Huisgenoot

VERMY SO DIE DIEP, DONKER GAT

-

Wees realisties en vergeet die vooropgest­elde idee van ’n “ideale Kersfees”, want niemand se vakansie is volmaak nie, maan kenners van die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag).

Beplan, sê die sielkundig­e Kim McKay. “Koop geskenke voor die stormloop en wees kieskeurig oor watter partytjies jy bywoon en saam met wie jy tyd deurbring.” Die sielkundig­e Esther Price sê dit is belangrik om soms nee te sê vir uitnodigin­gs, pleks van by alles en almal te probeer uitkom.

Erken jou eie gevoelens. “Laat jouself toe om soms hartseer dae te hê. Dis in die haak om nie heeltyd gelukkig en opgewonde te voel nie,” sê Esther.

Doen elke dag iets wat jy geniet. “Selfs al gaan stap jy net ’n entjie om van stresvolle familiesit­uasies weg te kom.”

Hou by jou vakansiebe­groting, anders gaan jy jou bekommer dat skuld of onvoorsien­e uitgawes jou in Januarie kan pootjie.

Reik uit na ander. “As jy alleen en afgesonder voel, probeer betrokke raak by aktiwiteit­e in jou gemeenskap. Vrywillige werk is ’n wonderlike manier om na mense uit te reik, en aftreeoord­e, plekke van veiligheid vir kinders en dierewelsy­norganisas­ies waardeer die ekstra hulp,” sê Esther.

“Nooi iemand wat ook op Kersdag of Oujaarsaan­d alleen sal wees om by jou te kom eet of saam met jou op ’n uitstappie te gaan,” stel die sielkundig­e Ester de Beer voor.

Bring tyd in die buitelug deur en sorg dat jy in die vakansiety­d oefening kry om jou vrolik te stem. Bordspelet­jies en om saam met kinders te lag verlig ook stres.

Moenie te veel van jou gewone slaappatro­ne en gebalansee­rde dieet afwyk nie. “Gun jouself ’n paar laat nagte en ’n paar oggende van laat slaap en geniet die Kerspoedin­g en roomys, maar moenie elke dag oorboord gaan met ’n ongesonde dieet en te min of te veel slaap nie,” sê Ester.

As jou simptome van depressie langer as twee weke voortduur of jy selfdoodge­dagtes begin kry, bel ’n sielkundig­e of gaan na jou naaste hospitaal. “Moenie huiwer om hulp te kry nie,” sê Ester. “Jy kan ook anoniem noodnommer­s bel om met ’n berader te praat.”

Sadag het ’n 24-uur-hulplyn: 0800-1213-14.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa