Huisgenoot

WAT IS VAKANSIEDE­PRESSIE?

-

DIT is asof alles van die reuseKersb­ome in die winkelsent­rums tot die geklingel van Kersliedji­es dit uitbasuin: Die feestyd is hier. Maar hoe gemaak as jy allesbehal­we feestelik voel? Dalk omdat jy dié Kersfees en Nuwejaar alleen sal wees, dalk omdat jy die afgelope jaar ’n geliefde aan die dood afgestaan het wie se plek pynlik leeg sal wees of dalk omdat jy verplig is om tyd saam met familieled­e deur te bring wat knaend op jou tone trap. Daarby herinner die stapels strandhand­doeke en sonsambrel­e in die winkels jou dis vakansiety­d. Maar as jy te platsak is om soos jou bure die pad see toe te vat, kan dit jou selfs droewiger stem. Of miskien voldoen die vakansie waarna jy so lank uitgesien het nie aan jo jou hemelhoë verwagtin tings nie. “Vir baie mense gaan di die feestyd gepaard m met kwaai depressie en a angs tigheid,” sê dr. E Esther Price, ’n kliniese si sielkundig­e verbonde a aan die Universite­it van d die Witwatersr­and. Dié v verskynsel word dan o ook “vakansiede­press sie” genoem. “Dié tyd van die jaar w word in die media en i in flieks uitgebeeld as ’n tyd vol liefde, lag, ges skenke en vreugde. M Maar inderwaarh­eid i is dit nie vir almal so eenvoudig nie,” verduideli­k Esther.

“Baie mense het ’n baie ingewikkel­de familiedin­amika met slegte verhouding­s. Dié tyd wat op die familie toegespits is, kan daarom vir hulle angs en spanning meebring.”

Maar hoe verskil vakansiede­pressie van die depressie wat jou enige tyd van die jaar kan beetpak? En hoe kan jy keer dat dit in die feestyd op jou toeslaan? Dit is nie ’n afsonderli­ke gemoedsteu­ring nie, sê Kim McKay, ’n kliniese sielkundig­e van Pretoria.

“Dit is wanneer mense tydens die feestyd bedruk of gespanne voel,” verduideli­k sy. “Die kernbegins­el is dat dit situasiege­bonde is en net in die vakansiety­d voorkom wanneer verwag word ’n mens moet voortduren­d vrolik en opgeruimd wees.”

Al is vakansiede­pressie, net soos vakansies, ’n tydelike toestand, kan die simptome soortgelyk wees aan kliniese depressie, sê Ester de Beer, ’n kliniese sielkundig­e van Bloemfonte­in.

“Mense ervaar nie plesier nie, al het hulle na hul wegbreekka­ns uitgesien. Hulle is lus vir niks en baie lusteloos.”

’n Terneerged­rukte gemoed, geïrriteer­dheid, huilerighe­id, slaap- of eetsteurin­gs, rusteloosh­eid, min energie en

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa