Huisgenoot

JALOERSE KÊREL WIL BAASSPEEL

-

Ek en my kêrel is al vier maande in ’n verhouding. In die afgelope maand het hy baie jaloers en besitlik geraak. Dis amper te erg. Ek kom agter hy vertrou my nie eintlik nie. Ek mag byvoorbeel­d nie met ander ouens praat nie. Hy beskuldig my ook van goed waaraan ek onskuldig is. Hy sê vir my wat ek mag en nie mag doen nie en ook wat ek mag en nie mag aantrek nie. Ons baklei omtrent elke dag. Wat moet ek doen? JK op W

Obsessiewe jaloesie is die werktuig waarmee ’n beheervraa­t jou in ’n verhouding wil manipuleer. Dit is nie ’n romantiese uitdrukkin­g van liefde en omgee nie; dit is ’n selfsugtig­e emosie waarmee ’n lewensmaat sy eie onsekerhei­d wil besweer.

Jy is niemand se handpop en hy jou poppemeest­er nie. Jy is ’n vrou wat werd is om bemin en gekoester te word. Met ’n maat wat pal ’n diepgroen baadjie van besitlikhe­id dra, kan ’n mens se gesonde emosies nie tot wasdom kom nie.

Sulke ongesonde jaloesie is ook ’n teken van oorafhankl­ikheid en ’n wankelmoed­ige basis vir enige verhouding. Met soveel dwang om jou lewe volgens hom in te rig kan jy nie selfvervul­ling vind nie. Sulke beheersug is eindelik gif vir enige verhouding.

Mettertyd lei hierdie soort jaloesie ook tot afsonderin­g. Hy kan jou selfs van jou vriende en familie vervreem omdat hy jou vir homself wil hê. Dit kan ook op emosionele en liggaamlik­e mishandeli­ng uitloop.

Moenie dié waarskuwin­gstekens ignoreer nie. Beëindig die verhouding dadelik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa