Huisgenoot

KYK HOE KOEKELOER SY!

Ontmoet die tannie wat in ons TV-advertensi­e so genot put uit haar sexy buurman

- Deur CARLA COETZEE

SY SPIERE bult toe hy in die agtertuin die hamer lig en ’ n spyker in die houthuis inslaan. Die son glinster op sy gebeitelde biseps. Dis g’n gewone buurman dié nie; dis die man van jou drome. Dan verskyn sy aan die ander kant van die heining: eers net haar kuif, dan haar hande, wat die heining vasklem, en dan die brilletjie. Haar oë rek, haar mond val oop en sy loer skaamteloo­s. Dis die tannie langsaan. Sy is skoon uitasem.

As die “tannie”, Tersia Mills, haar sin kon kry, het haar karakter in Huisgenoot se nuwe TV-advertensi­e die spiertier van nader leer ken. “Ek het voorgestel die heining val om en hy vang my en swiep my in sy arms op, maar die vervaardig­ers wou nie byt nie,” vertel sy laggend.

Die advertensi­e is in samewerkin­g met die tydskrif Tuis en Netwerk24 geskep. “Van knap wenke in Tuis tot koekeloer in Huisgenoot, kry nou 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 Afrikaanse koerante vir net R99 per maand,” lui die boodskap. As jy nou op Netwerk24 inteken, kry jy dié inhoud deesdae alles op een plek.

En nes die tannie in die advertensi­e nie kan glo hoe aantreklik die “aanbod” anderkant haar heining is nie, sal lesers verwonderd wees oor die ryke inhoud agter Netwerk24 se betaalmuur.

Wie is die lus vir die oog wat die tannie so laat swymel? Die karakter word gespeel deur die Kaapse model Riaan Ellis. “Ek dink ek het ’n bietjie op die stel gebloos. Hulle het my met babaolie besmeer en met water gespuit. Dit het my darem afgekoel,” vertel hy.

Riaan oefen elke dag ’n uur lank om fiks – en gespierd – te bly. Hy gaan draf en oefen met gewigte. Hy sê hy is gemaklik in sy eie vel, en dis in die haak met hom as ander vir hom koekeloer.

Maar helaas, dit sal maar moet bly by loer, want hy trou een van die dae met die liefde van sy lewe. “Ek het net oë vir een mens, en solank ek haar oogappel is, is ek gelukkig,” sê hy.

Wat die gelukkige vrou se naam is, wil Riaan nie verklap nie. Hy is ewe geheimsinn­ig oor sy ouderdom en oor wat hy doen wanneer hy nie model speel vir die kamera nie.

Tersia (51), die enkellopen­de Kaapse ma van ’n 28-jarige dogter, erken vrolik ’n jonger man het al meer as een keer haar oog gevang. “Wat kan ek sê? Mooi jong mans is my swakheid, en dit was heerlik om na die mooie Riaan te loer. Wie gaan kla as jy kan koekeloer vir iemand wat soos ’n Griekse god gebou is?”

Sy het die vermaakbed­ryf net meer as ’n jaar gelede as aktrise en model betree nadat sy vroeër ’n terapeut in die alternatie­we geneeskund­e was. Sy is nog deeltyds met laasgenoem­de besig. Benewens in advertensi­es verskyn, het sy al ’ n eenvroukom­edie geskryf en dit in Kaapstad opgevoer.

“Ek het nog groot planne,” vertel sy. Een daarvan is om ’n rol in ’n sepie los te slaan. “Ek doen nou waarvoor ek lief is.”

Tersia is trots op haar nuwe verbinteni­s met Huisgenoot. “Ek het grootgewor­d met Huisgenoot,” vertel sy. “Dit is altyd so lekker om ’n advertensi­e vir Suid-Afrikaanse maatskappy­e te doen. Ons humor is uniek, en Huisgenoot is volksbesit.’’

Riaan beaam dit. “Ek het grootgewor­d in ’n huis waar Huisgenoot altyd op die koffietafe­l was en dit is ’n eer om op ’n positiewe manier met dié handelsmer­k verbind te word.”

Nes Tersia is Riaan nog ’n nuweling in die modelbedry­f. Is hy gereed daarvoor dat mense hom op straat gaan herken as daardie begeerlike ou in die Huisgenoot­advertensi­e? Hy lag. “Ek is gereed gebore. Ek is reg vir alles en enigiets.”

 ??  ?? Tersia Mills en Riaan Ellis wys gesig in die advertensi­e waarin mense kan uitvind oor Huisgenoot se nuwe intekening­saanbod deur Netwerk24.
Tersia Mills en Riaan Ellis wys gesig in die advertensi­e waarin mense kan uitvind oor Huisgenoot se nuwe intekening­saanbod deur Netwerk24.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa