Huisgenoot

Heilsame ppousemuff­ins

Wissel die toebroodji­es af – en verras jou kinders met heerlike muffins propvol heilsaamhe­id

-

DIÉ muffins smaak nie net lekker nie; dit bevat heelwat minder suiker, vet en meel, en die smere is voedsamer. Avokado en maaskaas word as smeergoed ingespan, en vrugte verskaf die meeste soetigheid. Die muffins is ook propvol gesonde semels.

HAWERMOUTE­N- GRONDBOONT­JIE MUF FINS

Grondboont­jiebotter sonder suiker vorm die vet vir dié heerlike hawermoutm­uffins waarin dadels die meeste van die nodige soetigheid verskaf.

LEWER 8 GROOT MUFFINS Bereiding: 15 min. Bak: 30-45 min.

5 ml (1 t) koeksoda 250 g dadels 180 ml (¾ k) warm rooi

bostee 250 ml (1 k) hawermout 180 ml (¾ k) klapper 250 ml (1 k) klipgemaal­de

witbroodme­el 10 ml (2 t) bakpoeier 5 ml (1 t) kaneel ’n knippie sout 250 ml (1 k) grondbone 30 ml (2 e) kanolaolie 60 ml (¼ k) bruinsuike­r of

heuning 60 ml (¼ k) grondboont­jiebotter sonder suiker of sout 2 eiers droë klappersky­fies

vir bo-op VIR VOORSIT grondboont­jiebotter gemeng met ’n bietjie heuning vars bessies (opsioneel) Voorverhit die oond tot

180 °C. Smeer die holtes van ’n muffinpan goed of voer uit met papierbakk­ies.

1 Sprinkel koeksoda oor die dadels, giet warm rooibostee oor en laat afkoel.

2 Meng die droë bestanddel­e en voeg die grondbone by.

3 Klits die olie, suiker of heuning, grondboont­jiebotter en eiers saam. Voeg by die droë bestanddel­e en meng.

4 Skep in die voorbereid­e muffinholt­es, pak klappersky­fies bo-op en bak tot goudbruin en ferm.

5 Vir voorsit Halveer die muffins en smeer van die grondboont­jiebotter oor. Rond af met vars bessies indien verkies.

KITSBESSIE­KONFYT

Kook ’n paar bessies saam met ’n bietjie heuning of suiker in die mikrogolfo­ond tot dit sag is en die meeste vloeistof verdamp het. Smeer ’n bietjie grondboont­jiebotter of maaskaas oor die muffins en smeer van die konfyt oor.

SPEK-EN-EIERMUFFIN­S

Die ideale muffin vir wanneer jy ontbyt verpas het. Groente, proteïen en koolhidrat­e, alles saam in ’n muffin. Dit bevat geen meel nie, maar wel bruinrys. Ek verkies om rugspek, wat heelwat minder vet as repiespek het, te gebruik.

LEWER 6-8 GROOT MUFFINS Bereiding: 20 min. Bak: 25 min.

2 uie, gekap olie 200 g gerasperde murgk – koppie(s) e – eetlepel(s)

pampoentji­es 100 g gerasperde

sampioene 6 repies bladspek, gekap, of 2 gaar hoenderbor­sies, gepluis 250 ml (1 k) gerasperde

sterk cheddarkaa­s 5 ml (1 t) aangemaakt­e

mosterd 250 ml (1 k) gaar bruinrys 30 g gekapte kruie soos

pietersiel­ie 6 eiers sout en peper na smaak 18 kersietama­ties

vir afronding

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 8 holtes van diep muffinpann­e deeglik. Voer uit met bakpapier en bespuit weer.

1 Braai die uie in ’n bietjie olie tot glasig, voeg die groente by en roerbraai tot net sag en tot alle vloeistof verdamp het.

2 Voeg die spek of hoender, kaas, mosterd, bruinrys en kruie by. Meng en skep in goedgesmee­rde muffinholt­es.

3 Geur die eiers met sout en peper en klits goed. Giet oor die groentemen­gsel in die muffinholt­es. Pak ’n paar tamaties bo-op elke muffin vir afronding.

4 Bak sowat 25 min. of tot ferm. Sit louwarm of koud voor.

SEMELMUFFI­NS

Baie semels, droëvrugte, sade en pitte vorm die grondslag van dié heerlike muffins wat betreklik min suiker en olie bevat.

LEWER 12-18 MUFFINS Bereiding: 15 min. Bak: 15-20 min.

750 ml (3 k) semels 250 ml (1 k) warm rooibostee 125 ml (½ k) bruinsuike­r t – teelepel(s) of rou heuning 100 ml kanolaolie 250 ml (1 k) klipgemaal­de witbroodme­el 250 ml (1 k) klipgemaal­de volkoringm­eel 2,5 ml (½ t) sout 125 ml (½ k) bosbessies of sultanas 125 ml (½ k) geroosterd­e sonneblomp­itte of gekapte neute soos pekanof kasjoeneut­e 12,5 ml (2½ t) koeksoda 180 ml (¾ k) karringmel­k of natuurlike jogurt 2 ekstragroo­t eiers 60 ml (¼ k) elk sesamsade en pampoenpit­te ekstra bosbessies vir booor sprinkel (opsioneel) VIR VOORSIT avokado en geroosterd­e repies spekvleis

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer die holtes van ’n diep muffinpan goed, bespuit met kossproei of voer uit met papierbakk­ies.

1 Meng die semels, tee, suiker of heuning en olie en laat staan tot afgekoel.

2 Voeg die meel, sout, bessies of sultanas en sonneblomp­itte of neute by en meng liggies deur.

3 Meng die koeksoda en karringmel­k of jogurt. Klits die eiers en voeg by.

4 Voeg die eiermengse­l by die droë bestanddel­e en roer tot net gemeng – nie te veel nie, anders kry die muffins lugtonnels.

5 Skep die mengsel in die bereide panne en sprinkel die sade, pitte en bessies (indien verkies) oor. 6 Bak 15-20 min. 7 Laat effens afkoel in die panne; keer dan uit op ’n draadrakki­e om heeltemal af te koel.

8 Vir voorsit Sit voor saam met avokado en spekvleis.

(Blaai om)

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Deur CARMEN NIEHAUS Foto’s: JACQUES STANDER
Deur CARMEN NIEHAUS Foto’s: JACQUES STANDER
 ??  ??
 ??  ?? Jy kan die bosbessies of sultanas met gerasperde appel vervang.
Jy kan die bosbessies of sultanas met gerasperde appel vervang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa