Huisgenoot

BOUW-WERK VAN ’N ERNSTIGE NAR

In die unieke nuwe fliek Vuil Wasgoed vertolk Bouwer sy eerste hoofrol, maar hy is veel meer as ’n akteur en kan met gemak diep én ligsinnig wees

- Deur DeurMARLIS­EMARLISE SCHEEPERS

DIS ’n aksiekomed­ie so reg in die styl van die Britse regisseur Guy Ritchie. Onthou jy Lock, Stock and Two Smoking Barrels en Snatch? Wel, die Afrikaanse antwoord op dié aweregse komedies is hier. Maar dié keer is die hoofkarakt­ers twee doodgewone plaaslike outjies wat met hul lomp maniertjie­s en droë kwinkslae vir ’n chaos sorg.

Ontmoet die bleeksiele Wim en Kevin – minder intimidere­nde aksiehelde kan jy jou kwalik indink. In die splinternu­we fliek Vuil Wasgoed moet die twee, wat in ’n wassery werk, hul kragte teen dié van ’ n diamantsmo­kkelaar (gespeel deur Tim Theron) meet toe hulle ’n bebloede vinger in ’n kliënt se baadjiesak ontdek. Die afdruk van dié vinger kan van groot waarde wees vir die smokkelaar om ’n kluis vol diamante oop te sluit, maar ou Wim en Kevin het die afgekapte vinger nie meer nie . . .

Wim en Kevin, gespeel deur die akteurs Bouwer Bosch (33) en sy boesemvrie­nd Bennie Fourie (29), trek soms in die wassery hul kliënte se klere aan. Maar anders as die koddige Wim, wissel Bouwer buitengewo­on maklik van gedaante.

Hy is ’n regte verkleurma­nnetjie en ’n besige kêrel met baie talente. Soms hou hy sy lyf komediant, soms sanger, soms seremoniem­eester. Soms sien ons hom as akteur; ander kere woeker hy agter die skerms as vervaardig­er. Hy is aanbieder van die vermaakpro­gram Flits op kykNET en ook stigter van die liefdadigh­eidsorgani­sasie Liefde Wen.

Bouwer is getroud met die aktrise Leandie du Randt Bosch en is ’n diep seun wat oor ernstige dinge nadink en filosofeer in pleidooie op YouTube en musiekvide­o’s soos die een vir sy liedjie Verby. En hy het sowaar selfs ’n rybewys vir swaarvoert­uie. Sal die regte Bouwer Bosch asseblief opstaan?

’n Gesprek met Bouwer verwissel gereeld van rat tussen lig en donker: Dan wonder hy oor die Groot Vrae in die lewe; dan spot of terg hy.

“Ek neem my nie te ernstig op nie. As jy mense wil laat lag, moet jy vir jouself kan lag,” sê hy toe hy kort voor die bekendstel­ling van Vuil Wasgoed by Huisgenoot se Gautengse kantoor kom inloer.

Hy is saam met Bennie, ’n vriend sedert sy studenteda­e, vervaardig­er van die fliek en vertolk daarin sy eerste hoofrol. “Dis ’n volledige aksiefliek met skietgeveg­te en karakters wat doodgaan. Ons het hard gewerk aan die regte aanslag. Ons wou iets doen wat ons nie in ons taal kon kry nie,” sê Bouwer.

Later sê hy dis inderdaad sy dryfveer: om iets nuuts te skep.

LEANDIE (29), met wie Bouwer in 2015 getroud is, speel ook in Vuil Wasgoed. Sy speel Alecia, ’n karakter wat nie een van die twee aweregse manlike hoof hoofkarakt­ers karakters kan verdra nie. “Dit was ongeloofli­k om teenoor Leandie te speel,” vertel Bouwer trots.

“Sy is verreweg, seker 100 keer, beter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa