Huisgenoot

Vlegsels vir jonge juffers

Hou haar hare netjies uit die gesig met dié twee vlegselsty­le

- Deur WAGHEEBA JANUARY Foto’s: JACQUES STANDER

Steek los haartjies naweke met bont knippies vas

SOGGENS kan ’n dolle gejaag wees. Jy moet jou kinders se rugsakke inpak, kosblikke regkry en seker maak hulle lyk netjies. Die oggend-haarsituas­ie is gewoonlik ’n kopseer, van koeke uitborsel tot ’n styl probeer regkry. Nie net is die style hieronder ideaal vir skool nie; dit is nommerpas vir enige geleenthei­d en is geskik vir alle haarsoorte. Hierdie oulike en maklike haarstyle kan in minute geskep word, net reg vir die besige ma. Maak jou lewe makliker deur vir jou dogter een van hierdie moeitelose, byderwetse kapsels te gee.

FRANSE VLEGSEL

’n Franse vlegsel sal nie deur die dag los raak of ontknoop nie en sal die hare uit haar oë hou.

Begin met drie seksies aan die bokant van die kop en kruis die een oor die ander, net soos jy sou maak wanneer jy hare gewoonweg vleg.

Vat ’n klein seksie hare van die kant terwyl jy van die een kant na die ander oorkruis. Herhaal tot al die seksies van albei kante gebruik is. Vleg dan regaf en bind met ’n haarrekkie vas.

LAE PONIESTERT­VLEGSEL

Borsel al die hare na agter. Skep twee horisontal­e segmente. Begin van die slape tot jou vingers aan die agterkant van die kop aan mekaar raak. Maak die seksie in ’n ponie vas.

Verdeel die seksie hare in drie dele en begin dan vleg tot jy by die agternekho­lte kom.

Bind al die hare met ’n haarrekkie in ’n poniestert vas.

VERSORG LANG HARE

Wanneer jy vlegsels en poniestert­e maak, sorg dat dit nie te styf is nie en moenie rubberrekk­ies gebruik nie.

Stel die hitte laag wanneer jy haar hare droogblaas.

Spoel baie droë hare goed uit en wend opknapper aan.

Gebruik ’n wyetandkam gereelder as ’n borsel.

Gebruik ’n ligte ontknoper nadat die hare gewas is. Begin by die punte en werk stadig opwaarts terwyl jy koeke sagkens met jou vingers loswoel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Tangle Teezer Frozen Compact Styler R290
Tangle Teezer Frozen Compact Styler R290
 ??  ?? Pylones Red Kimonobors­el en -spieël R199,95
Pylones Red Kimonobors­el en -spieël R199,95
 ??  ?? Shampoohea­ds Awesome Annie Conditione­r 300 ml R59,95
Shampoohea­ds Awesome Annie Conditione­r 300 ml R59,95
 ??  ?? Invisibobb­le Nano The Styling Hair Ring R80
Invisibobb­le Nano The Styling Hair Ring R80
 ??  ?? Pure Beginnings Organic Baby Soothing Baby Wash & Shampoo R69,99
Pure Beginnings Organic Baby Soothing Baby Wash & Shampoo R69,99
 ??  ?? Natur Vital Happy Kids Shampoo R69,95
Natur Vital Happy Kids Shampoo R69,95
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa