Huisgenoot

KOEBAAI, ZUMA, OF NOG NIE?

-

Sal hy as president herroep word?

Die verdeelde topses maak dit vir Cyril Ramaphosa moeliker om pres. Jacob Zuma as president te herroep, maar nie onmoontlik nie. “Ramaphosa het miskien nie alles gewen nie, maar hy het die nommer-een-werk gekry en mag en invloed sal nou na hom begin stroom,” meen die politieke ontleder Tim du Plessis.

Die ANC se nasionale uitvoerend­e komitee (NUK) van 112 lede sal besluit of Zuma as staatspres­ident herroep moet word. Ná ’n besluit oor herroeping volg ’n parlementê­re proses en dan die verkiesing van ’n nuwe president.

Nasrec het die grondslag gelê vir ’n nuwe dinamiek, sê Tim. “ANC- en NUK-lede wil hul politieke loopbaan voortsit. Hulle gaan sommetjies maak en besef Zuma gaan oor 18 maande weg wees. Ramaphosa is die man van die toekoms.”

Die ANC wil ook 2019 se algemene verkiesing oorleef. “As Zuma daar is, gaan die ANC sukkel. Hy is geweldig ongewild binne en buite die ANC.”

Die politieke ontleder Theo Venter glo ook daar is beslis ’n kans dat die ANC nog vanjaar van Zuma ontslae kan raak. Maar hy glo nie dit sal voor Zuma se laaste staatsrede op 8 Februarie gebeur nie – daarvoor is die situasie binne die ANC nog te sensitief. Zuma kan herroep word in enige stadium wanneer die NUK vergader, verduideli­k Theo.

Sal hy aangekla word?

Ramaphosa se aanstellin­g as ANC-president sal nie die ondersoek na staatskapi­ng en korrupsie direk beïnvloed nie, maar het wel Zuma se magsbasis verswak, meen kenners. “Daar is ’n verskil tussen die regering en die heersende party,” verduideli­k Theo. Dit was saamgetrek toe Zuma albei poste beklee het, maar op die oomblik is daar twee magsentra: Ramaphosa in Luthulihui­s en Zuma in die Uniegebou.”

“Hulle sal mekaar ontmoet om te bespreek hoe nou vorentoe, maar ons weet hulle sit nie langs dieselfde vuur nie. Dit kan dinge warm maak vir Zuma,” sê hy.

Die howe het klaar bevind Ramaphosa moet as Suid-Afrika se adjunkpres­ident teen einde Januarie ’n nuwe hoof van die nasionale vervolging­sgesag aanstel. Dié sal besluit oor die korrupsiek­lagte teen Zuma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa