Huisgenoot

SO WERK ALLERISIKO-DEKKING

-

Allerisiko-dekking kan gespesifis­eer of ongespesif­iseer wees.

GESPESIFIS­EER

Die meeste versekeraa­rs vereis dat toestelle soos selfone, skootreken­aars, tablette en GPS-toestelle onder jou allerisiko-dekking gespesifis­eer word. Spesifisee­r beteken elke item en die waarde daarvan moet afsonderli­k genoem word. Byvoorbeel­d: horlosie R2 000; tablet R6 000. Elke item het dan sy eie maandeliks­e premie, byvoorbeel­d: horlosie R10; tablet R15. Die item se waarde is die grootste prysfaktor wat die premie bepaal, maar die polishouer se ouderdom (nie noodwendig die gebruiker s’n nie), risikoprof­iel, permanente woonadres en eisgeskied­enis speel ook ’n rol.

Gespesifis­eerde items se dekking is gewoonlik wêreldwyd.

As jy eis: Jy moet skootreken­aars, tablette en fone se reeks- en IMEI-nommers verskaf.

ONGESPESIF­ISEER

Dit bied dekking vir ’n verskeiden­heid items, byvoorbeel­d klere plus jou sonbril, vir ’n totale bedrag van sê maar R20 000. Die waarde van elke item word nie afsonderli­k uitgestipp­el nie, maar ’n limiet per item word uitbetaal, byvoorbeel­d R1 000.

Dit is dus vir persoonlik­e besittings wat jy uit die huis kan neem, maar waarvan die waarde minder is as ’n sekere bedrag – in dié geval R1 000.

Gestel jou baadjie van R500 en jou sonbril van R800 word gesteel. Die versekerin­g behoort die R500 vir die baadjie en die R800 vir die sonbril uit te betaal, want dit is onder die R1 000-limiet per item. Dit is ook minder as die algehele limiet van R20 000.

Polishouer­s kan besluit hoeveel hulle die ongespesif­iseerdedek- king-bedrag wil hê (soos R20 000) en die versekeraa­r sal dan bepaal wat hul uitbetalin­gslimiet per item sal wees.

Die uitbetalin­gslimiet verskil van maatskappy tot maatskappy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa