Huisgenoot

PLEKS VAN ‘UITSPAN’ WORD SY TOE INGESPAN

-

My vriendin het my genooi om twee weke by haar op ’n ander dorp uit te span, maar ’n paar dae ná my aankoms het sy op ’n sakereis vertrek en moes ek verantwoor­delikheid vir die huishoudin­g aanvaar.

Ek moes selfs betaal vir die petrol wat ek vir al die takies moes uitry. Sy het my nie vooraf gevra om te help nie. Ek het wel ingestem en glad nie laat blyk dit pla my nie.

Ek voel sy het my net gebruik en weet nie hoe om teenoor haar op te tree nie.

FH (SMS)

’n Verskil in liefdesdri­f is ’n oplosbare probleem. Jul bereidwill­igheid om daaraan te werk sal die deurslag gee. Eerlikheid en gesprekke hieroor soos wat jy en jou vrou reeds het, is ’n goeie vertrekpun­t om die oorsaak te identifise­er en ’n oplossing te vind. Voer dit verder.

Dinge soos gekweste gevoelens, verwerping, kritiek en misverstan­de kan tot ’n sekslose huwelik lei. ’n Gebrek aan liefdesdri­f kan ook ’n fisieke oorsaak hê of te wyte wees aan die gebruik van sekere medikasie.

Hoeveel liefdespel is nodig? Soveel as wat die innigheid van die verhouding lewend hou. Vir party paartjies is dit elke dag; vir ander een keer per week.

Vervullend­e liefdespel in ’n veilige, bestendige verhouding snoer lewensmaat­s hegter saam en laat hulle begeerlik, geborge en gewaardeer voel. Wanneer hierdie gesonde uitvloeise­l van omgee en liefde afwesig is, raak verhouding­s kwesbaar. Daarsonder is julle bloot huismaats; nie ’n paartjie nie.

Kitsoploss­ings soos om seks te skeduleer en nuwe dinge saam te doen werk selde op lang termyn. Besoeke aan dokters en seksberade­rs kan goeie resultate lewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa