Huisgenoot

BEKENDES SE WENSE VIR 2018

-

LEANDIE DU RANDT BOSCH

Met dié dat die aktrise vanweë haar werk dikwels van die huis af weg is, is haar wens vir die jaar wat voorlê om meer tyd deur te bring saam met haar man, die akteur en sanger Bouwer Bosch. “Ek wil ook weer aan die oefen kom en aktiewer wees. Ek was verlede jaar ’n bietjie lui,” skerts sy.

Sy wil ook in Amerika ’n draai gaan maak. “Die kans is goed dat ek in Julie vir (die aktrise) Anel Alexander in Los Angeles gaan kuier. Dan wil ek ook New York en San Francisco besoek; ek wil graag sien hoe dinge aan daardie kant werk.”

Die vrolike blondekop wil “ook daaraan werk om minder te vloek”.

Nog iets op Leandie se lys is dat sy hoop om in die nuwe jaar minder te swig voor die versoeking van gemorskos. Sy onthou hoe sy verlede jaar op drie Sondae agtereenvo­lgens sommer twee burgers verorber het. “Ek is mal daaroor,” bieg sy.

Die ster beskryf haarself as ’n perfeksion­is wat soms te streng is met haarself. “Ek wil in 2018 leer om dinge nie so ernstig op te neem nie, om net te

JAY DU PLESSIS

Die sanger wil vanjaar verlore slaap probeer inhaal. “Ek wil minder laat aande en vroeë oggende hê. Dit voel of ek in 2017 ses maande se slaap verloor het.”

Hy maak nie juis Nuwejaarsv­oornemens nie. “Maar ek sal baie graag meer by die huis wil wees om meer tyd saam met my gesin deur te bring.”

Sy en sy vrou, Mia, se kroos, Aidan (11), Samuel (8), Luka (3) en Jamie (1), verskaf hulle baie plesier. “Hulle raak so vinnig groot. Wanneer ek ná drie dae van ’n musiektoer terugkom, lyk my eenjarige vir my anders,” sê die sanger, wie se nuwe album, So Lank Sal Ek Jou Liefhê, onlangs uitgereik is.

In 2018 wil Jay ook in sy vol program tyd maak vir oefening. “Ek word ouer en kom agter dis nie meer so maklik om net vinnig fiks te word nie. Ek is nie lief vir gim toe gaan nie, maar sal graag meer aktief wil wees in die buitelug, soos om te swem, fiets te ry en te draf en meer perd te ry.”

Dié toegewyde pa droom daarvan om sy hele gesin met ’n eilandvaka­nsie te bederf.

“Die kinders ken die Suid-Afrikaanse kus, maar ek sal hulle graag ook die eilandsee wil wys – ’n plek soos Mauritius of die Seychelle, waar die see glashelder en rustig is sodat hulle lekker kan snorkel. Hulle sal dit so geniet.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa