Huisgenoot

EKSVROU LAAT PA RAASWERK DOEN

-

Ons seun en sy vrou is al ’n geruime tyd geskei. Ons sien ons seun selde en het geen kontak met ons gewese skoondogte­r nie. My kleinseun (16) bly volgens sy keuse om die beurt by sy pa en ma.

Wanneer hy by sy ma bly en die een of ander kattekwaad aanjaag, word sy pa gebel om hom te kom berispe. Dit pla my. Sal dit nie by hom ’n swak beeld van sy pa laat ontstaan nie? Ek sal nooit inmeng nie.

Ouma op V

Jy is heeltemal reg: Een ouer moenie altyd met “straf en gevolge” verbind word nie. Om ’n “slegte/goeie polisieman”-atmosfeer te skep waar net een ouer die dissipline toepas, is in geen huishoudin­g ’n gesonde toedrag van sake nie. Dit laat kinders voel hulle moet kant kies en skep onsekerhei­d en angs.

Hierdie soort situasie ontstaan dikwels wanneer die een ouer manipulere­nd is en wil wraak neem op die ander.

Hoe verander ’n mens die bestaande orde? Respek vir die kind se tyd saam met die ander ouer kan help, en ook as ouers saam besluit oor ernstige kwessies oor die kind se opvoeding en op sy toekoms fokus, pleks van die verlede.

Kinders vind baat daarby as geskeide ouers mekaar soos kollegas behandel deur beleef te wees en te hou by die agenda (die ouerskapsp­lan van die egskeiding­sbevel) en as elkeen sy rol in die span ken.

In so ’n atmosfeer kan gesprekke oor dissipline makliker gevoer word, al is dit per e-pos of met ’n berader se leiding.

Reëls waaroor die ouerpaar ooreengeko­m het en wat in albei huise geld, lei tot bestendigh­eid. Dit kan keer dat ouers mekaar na die “slegte ouer” laat lyk.

Jy kan jou seun help deur met hom oor jou waarneming­s te praat. Soms word mense so by ’n situasie ingetrek dat hulle perspektie­f verloor oor die gevolge van hul optrede. Stel taktvol voor hy gesels met sy eksvrou oor hoe hulle voortaan dissipline sal toepas. Sy het selfsugtig voordeel getrek uit die situasie en die perke van vriendskap oorskry. Dis die goedkoop gedrag van iemand wat dalk gewoond is daaraan om ander se goedgesind­heid te misbruik.

Jy sal ernstig moet nadink oor of die vriendskap tot jou voordeel is en geleidelik moet terugtree deur minder kontak met haar te maak. Vriendskap­pe dreineer ’n mens emosioneel as perke nie gestel word nie. ’n Oop gesprek oor die voorval kan help, maar daar is g’n waarborg dat sy nie weer jou vriendskap gaan misbruik nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa