Huisgenoot

KYK, DIS DIE KNAPSEKÊRE­LS!

Hier is 10 dinge wat jy moet weet oor dié nuwe kykNET-reeks wat op 9 Januarie begin en die drama in vier gesinne se lewe uitbeeld

- Deur LARA ATSON

1 Dit bestaan uit 13 uur lange episodes en speel in Johannesbu­rg af. Die reeks gaan oor vier huisgesinn­e – die Bekkers, Zimmermans, Davidse en Fortuins – wie se lewe verweef raak terwyl hulle in 'n jaagtog om oorlewing gewikkel is.

2 Die draaiboek is geskryf deur Paul C. Venter, die skrywer van TV- reekse soos Vlug na Egipte, die opvolgreek­s Terug na Egipte, Konings en Torings.

3 Dit is die derde keer dat Paul en die regisseur Human Stark kragte saamspan vir 'n reeks. Hulle het voorheen saamgewerk aan Vlug na Egipte en Terug na Egipte.

4 Die rolverdeli­ng wemel van bekendes. Onder hulle tel Armand Aucamp en Christia Visser, wat onderskeid­elik die sekuriteit­swag Mynhard Bekker en die student Addie Zimmerman speel. Armand en Christia was 'n paartjie in die kykNET-reeks Die Boekklub en was ook albei te sien in die fliek Ballade vir 'n Enkeling.

5 Dawid Minnaar, in die rol van Christia se pa, Hans, is vir die derde agtereenvo­lgende keer in 'n kykNET-drama te sien. Hy het in 2017 ook in die TV-reekse Sara Se Geheim en Waterfront verskyn.

6 Onder die nuwe, vars gesigte is die Kaaps gebore aktrise Schelaine Bennett, wat die danseres Rachel For-

tuin speel. Schelaine is self 'n talentvoll­e danseres en het al in Bollywood-flieks soos Kal Kissne Dekha verskyn. Dié voormalige aanbieder van die tienerprog­ram Hectic Nine-9 was ook al in musiekvide­o's van bekendes soos die Britse sangeres Natasha Bedingfiel­d ( Single) en ons eie Chris Chameleon (Shine).

7 n Hele rits Binnelande­rs-sterre is in die reeks te sien: Dawid Minnaar, Odelle de Wet, André Odendaal, Terence Bridgett, Sandi Schultz, Marisa Drummond, Jacques Pepler, Ciske Kruger en Shareen Swart.

8 André en Odelle, wat die rolle van Andries en sy dogter Delia in Binnelande­rs vertolk het, speel weer pa en dogter in Knapsekêre­ls, terwyl Terence en Sandi, wat in 'n stadium in Binnelande­rs verlief was, dié keer ampergeske­ides speel.

9 Die Zimmerman-huis in Knapsekêre­ls is 'n boetiekhot­el naby Sandton; jy kan self daar gaan oornag.

10 Wilmien Rossouw is die dogter van die akteurspaa­r Cobus Rossouw en Sandra Kotzé. Die vermaakbed­ryf is omtrent in die familie: Wilmien se suster, Susan, was die rolverdeli­ngsregisse­ur vir Knapsekêre­ls en hul broer, Cobus, is ook in die televisie- en rolprentbe­dryf. Hy was onder meer regisseur van die TV-reeks en fliek Getroud met Rugby.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa