Huisgenoot

INPAK-SOMERKRAAK­SLAAI

-

Pak die slaai in ’n lugdigte houer. Hou die eiers en slaaisous apart en rond die slaai net voor middagete af.

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 10 min. Staan: 10 min. Gaarmaak: 10 min.

SLAAI 250 ml (1 k) bevrore

baba-ertjies 1 x 410 g-blik keker

ertjies, gedreineer 6 wortels, geskil 4 stele seldery 1 rou beet, geskil en in

dun stokkies gesny 1 komkommer, in linte

gesny 120 g-pak gemengde

slaaiblare 20 g vars kruie, soos

roket SLAAISOUS 60 ml (¼ k) olyfolie 30 ml (2 e) balsemieke

asyn 5 ml (1 t) heuning sout en vars gemaalde

swartpeper VIR AFRONDING 4-8 eiers 60 ml (¼ k) sonneblom

pitte, gerooster

1 Slaai Bedek die ertjies met kookwater; laat staan 10 min. Dreineer en laat heeltemal afkoel. Sny die wortels en selderyste­le in repe met ’n groenteski­ller of sny in stokkies, indien verkies.

2 Meng die ertjies, wortels en seldery met die res van die slaaibesta­nddele.

3 Slaaisous Meng alles goed; geur met ’n bietjie sout en lekker baie vars gemaalde peper.

4 Vir afronding Sit die eiers in ’n kastrol en bedek met water. Bring tot kookpunt en kook 6-7 min. of tot gaar soos verkies. Spoel die eiers af in koue water en dop af – of pak dit net so met die dop en al werk toe in, en berei die slaai verder net voor ete.

5 Versprei die slaai op ’n bord en drup die slaaisous oor.

6 Sny die eiers in die helfte en pak op die slaai. Sprinkel die sonneblomp­itte oor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa