Huisgenoot

Angelina Jolie blom op haar eie

Terwyl vele gerugte oor hulle blyk onwaar te wees, lyk dit of Angelina beter as alleenlope­r vaar as Brad

- Saamgestel deur NICOLA WHITFIELD BRONNE: ET ONLINE, E! NEWS, US WEEKLY, THE SUN, PEOPLE, THE HOLLYWOOD REPORTER

TOT in die doodsnikke van 2017 het hulle die tonge laat klap soos net Brangelina dit kan regkry. Eers was daar gerugte dat Brad Pitt sy vervreemde vrou, Angelina Jolie, ’n skikkingsb­edrag van R1,3 biljoen aangebied het omdat sy glo hul huwelik nog ’n kans wou gee, maar hy nie meer belanggest­el het nie. Brad reken as hy Angie genoeg geld aanbied, sal die stof eindelik gaan lê, het sommige skinderton­ge bespiegel. Toe slaan ’n gerug oor ’n “Kersfeeswo­nderwerk” uit. Brad en Angelina het glo hul verskille opsygeskui­f en gaan albei die feestyd saam met hul kinders deurbring. En die kersie op die koek? Hulle is weer ’n paartjie . . . “Die feestyd maak Brad sentimente­el oor familie, en veral oor sy kinders,” het Hollywood Life, ’n nuuswebtui­ste oor glansmense, berig. “Hy geniet dit om hulle te bederf en Angie meng nie daarmee in nie.” Steek daar waarheid in al dié stories? Ongelukkig blykbaar nie. Gossip Cop, ’n webtuiste wat daarop aanspraak maak dat dit die koring van die kaf skei, beweer die skikkingst­orie is twak, nes die gerug dat Brad, Angie en hul kroos Kersfees saam sou deurbring. Intussen lyk dit of die egskeiding van die dekade steeds sloer terwyl die glanspaart­jie van die eeu sake probeer uitpluis. Ter wille van hul kinders – Maddox (16), Pax (14), Zahara (12), Shiloh (11) en die negejarige tweeling Knox en Vivienne – probeer hulle glo op goeie voet uitmekaarg­aan. Maar versoen raak? Vir hul aanhangers, wat bly hoop op ’n gelukkige einde vir die Brangelina-sprokie, blyk die storie oor ’n moontike hereniging te goed te wees om waar te wees.

SEDERT hulle in September 2016 uitmekaar is, lyk dit of Angelina (42) die lewe as alleenlope­r beter baasraak as Brad (54). Hy verdryf glo die tyd deur kleibeelde te maak “terwyl hy na Frank Ocean se musiek luister en matcha-groentee drink”, berig Melanie Bromley van E! News.

Intussen vaar aarAngie Angie heel goed op haar eie. Sy het 2017 op ’n hoë noot afgesluit toe First They Killed My Father benoem is vir ’n Golden Globe-prys vir die beste buitelands­e fliek. Die rolprent, onder haar regie, is geskiet in Kambodja, Maddox se geboortela­nd, en hy het ook hand bygesit met die maak daarvan.

Al het sy haar hande vol as enkelma, gaan Angelina voort met humanitêre projekte. Sy span met die Noord-Atlantiese Verdragsor­ganisasie (Navo) saam om die lot te verbeter van vroue in oorloggete­isterde gebiede.

In ’n artikel wat sy saam met Jens Stoltenber­g, sekretaris-generaal van Navo, vir die Britse koerant The Guardian geskryf het, sit sy uiteen hoe dié organisasi­e ’n einde kan help maak aan geweld op grond van geslag.

“Al word dit deur die internasio­nale reg verbied, word seksuele geweld steeds in verskeie konfliksit­uasies as oorlogstak­tiek ingespan – van Mianmar tot Oekraïne en van Sirië tot Somalië,” skryf sy. “Daaronder tel massaverkr­agtings, seksslawer­ny, etniese suiwering en terreur. Dit verklaar grotendeel­s waarom dit dikwels gevaarlike­r is om ’n vrou in ’n oorlogsgeb­ied te wees as ’n soldaat.”

In die lewe ná Brad bly sy druk besig, reis saam met haar kinders die wêreld vol en lyk soos altyd koel en kalm. Af en toe laat Angelina wel deurskemer dis nie altyd maklik nie, soos toe sy gesê het: “Ons sal altyd ’n gesin wees.”

Sy het gehoop By the Sea, die 2015-fliek wat sy en Brad saam gemaak het, sou hul huweliksle­we verbeter, het sy onlangs aan The Hollywood Reporter gesê. “Ons het mekaar ontmoet terwyl ons saamgewerk het en ons het goed saamgewerk,” het sy gesê met verwysing na Mr. & Mrs. Smith. Hul romanse het tydens die verfilming van dié 2005-rolprent vlam gevat. “Ek wou hê ons moes saam ernstige werk aanpak. Ek het gedink dit sou vir ons ’n goeie manier wees om te kommunikee­r. Maar daar was iets swaars aan daardie situasie wat voortgeduu­r het.”

Daarna het sy gepraat oor alles waarmee sy al in haar lewe moes worstel: die dood van haar ma, Marcheline Bertrand, in 2007 weens kanker van die eierstokke, haar eie voorkomend­e mastektomi­e in 2013, die verwyderin­g van haar eierstokke om kanker te verhoed – en oor hoe sy gehoop het ’n “kunswerk” kon die seerkry genees. Maar toe misluk By the Sea by die loket en haar en Brad se huwelik beland op die rotse.

Tog sê Angelina sy is vandag bly hulle het die fliek saam gemaak. “Ons het iets saam verken, wat dit ook al was. Dit het dalk nie sekere dinge opgelos nie, maar ons het wel iets gekommunik­eer wat tussen ons gesê moes word.”

Haar oomblikke van openhartig­heid is egter niks vergeleke met Brad s’n nie. Hy dra omtrent sy hart op sy mou. “Ek staan elke oggend op en maak ’n vuur. Wanneer ek gaan slaap, maak ek ’n vuur, net omdat dit my laat voel daar’s lewe,” het hy aan die tydskrif GQ gesê.

Hy het ook al sy foute as huwelikmaa­t erken: Hy het te veel gedrink, Angie te min ondersteun en sy eie pa se patriargal­e ouerskapst­yl te veel nagevolg.

Brad se selfwroegi­ng het die harte vir hom laat bloei, en Angelina moes dit ontgeld. Sy is uit voeling met ander enkelma’s, sy moet die skuld vir die skeiding dra en sy is nie wat sy voorgee om te wees nie, was ’n paar van die aantygings.

Een ding wat sy nie voorgee om te wees nie is ’n doodgewone ma. Anders as die modeontwer­per Victoria Beckham deel sy nie aanlyn foto’s van haarself en die kinders en honde nie. Sy probeer ook nie die beeld van ’n sukkelende enkelma skep om steun te wen nie. Maar vir Brangelina se aanhangers bly dit ’n jammerte dat sy Brad nie in haar lewe wil terugverwe­lkom nie.

 ??  ??
 ??  ?? REGS: Brad Pitt en Angelina Jolie in Mr. & Mrs. Smith, die fliek wat “Brangelina” opgelewer het. NAASREGS: Angelina het gehoop By the Sea, die e fliek wat sy en Brad saam gemaak het, sou hul huwelik red. d.
REGS: Brad Pitt en Angelina Jolie in Mr. & Mrs. Smith, die fliek wat “Brangelina” opgelewer het. NAASREGS: Angelina het gehoop By the Sea, die e fliek wat sy en Brad saam gemaak het, sou hul huwelik red. d.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa