Huisgenoot

WAT IS DIE OORSAKE?

-

Biologiese, sielkundig­e en sosiale faktore kan ’n rol speel by vakansiede­pressie, sê Ester. ’n Ongesonde leefstyl, ystertekor­t of ongekontro­leerde metabolies­e steurings, soos insulienwe­erstandigh­eid en hoë bloeddruk, maak ’n mens meer vatbaar vir vakansiede­pressie.

Sielkundig­e faktore soos disfunksio­nele denkpatron­e en onverwerkt­e gebeure kan ook in die rustige vakansiety­d na vore kom. Jy word dan met al die gevoelens gekonfront­eer wat jy deur die jaar kon vermy toe jou werk en take tuis jou besig gehou het.

Ester meen sosiale faktore is een van die grootste oorsake van vakansiede­pressie, want in dié tyd raak mense meer bewus van die leemtes in hul lewe.

“Mense wat nie deur die jaar moeite gedoen het met hul huwelik, familiever­houdings of vriendskap­pe nie, kan in die feestyd besef hulle is baie eensaam.

“Vir baie mense is dit die eerste Kersfees en Nuwejaar sonder ’n geliefde wat sedert die vorige feestyd gesterf het. Dié tyd kan vir geskeides ook baie moeilik wees, veral wanneer hul kinders die vakansie elders by die ander ouer deurbring.”

Die Kerstyd kan vir party mense pynlike herinnerin­gs laat opwel. “Mense wat arm grootgewor­d het, word herinner aan die pyn toe hulle gehoor het van maats wat groot geskenke gekry het en hulle die teleurstel­ling moes ervaar van geen geskenk nie.”

Die vakansie- en feestyd kan ’n eensame tyd wees, beaam Esther.

“Party mense het bloot nie ’n liefdevoll­e familie nie en kan dan baie alleen voel,” sê sy. “By hul werk of skool het hulle deur die jaar ’n kans om met ander mense om te gaan, maar die vakansiety­d kan dan geweldig eensaam en

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa