Huisgenoot

WATERDRAER

-

21 JAN – 18 FEB Dis ’n goeie week om oor jou langtermyn­verwagting­s, doelwitte en wense na te dink. As jy na ’n deurbraak streef of die wêreld ’n beter plek wil maak, moet jy dalk die bal aan die rol kry. Dis nie net die regte tyd om jou doelwitte te identifise­er nie; dis ook tyd om prakties te wees oor die verwesenli­king daarvan. Al volg jy graag jou eie kop, sal dit nie skade doen om raad te vra nie. GELUKKIGE NOMMERS 20, 36, 34, 3, 15, 12 Die son beweeg vandeeswee­k by jou teken in. Dit beteken dit is tyd om jou verjaardag te vier en met ’n nuwe persoonlik­e jaar te begin. Dit is immers die tyd van die jaar om te ontspan en aan feespret deel te neem. Jy wil dalk jou vriende vir ’n partytjie nooi, saam met jou geliefdes feesvier of jouself met ’n wegbreek bederf. Leer ook nou uit die foute van die afgelope jaar en klop jouself op die skouer vir jou prestasies. GELUKKIGE NOMMERS 28, 9, 37, 42, 38, 40 ANNIE LENNOX 25 DESEMBER 1954 JUSTIN TRUDEAU 25 DESEMBER 1971 GERT SMAL 27 DESEMBER 1961 Jy sal die ambisieuse Steenbok hoog op die suksesleer vind. Steenbokke kan geneig wees om die glas halfleeg te sien. Hierdie mense is elegant, koel en altyd in beheer. Steenbokke het ’n profession­ele uitkyk, verantwoor­delike benadering en prestasieg­edrewe aard. Hulle neem die lewe ’n bietjie te ernstig op. ”Ek behoort, ek moet en ek sal” is Steenbokke se lewensleus­e. Hooghartig­heid kan ’n Steenbok se ondergang wees.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa