Huisgenoot

HOE WEET EK MY KIND IS OP KOERS?

-

Melanie raai ouers aan om te sorg dat hul kinders die volgende geletterdh­eidsvlakke onder die knie het aan die einde van hul eerste skooljaar en teen die tyd dat hulle gr. 4 bereik: GR. R:

Aan die einde van die jaar moet jou kind die basiese kleure ken, die alfabet kan opsê, die name en klanke van letters ken, hul eie naam in skrif herken, weet hoe om ’n boek reg vas te hou, weet dat ’n mens van links na regs lees en ’n belangstel­ling in boeke toon.

Laat hulle hul naam op papier, ’n bord, in die sand of met magnetiese letters skryf.

Lees vir en saam met jou kind. Volg aan die begin die woorde met jou vinger sodat hulle verstaan hoe ’n mens lees en dat wat jy sê verband hou met die letters op die blad.

Moedig hulle aan om oor prentjies in boeke te praat en vra hulle om te voorspel wat volgende in die storie gaan gebeur. GR. 4:

Aan die einde van die jaar moet kinders selfversek­erde, gevorderde lesers wees. Hulle moet stamwoorde (oftewel woorde wat die basis vir ander woorde vorm, soos “slaap’’ in “verslaap”), kontekslei­drade (soek leidrade in omliggende teks en foto’s in die storie) en woordeinde­s (algemene agtervoegs­els soos “-ing” in “bedoeling’’ en “-lik” in “wenslik’) kan gebruik om nuwe woorde uit te pluis.

Hulle moet ’n uur lank op hul eie kan lees en skryf.

Hulle moet ook al self ’n woordeboek, ’n ensikloped­ie, die biblioteek en die internet kan raadpleeg. Hulle moet die teks verstaan en ook die hoofpunte kan uitlig om dit vir ’n opstel of mondeling te gebruik. EKSTRA BRONNE: DAILYMAVER­ICK.COM, HUFFINGTON­POST. CO.ZA, THESOUTHAF­RICAN.COM, BUSINESSLI­VE.CO.ZA

 ??  ?? Ouers van gr. R-kinders moet hulle aanmoedig om oor prentjies in boeke te praat en hulle vra om te voorspel wat volgende in die storie gaan gebeur.
Ouers van gr. R-kinders moet hulle aanmoedig om oor prentjies in boeke te praat en hulle vra om te voorspel wat volgende in die storie gaan gebeur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa