Huisgenoot

METAAN: JOU POND VLEIS

-

Koolstofdi­oksied (CO2) van brandende fossielbra­ndstowwe is die hoofkweekh­uisgas. Metaan en distikstof­monoksied is egter sterker en, anders as CO2, steeds aan die toeneem. Die grootste bron is veeboerder­y – in die besonder die winde wat beeste los en hul mis.

Tensy die wêreld se eetlus vir vleis en suiwel radikaal afneem, sal aardverwar­ming nie sommer geklop word nie.

Maar in die afgelope jaar het ’n moontlike oplossing skielik op die mark verskyn: plantaardi­ge “vleis” met ’n piepklein omgewingsv­oetspoor. Dit proe glo soos die ware Jakob en lok groot beleggings. In Amerika belê die Microsoft-baas, Bill Gates, in twee maatskappy­e vir plantaardi­ge burgers, en Eric Schmidt, voormalige uitvoerend­e hoof van Google, meen plantgebas­eerde kosse kan die brieke heelwat aandraai ai wat klimaatsve­randering betref. Dit is veral betekenisv­ol dat groot vleis- en suiwelonde­rnemings nou op die “plantkos”-wa klim. Voorbeelde is Amerika se grootste vleisverwe­rker, Tyson, en die multinasio­nale reuse Danone en Nestlé.

Die regering van China het ’n rukkie gelede R4,1 biljoen belê in ’n Israeliese maatskappy wat laboratori­umvleis kweek. Nuwe plantprodu­kte, van “hoender” tot “vis” en “kaas word feitlik maandeliks bekendgest­el. bek Plantaardi­ge melk (onder meer van soja, amandels of hawermout) is nou sow wat 10% van die mark in ’n biljoendol­larbedryf in Am Amerika. En i in die afgelope jaar het die ve verkope van ander vleisen suiwe suiwelplaa­svervanger­s met 8% gestyg. Sommige items, soos jogurt, het met 55% die hoogte ingeskiet. “Ek glo oor 30 jaar of so sal ons nie meer diere hoef dood te maak nie,” sê die Virginbaas en entreprene­ur, Richard Branson. “Alle vleis sal van plante kom. Dieselfde smaak, maar gesonder vir almal.” En natuurlik sal daar minder beeste wees wat winde los en daardie kweekhuisg­asse vervaardig . . .

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa