Huisgenoot

JOLENE ALTERSKYE

-

Sy is skraal met deurdringe­nde blou o oë en donker skouerleng­tehare. Nie net laat sy koppe draai nie; sy is ook een e van Sotheby’s se suksesvols­te ei eiendomsag­ente en is al dikwels vir ha haar verkoopspr­estasies vereer. Jolene Alterskye (36), ’n enkelma van ’n kleuter, woon in ’n mooi huis in die pe peperduur Kaapse buurt Bantrybaai. Ook haar liefdeslew­e het voorbladnu nuus geword ná Sotheby’s se konferensi­e in Julie 2016 op die Spier-wynlandgo goed buite Stellenbos­ch waar Susan Ro Rohde raaiselagt­ig gesterf het. Toe ha haar man, Jason, toe nog die grootbaas van die eiendomsag­entskap, kort daarna op aanklag van haar moord in hegtenis geneem word, het Jolene se naam as sy m minnares in mediaberig­te opgeduik. T Toe sy deur navrae van die media oo oorval word, het sy ’n prokureur aanges gestel om na haar belange om te sien. Ja Jason se inhegtenis­name het haar erg ges geskok, vertel ’n bron. “Jy kan sien dit is ste steeds vir haar moeilik om alles te hantee teer.” Jo Jolene is nog nie een keer by die Kaapse h hooggeregs­hof gewaar waar Jason teregstaan nie. Aan die begin van sy verhoor in Oktober 2017 het hy erken hy het ’n buite-egtelike verhouding met haar gehad. Maar hy ontken dat hy Susan vermoor het en beweer sy het haarself in die badkamer van hul hotelkamer opgehang.

In sy pleitverdu­ideliking sê Jason Susan het in Februarie 2016 van sy affair uitgevind toe sy ’n Valentynsd­agkaartjie in sy baadjiesak ontdek het. Hy het Susan daarna beloof om kontak met Jolene te verbreek, maar op foto’s wat ’n paar maande later – 10 dae voor Susan se dood – geneem is, kuier Jason en Jolene saam met ’n kollega in ’n koffierest­aurant in Kaapstad.

Liefdesbri­ewe van Jolene aan Jason het ook tydens die verhoor aan die lig gekom. “Jy gaan terug na jou gewone lewe. My lewe is omgekeer, elke deel van my huis, elke straat in my buurt, elke sonsonderg­ang by die see herinner my aan jou,” het sy geskryf.

Sy ontvang dreigement­e per e-pos en sekere kliënte weier om met haar saam te werk, het ’n bron aan Huisgenoot vertel. “Dit is vir haar baie moeilik, maar sy hou haar kop hoog.’’ Met die verhoor wat in 2018 sal voortduur, sal die naam Jolene Alterskye nie gou vergete raak nie.

 ??  ?? Jolene Alterskye het ’n buiteegtel­ike verhouding met Jason Rohde gehad.
Jolene Alterskye het ’n buiteegtel­ike verhouding met Jason Rohde gehad.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa