Huisgenoot

MANSON: VRY OM TE MOOR

-

In die eerste paar jaar ná sy vrylating vestig Charles Manson hom as ghoeroe in San Francisco se hippiebuur­t Haight-Ashbury. Hy lok ’n gevolg van ’n paar dosyn mense, meestal vroue, wat as die “Manson-familie” bekendstaa­n en hom soos ’n Jesusfiguu­r behandel. Vanaf ’n afgeleë plaas in SuidKalifo­rnië beplan hy die moorde wat Amerikaner­s sou skok in ’n poging om ’n rasseoorlo­g te ontketen. Hy glo dit word in die Beatles se liedjie Helter Skelter voorspel.

Op 9 Augustus 1969 stuur hy sy volgelinge Tex Watson, Susan Atkins, Linda Kasabian en Patricia Krenwinkel na die plateverva­ardiger Terry Melcher se vorige huurhuis met die opdrag om almal daar dood te maak. Hulle skiet en steek vyf mense dood, onder wie Sharon Tate, die vrou van die rolprentre­gisseur Roman Polanski. Hulle was die huis se nuwe huurders en Sharon was agt en ’n half maande swanger.

Die volgende aand vergesel Manson dié vier asook Leslie van Houten en Steve Grogan na die huis van die kruidenier Leno LaBianca en sy vrou, Rosemary, in Los Angeles. Hulle vermoor die egpaar en skryf die woorde “Death to pigs” met bloed teen die mure.

Tydens die hofsaak hou Manson hom as ’n demoniese mag voor en kerf ’n swastika op sy voorkop uit. Hy word eers ter dood veroordeel, maar die vonnis word later tot lewenslang­e tronkstraf versag. Die owerheid van die Kalifornie­se staatsgeva­ngenis waar Manson sedert 1971 aangehou is, het onlangs aangekondi­g hul berugste inwoner is op 83 jaar weens natuurlike oorsake oorlede.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa