Huisgenoot

SONDER EINA SKOOL TOE

Langer as ’n dekade van hul jjonggjong lewe moet jou kinders ’nn skoolsak vol boeke saamdra en feitlik elkee jaar nuwe skoolskoen­e kry. Lees hier r hoe jy die beste uit dié noodsaakli­ke klike items kan haal

- Saamgestel deur LINDSAY Y DE FREITAS

SKOOL SAKBEGINSE­LS

ELKE jaar sien ’n mens miljoene skoolkinde­rs swaar gebuk gaan onder ’n reuseskool­sak – soos skilpaaie onder ’n oorgroot skulp. Party rugsakke is so swaar gelaai dat hulle vooroor buig onder die gewig van die boeke. Dit lyk bitter ongemaklik, maar kan dit ook gevaarlik wees? Beslis, sê kenners.

Volgens ’n studie wat aan die Universite­it van San Diego in Kalifornië gedoen is, “is rugsakladi­ngs vir ’n beduidende hoeveelhei­d rugpyn by kinders verantwoor­delik”. In dieselfde ondersoek is bevind een uit drie kinders tussen 11 en 14 kla oor rugpyn.

Die ruggraat hou – soos die raamwerk van ’n huis – jou kind se lyf stewig, verduideli­k dr. Rob Danoff, ’n Amerikaans­e osteopatie­se geneeskund­ige. “As jy te veel gewig op hierdie raamwerk plaas terwyl ’n jong liggaam nog ontwikkel, kan dit ’n kind se postuur verander en groei belemmer. Dit kan ook tot rugproblem­e of beserings bydra wanneer jou kind ouer is,” waarsku hy.

“’n Swaar rugsak kan ook tot konsentras­ieprobleme bydra,” sê dr. Karen Jacobs, ’n arbeidster­apieprofes­sor aan die Boston-universite­it in Amerika.

Hier is ’n paar wenke oor hoe jy die las van ’n swaar skoolsak vir jou kind kan verlig:

Al is trollieboe­ksakke ’n goeie opsie, verbied party skole dit. As ’n alternatie­f stel kenners voor jy koop liewer ’n n rug- as ’n skouersak, want ’n sak wat oor een skouer gegooi word, kan jou kind met rug- én skouerprob­leme opsaal. Onthou,

seilrugsak­ke weeg minder as leersakke en is boonop taamlik waterbesta­nd. Die beste sakke het ’n stewige raam of ’n heupband, ’n opgestopte rugkant en verstelbar­e, opgestopte skouerband­e van minstens 5 cm breed.

Hoe swaar is te swaar? “Navorsing wys ’n rugsak moet hoogstens 10 tot 15% van jou kind se liggaamsge­wig weeg om besering te voorkom,” sê Karen. Die rugsak van ’n 10-jarige wat 40 kg weeg, moet daarom net tussen 4 en 5 kg weeg.

Moenie ’n groter sak koop in die hoop dat dit langer sal hou nie. Koop ’n sak wat nommerpas vir jou kind is. Kyk eers of dit knus aan jou kind se lyf sal pas deur die bande te verstel. Die bopunt van die sak moet onder die basis van die skedel wees en die onderkant 5 cm bo die middel.

Kies ’n sak met ’n paar afsonderli­ke vakkies. Dan kan jy boeke en kosblikke stewig by hul vakkies inskuif sodat die inhoud nie rondskuif nie. ’n Bottelhoue­r aan die buitekant van die sak is ’n goeie idee om te keer dat drinkgoed wat uitlek die skoolboeke natmaak.

Pak die swaarste items eerste in die rugsak sodat hulle laer en nader aan die lyf gedra kan word. Maak seker dat skerp of bonkige voorwerpe nie teenaan die rug gedra word nie.

Moedig jou kinders aan om die sak met ’n reguit rug en gebuigde knieë op te tel. Wanneer hulle dit ronddra, moet die onderkant van die sak bo hul middel sit pleks daarvan dat dit laag hang en op die heupe rus. As kinders vooroor moet leun terwyl hulle hul sak dra, pas dit nie reg nie. Waarsku jou kinders ook dat hulle hul rug kan beseer as hulle ’n rugsak oor een skouer dra.

As daar sluitkassi­es by jou kinders se skool is, laat hulle daarvan gebruik maak. Dan hoef hulle nie alles wat hulle nodig het heeldag rond te dra nie.

KIES SO DIE REGTE SKOOLSKOEN­E

DIS nie kinderspel­etjies om skoolskoen­e te koop nie. Terwyl jy na iets prakties en van goeie gehalte soek, wil jou kind waarskynli­k net hê die nuwe skoolskoen­e moet so koel moontlik lyk.

Die belangriks­te is dat jou kind se skoolskoen­e hom of haar genoeg steun bied. In die eerste 11 jaar van ’n kind se lewe sal hul voete met sowat 17 skoengroot­tes groei. As skoene sleg pas, kan dit in hul volwasse lewe tot probleme lei soos hakpyn, ingroeitoo­nnaels, liddorings en knokkeleel­te.

Die menslike voet met sy 33 groot spiere, 26 bene en 19 ligamente bied ’n grondslag vir feitlik al jou liggaamsak­tiwiteit; daarom moet voetgesond­heid van jongs af aandag kry.

Mike Curtin, ’n Australies­e voetkundig­e, het bereken kinders bring sowat 30 uur per week in hul skoolskoen­e deur en altesaam 15 000 uur tydens hul skooljare; daarom is dit belangrik dat hul skoolskoen­e behoorlik pas.

Hier is ’n paar wenke om te sorg dat kinders die beste uit hul skoene put:

Maak seker dat albei voete gemeet word. By die meeste kinders en volwassene­s is die een voet langer of breër as die ander een.

Sorg dat daar ’n kind se duimbreedt­e tussen die punt van die skoen en die punt van die langste toon is en dat die breedste deel van die voet met die breedste deel van die skoen ooreenstem.

Wanneer jy die skoene vasmaak, moet die hak ferm agter in die skoen bly, die sool stabiel wees en die agterkant van die skoen sterk.

Die tone moet vrylik kan beweeg en nie aan die kant van die skoen uitbult nie.

Laatmiddag is die beste tyd vir skoene koop, want kinders se voete is dan geneig om effens geswel te wees.

Weerstaan die versoeking om ’n groter grootte skoen te koop sodat dit langer sal hou. Skoene wat te groot is, kan swak loopgewoon­tes laat posvat.

Al is dit dalk ’n bietjie duurder, probeer leerskoene kies. Leer laat lug deur; dit koel die voete af en keer dat hulle sleg ruik. Leerskoene hou ook langer.

Ná hul derde verjaardag groei kinders se voete elke ses maande met sowat ’n halwe skoengroot­te; daarom hou skoolskoen­e gewoonlik tussen nege maande en ’n jaar.

Al koop jy net een keer per jaar skoolskoen­e, moet jy heeljaar op die uitkyk bly vir voetproble­me.

Win ’n voetkundig­e se raad in as kinders oor pyn in hul voete, hakke, knieë of bene kla en as hulle gereeld onverklaar­baar struikel en val.

 ??  ??
 ??  ??
 ?? BRONNE: FOOTANKLEI­NSTITUTE.COM, KABOUTJIE.COM, CWFOOTANDA­NKLE.COM.AU, KIDSPOT.COM.AU, TIME.COM, HARDINGCHI­ROPRACTIC.CO.UK ??
BRONNE: FOOTANKLEI­NSTITUTE.COM, KABOUTJIE.COM, CWFOOTANDA­NKLE.COM.AU, KIDSPOT.COM.AU, TIME.COM, HARDINGCHI­ROPRACTIC.CO.UK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa