Huisgenoot

HOOP NÁ DIE VERWOESTIN­G

-

NDeur Foto’s: ET maande gelede het dit gelyk of die poorte van die hel oopgeruk is toe strate vol huise deur die vlamme verteer is. Knysna Heights, Belvedere, Brenton-onSea . . . meer as 1 000 huise is binne drie dae in puin gelê hier teen die kus van die Suid-Kaap.

Vandag lewer die rye kaal sementblaa­ie waar huise eens gestaan het steeds stille getuienis van die ramp vroeg in Junie. Maar ’n groen stoppelbaa­rd van nuwe gras op die verkoolde landskap ná onlangse reën is simbolies van ’n Knysnageme­enskap wat uit die as opstaan.

Stootskrap­ers en konstruksi­ewerkers het die plek van brandweerw­aens en vuurslaans­panne ingeneem. Hulle woel onder ’n lugruim grys met reënwolke eerder as bolle verstikken­de rook.

Die herbouwerk is deels danksy versekerin­gseise wat reeds uitbetaal is. Sowat 1 070 eiendomme is in die brande beskadig. Daarvan was sowat 700 eiendomme onverseker, meestal townshipwo­nings. Dié mense prakseer ’n nuwe dak oor hul kop so goed hulle kan.

In Belvedere, aan die oewer van die Knysnameer, is Morné Pienaar (45) een van die dh huiseienaa­rs wat al l’ ’n uitbetalin­g b l gekry het. “Ons het dit in 1990 gebou,” vertel hy van die gesin se grasdakhui­s wat tot op die grond afgebrand het.

Tans word ’n kleiner huis gebou op die fondamente waar sy motorhuis voor die brand in Junie was. Hulle wil so vinnig moontlik intrek, want die prys van hul tydelike huurwoning het weens die vakansiety­d verdubbel. “Omdat ons dieselfde grondplan gebruik, is die bouplanne gelukkig vinnig goedgekeur,” vertel hy. Hulle kon al in September begin bou.

Oorkant hulle, aan die oewer van die meer, word ’n grasdakhui­s heeltemal herbou. Teen die Knysna-koppe is die swart letsels van die brand nog sigbaar.

Patsy Singleton l van Greystraat, aan d die ander kant van die meer, het egter nie versekerin­g nie. “I’m lost,” sê sy met ’n swaar Engelse aksent.

Sy vertel sy het as kind uit Brittanje hier aangeland en moes vroeg uit die skool omdat sy nie Afrikaans kon bemeester nie. Sedertdien maak sy ’n bestaan uit die verkoop van snuisterye en haar feestydpre­ntjies en -boodskappi­es.

“My Kersfees-stensils het saam met ons huis verbrand. Ook al my foto’s en my ma se goed,” vertel sy terwyl die trane loop. “Ek moes ook al begin het met die Kersversie­rings wat ek verkoop.”

Sy, haar drie dogters en sewe kleinkinde­rs het ’n soort hippie- bestaan

 ??  ?? REGS: Knysna word stadig maar seker herstel nadat dit in Junie drie dae in dié prentjiemo­oi omgewing gebrand het (REGS ONDER). PIETER VAN ZYL MISHA JORDAAN
REGS: Knysna word stadig maar seker herstel nadat dit in Junie drie dae in dié prentjiemo­oi omgewing gebrand het (REGS ONDER). PIETER VAN ZYL MISHA JORDAAN
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa