Huisgenoot

HANNON GEE HULP

Hannon gee sy top-10wenke wat hy gedurende dié seisoen van Glam Guru met lesers gedeel het

-

1 Natuurlike rooikoppe moet weet hulle het ’n baie weerbarsti­ge oranje pigment in hul hare. Jy sal nie van die natuurlike rooi in jou hare kan wegkom nie; daarom moet jy altyd ’n haarkleur kies met ’n effens rooi kleur.

2 Dis moontlik om heeldag volmaak te lyk as jy ’n grimeerver­seëlaar oor jou grimering aanspuit.

3 Donker en dramaties gegrimeerd­e oë kan maklik intimidere­nd lyk. Dra dus altyd ’n perskekleu­rige blosser op jou wange wat jou vriendelik­er laat lyk.

4 As jou hare vinnig platval bo-op jou kop, laat sny dit effens korter bo. Dan sal jou kapsel vanself makliker opstaan.

5 As jy nie ’n saamtrekmi­ddel aan jou vel aanwend nie, kan die aktiewe bestanddel­e van jou vogroom en serums nie jou vel binnedring nie.

6 In jou tienerjare is ’n reiniger en sonskerm voldoende; vanaf jou 20’s moet jy ’n oogroom begin gebruik, en op 30 velserums onder jou vogroom.

7 Trek ‘n lyntjie met ’n wit oogpotlood naby die wimpers en versprei dit met jou vingers. Dit laat lyk oogskadu helderder.

8 Die bes bewaarde volumegehe­im is om jou hare net met jou vingers en haardroër droog te blaas en nie met ’n borsel nie.

9 As jy ’n volumestil­eerproduk aan jou hare aanwend, sorg altyd dat jy dit in jou kopvel invryf, want dis hier waar volume begin.

10 Om krulhare die gladste en reguitste te blaas, blaas dit met ’n groot borsel terwyl dit nog papnat is.

 ??  ?? ANNETJIE HALL (39)
ANNETJIE HALL (39)
 ??  ?? ILZE VAN RHYNE (24)
ILZE VAN RHYNE (24)
 ??  ?? MARIE VAN ZYL (48)
MARIE VAN ZYL (48)
 ??  ??
 ??  ?? LEE HOUGH (29)
LEE HOUGH (29)
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa