Barry en Lianie sal wonderlike ouers wees. “Ek wens hulle honderde jare van geluk en baie kinders en kleinkinde­rs toe.”

Theuns Jordaan sê: “Barry is so ’n geduldige en rustige mens en Lianie ’n regte boeremeisi­e. Mag hulle net so bly. Ek dink dan sal hulle altyd baie gelukkig wees.”

Francois Jacobs wens die paartjie baie tyd toe om saam te ontspan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa