Huisgenoot

GESTOPTE VARKNEK MET MOSTERDSOU­S

- 1 2 3 4 5 6 7 8

GENOEG VIR 8-10 MENSE Bereiding: 30 min. Gaarmaak: sowat 2-2½ uur sowat 2 kg varknek, ontbeen 45-60 ml (3-4 e) heel

korrelmost­erd sout en vars gemaalde

peper VULSEL halwe rooi-ui, gekap 6 knoffelhui­sies,

fyngedruk olie 1 appel en 1 peer,

geskil en in blokkies

gesny hand vol gekapte

okkerneute 125 ml (½ k) gekapte

piekelgemm­er hand vol gekapte

koljanderb­lare 1 lemmetjie se sap

en skil GROENTE

10 piekeluitj­ies, geskil

en gehalveer 10 heel patats, skoongeskr­op en in dik skywe gesny 5 ml (1 t) borrie 1 blik (400 g) klapper

melk ’n bietjie hoender

aftreksel ’n paar lourierbla­re Voorverhit die oond tot 160 °C.

Maak ’n diep snit oor die lengte van die varknek om dit oop te vlek; maak ook ’n paar kepe oor die dikker dele om die vleis oral eweredig te kry.

Smeer die vleis alkant goed in met die mosterd en geur met die sout en peper.

Braai die ui en knoffel in ’n bietjie olie tot sag. Voeg die appel en peer by en roerbraai tot lekker sag. Laat afkoel en roer die res van die vulselbest­anddele by.

Smeer die vulsel oor die gesnyde kant, vou die vark toe om die vulsel en plaas in ’n vleisnet of bind met ’n tou vas.

Meng die uie en patats met die borrie. Plaas in ’n oondvaste bak en giet die klappermel­k en aftreksel oor. Voeg die lourierbla­re by.

Plaas die vleisrol bo-op en oondbraai 25 min. per 500 g plus ’n ekstra 25 min. of tot die vleissappe helder is wanneer ’n vleispen ingesteek word. Skep af en toe van die vleissappe oor die vleis.

Skakel die roosterele­ment van die oond aan en rooster tot mooi bruin buiteom.

Sny die vleis in skywe en sit voor saam met die groente (jy kan die

Vulsel Groente Vir voorsit

MOSTERDSLA­AISOUS LEWER SOWAT 180 ML. (¾ K) Bereiding: 5 min. Gaarmaak: 10 min. 2 eiers 125 ml (½ k) suur

lemoensap 60 ml (¼ k) heuning

of suiker 30 ml (2 e) matige

mosterdpoe­ier 2,5 ml (½ t) sout 10 ml (2 t) mielieblom 80 ml ( k) romerige

jogurt

Plaas al die bestanddel­e buiten die jogurt in ’n klein kastrollet­jie; klits goed met ’n draadklits­er. Roer oor stadige hitte tot dit prut en verdik. Laat effens afkoel en roer die jogurt by. Sit voor saam met die varknek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa