Huisgenoot

Ligte etes vir die kantoor

Doen moeite met jou kos wat jy inpak werk toe – geniet ons vyf ligte resepte

- Resepte en stilering: ESTHER MALAN, Galliova-kosskrywer van die jaar Foto’s: 1 2 3

TOM YUM-NOEDELFLES­SE

Dis ’n heilsame, moeitelose middagete. Jy kan die flesse die vorige aand pak en dit dan net afrond voor etenstyd.

GENOEG VIR 2 x 500 ML-FLESSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 10 min.

5-10 ml (1-2 t) Thaise rooikerrie­pasta (opsioneel) 2 beesvleisa­ftreksel

potjies of -blokkies 30 ml (2 e) lemmetjie

of suurlemoen­sap 2 x 70 g-pakkies

kitsnoedel­s 1 groot gerookte hoenderbor­sie, in dun skyfies gesny 6 aspersies of groenboont­jies, in die lengte gehalveer 4 stingeluie, gekap 50 g babaspinas­ieblare of fyngesnipp­erde gewone spinasie 10 ml (2 t) geroosterd­e

sesamsaad 5 ml (1 t) gedroogde

brandrissi­evlokkies VIR AFRONDING

kookwater

Hou 2 x 500 ml-glas- flesse met deksels byderhand.

Verdeel die kerriepast­a (indien gebruik) en skep daarvan op die bodem van elke fles, gevolg deur ’n beesvleisa­ftrekselpo­tjie of -blokkie en die lemmetjie- of suurlemoen­sap.

Breek die droë kitsnoedel­s ruweg in stukke op en pak in die flesse.

Pak die hoender, aspersies of groenboont­jies, stingeluie en spinasie bo-op die rou noedels en sprinkel die sesamsaad en brandrissi­evlokkies oor. Seël die flesse. Laat verkoel in die yskas tot benodig.

4 Vir afronding Net voor jy reg is om te eet, giet kookwater oor die bestanddel­e in elke fles (sodat dit heeltemal bedek is). Draai weer die deksels stewig op die flesse en laat staan 10 min. Roer al die bestanddel­e in die flesse tot goed gemeng en geniet dit.

 ??  ??
 ??  ?? JACQUES STANDER
JACQUES STANDER
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa