Huisgenoot

MEGHAN, DIE VARS BRIES

- Et ar e

Die pragtige aanstaande bruid is die een oor wie die meeste gegis word, want daar word nou al ’n geruime tyd bespiegel oor wanneer prins Harry die strop om die nek gaan kry. En toe die geliefde rooikop eindelik sy hart verloor, was dit op die mooie Meghan Markle (36), wat om verskeie redes ’n baanbreker is.

“’n Geskeide Hollywood-aktrise van gemengde afkoms wat ’n Rooms-Katolieke skool bygewoon het, gaan trou met die seun van die volgende koning,” begin ’n artikel in die Britse koerant The Daily Telegraph. “Een generasie gelede sou so ’n sin nie geskryf kon word nie.”

Al klink dit bisar om te dink dit sou voorheen ondenkbaar wees, is dit nie onwaar nie. Koningin Elizabeth se oom koning Edward VIII is in 1936 gedwing om te abdikeer toe hy wou trou met ’n geskeide vrou, die Amerikaner Wallis Simpson.

En toe Elizabeth se suster, Margaret, in 1953 wou afhaak met die geskeide Peter Townsend, het dit byna ’n krisis in die koningshui­s veroorsaak.

Meghan, wie se ma swart en pa wit is, sal die land se eerste koninklike van gemengde afkoms wees. Hieroor het sy ná die aankondigi­ng van haar verlowing gesê: “Ek is regtig baie trots op wie ek is en waar ek vandaan and daan kom. Ons het nooit enige fokus daarop rop p geplaas nie, net op wie ons as ’n paartjie jie is.”

Nog ’n nuwigheid is dat Meghan die flitsende kameras so koel soos ’n komkommer kom mmer verduur het toe sy en Harry ná die bek bekendkend­making van hul verlowing uitstap om m haarh haar verloofrin­g aan die publiek te wys. Se Selfs lfs Kate Middleton, wat donkiejare met tp prins rins William uitgegaan het voor hulle verloof rlo oof geraak het, was nie so selfversek­erd d sooss soos Meghan tydens haar eerste openbare re optredes nie. Om nie eens van die jong ong g Diana te praat nie: Sy het angsbevang­e ge gelyk toe sy en prins Charles in 1981 1 verklaar hulle is verloof.

Om die waarheid te sê, Meghan het selfs tuiser in die kollig gelyk as haar bloubloedv­erloofde. Nie een van die twee was skaam om te wys hulle is verlief op mekaar nie – baie verlief. En n hulle het ook skaamteloo­s vertel van an hulh hul romantiese wegbreek na Botswana na nadat adat hulle voor dit op net twee afsprake wa was. as.

Harry het selfs erken hulle het tydens de ns hul vakansie ’n tent gedeel. Net een generasie ner rasie gelede is nog verwag ’n prins se potensiële ten nsiële bruid moet ’n maagd wees.

 ??  ??
 ??  ?? William en Kate (LINKS) was heel vroom by die aankondigi­ng van hul verlowing in 2010. Daarteenoo­r was Harry en Meghan (NAASLINKS) spontaan en gemaklik. (Blaai om)
William en Kate (LINKS) was heel vroom by die aankondigi­ng van hul verlowing in 2010. Daarteenoo­r was Harry en Meghan (NAASLINKS) spontaan en gemaklik. (Blaai om)
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa