Huisgenoot

’N LENSLIEFLI­NG EN RAAKVAT-MA

Die Swanepoels gesels oor hoe Candice se pad na roem begin het en haar model- en gesinslewe oorsee

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N- GREY

SOOS met talle ouerpare die geval is, pryk ’n foto van Willem en Eileen Swanepoel se dogter in hul huis op SomersetWe­s. Vanuit ’n fotoraam op ’ n tafel in hul televisiek­amer kyk sy vir jou: ’n beeldskone blondine met haar hande op haar heupe en lang hare wat effens uit haar gesig waai.

Maar dis nie net die gesig van die dogter van die huis nie; dis een wat wêreldwyd bekend is. Met die intrapslag in die huis sien jy dieselfde gesig op geraamde voorblaaie van die modetydskr­if Vogue teen die muur in ’n vertrek hang.

Net ’n week tevore het die Swanepoels se dogter, Candice Swanepoel (29), weer voor die TV-kameras verskyn toe sy die Victoria’s Secret- modeverton­ing in Sjanghai, China, open. Dit was al die 10de jaar dat dié langbeenmo­del uit Suid-Afrika onderklere van die Amerikaans­e handelsmer­k op die loopplank vertoon. En net langer as ’n jaar ná die geboorte van haar eersteling spog sy reeds weer met ’n droomfiguu­r.

“Die vertoning is gisteraand in Amerika uitgesaai,” vertel Eileen (59), ’n goed versorgde vrou met helderblou oë en blonde hare, nes haar beroemde dogter. “Candice het saam met al die ander mo- delle in New York daarna gekyk. Hulle is in die vertoning; daarom sien hulle ulle nie hoe dit lyk nie,” verduideli­k sy.

Vanjaar was Eileen en Willem, m, wat saam ’n toerismeon­derneming het, nie in die gehoor nie. Hulle het wel al van die vertonings bygewoon. “Dit is ’n ongeloofng­elooflike skouspel,” vertel Eileen. “Die e eerste vertoning waaraan Candice deelgeneem geneem het, in 2007 in Los Angeles, sal my altyd bybly. Seal was een van die sangers gers en Heidi Klum was nog deel van die e vertoning. Dit was ’n extravagan­za met t mooi musiek en ongeloofli­ke kostuums.” s.”

Willem was ook al by twee of drie gesogte modeparade­s, al skerts die ie voormalige beesboer hy is nie e eens seker wat die modehandel­smerk Jimmy Choo is nie. Eileen skud net haar kop.

Dan gee die trotse pa toe die Victoria’s Secret-vertoning is “iets s om te sien”. Toe hulle die partytjie tjie daarna bywoon, het hulle ’n voorsmakie gekry van die glanslewe wat hul dogter lei. “Jy voel soos ’n filmster. er. Ons het ná die tyd saam met Candice gegaan, en toe ons uit die motor klim, is dit net kameras en mense. ’n Oomblik lank ank kry jy kans om in hul skoene te staan.” n.”

Eileen sê: “Dis ’n ander wêreld. Jy dink nog: Daardie mens lyk bekend, dan an sien jy dit is die akteur Leonardo DiCaprio.” aprio.”

 ??  ?? Die model Candice Swanepoel (BO) se ouers, Willem en Eileen (HEEL BO), bars van trots op hul dogter. LINKS HEEL BO: Oral in hul huis is foto’s van haar.
Die model Candice Swanepoel (BO) se ouers, Willem en Eileen (HEEL BO), bars van trots op hul dogter. LINKS HEEL BO: Oral in hul huis is foto’s van haar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa