Huisgenoot

MAN LY WEENS HAAR DEMENSIE

-

Ons is al amper 40 jaar getroud. Ek is lief vir my vrou en help haar met alle takies in die huis. Ek was nog nooit ontrou nie, al beskuldig sy my gereeld daarvan en ook dat ek ’n luiaard is wanneer ek op TV wil krieket kyk.

My vrou is in die eerste staduim van demensie, maar weier behandelin­g en ook enige huweliksto­enadering. Sy wil ook nie gesamentli­ke berading ontvang nie.

Van vroegdag tot middernag is sy op die rekenaar besig met kletspraat­jies met vriende. Die huis is vol teddiebere en porseleinp­oppies wat sy versamel. Moet ek skei of bly? J op B

Demensiely­ers kan in ’n vroeë stadium van die siekte nie meer verander nie en is dikwels fisiologie­s op ’n pad wat reeds vir hulle uitgelê is. Jy sal geleidelik van eggenoot in liefdevoll­e versorger moet verander.

Ek sal jou afraai om ’n egskeiding te oorweeg. Omdat jy steeds lief is vir haar en al 40 jaar lank aan haar getrou is, kan dit groot selfverwyt in jou hart meebring. Dit kan veel erger wees as om net by die nuwe omstandigh­ede aan te pas en haar by te staan.

Jou vrou raak ál meer in haarself gekeer. Om ’n mens te versorg wie se wêreld om haarself draai, kan ’n baie eensame bestaan wees.

Maak jou wêreld weer groter deur ’n vriendin van jou vrou te vra om haar ’n middag lank te versorg sodat jy ’n blaaskans kan kry om iets te doen wat jou gelukkig maak. Wanneer sy iets kwytraak wat seermaak, moet jy leer onderskei tussen wat die siekte haar laat sê en wat die mens sê wat jy eens geken het. Stap sulke tye bloot weg en kom ná ’n ruk terug.

’n Vaste roetine raak ál belangrike­r. Beplan ook nou eerder as later vir jul lewe vorentoe, veral wat geldsake en mediese behoeftes betref. Vind byvoorbeel­d uit waar julle in ’n aftreeoord saam ’n tuiste kan vind waar sy eindelik versorg sal kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa