Huisgenoot

BOER WIL VROU RED VAN VORIGE LEWENSMAAT

-

V Ek is 29 en ’n boer en het ’n jaar gelede ’n 28-jarige vrou ontmoet. Sy het ’n verhouding gehad met ’n man van 44 wat haar geslaan en gevloek het wanneer hy nie kon seks kry nie. Sy is ’n beeldskone mens. Ek is lief vir haar en sy vir my. Die ou is besig om met weelde en geld met haar kop te smokkel.

Dit maak my vies en ek wil hom op sy plek sit, maar daar is nog goed van haar by hom en hy wil dit nie teruggee nie. Wat kan ek doen?

JQ op L

A Tensy sy en haar eks ’n saamwoonko­ntrak opgestel het, het sy min regte wat haar goed betref. Omdat julle met ’n geweldenaa­r te doen het, sal ek julle albei afraai om verder met hom te probeer praat of onderhande­l. Nader liewer ’n middelman om formeel en wetlik te help.

Bemiddelaa­rs kan hierdie soort konflik ná ’n saamblyver­houding help oplos. Bel die Suid-Afrikaanse Vereniging van Bemiddelaa­rs by 081-071-7000 om raad, maar hou in gedagte dat mense wat saamwoon nie geregtig is op mekaar se besittings nie.

Die wet bepaal wel dat besittings aan die party behoort wat dit oorspronkl­ik bekom het. Koopbewyse in haar naam kan help om haar eiendom van haar vorige lewensmaat terug te eis. Ook met geskenke kan ’n papierspoo­r help om dit terug te kry, soos ’n motor wat op haar naam geregistre­er is.

Maak vroegtydig seker jul eie sake is in orde en gesels met haar oor ’n saamwoonko­ntrak as julle nie nou al trouplanne het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa