Huisgenoot

Wat is nuut aan die skoonheids­front?

-

1 KORT HARE

Ekstrakort style is groot nuus. Dis gewaag en ’n bietjie seunsagtig – en ons is mal daaroor. En dis natuurlik min moeite!

2 GESTRUKTUR­EERDE BOBS

Bobs wat een lengte is en nie in lae gesny word nie, raak ál gewilder omdat dit maklik is om te onderhou. Kies ’n lengte en styl wat jou gesigvorm vlei. Jy kan ook jou hare krul, stryk of kartel.

3 REGUIT PONIESTERT

Ons is dol oor dié haarstyl omdat dit deftig lyk en nie asof jy ’n skoolkind is nie. A As j jou hhare nie lank genoeg is nie, kan jy dit agtertoe kam en ’n vals poniestert vassteek.

4 KARTELS

Hope volume met kartelende krulle word crimping genoem. Dis een van die grootste somermodes, en jy kan dit stileer nes jy wil deur ’n karteltoes­tel ( crimper) te gebruik. Jy kan al jou hare of net dele daarvan kartel.

5 NAELS Naelkuns

Meer is meer wat oordadige naelkuns betref. Versier naels wat klaar geverf is met rynstene, naelkuns, plakkers en blinkers.

Lae

Skep kleurblok- of monochrome lae op kort, vierkantig­e naels vir ’n voorkoms wat aan die 1980’s herinner.

6 WIMPERS MET WOEMA

Modelle op die loopplank in Dior se lente/somer 2018-modeverton­ing het aan die boonste en onderste wimpers maskara gedra en min tot geen oogskadu. Hul wenkbroue was geborsel en hul lippe bevog.

7 GEVLEUELDE OOGOMLYNER

Die loopplank in Fendi en Roberto Cavalli se lente/somer 2018-modeverton­ings het gewemel van oordadige gevleuelde oogomlyner. Dis afgewissel met minimale grimering aan die res van die gesig, soos geborselde wenkbroue, geen oogskadu en skoon lippe.

8 HELDEHELDE­R SKADU

Die modelle op House of Holland se lente/ somer 2018-vertoning het oorboord gegaan met kleur. Jy kan ook – of gebruik dit net in jou ooghoeke.

9 GESMEERDE OOGGRIMERI­NG

Noudat gesmeerde oogomlyner, maskara en oogskadu groot nuus is, sal jy hierdie somer sommer baie minder tyd voor die spieël deurbring. Dit is een van die vinnigste en maklikste maniere om ooggrimeri­ng aan te wend – vryf dit net aan! Druk jou wimpers ’n paar sekondes lank opmekaar nadat jy maskara aangewend het; dit sal hulle daardie klonterige, besmeerde voorkoms gee.

10 MASKERS Papiermask­ers

Dis al lank gewild in Suid-Korea, maar is van 2017 af ook in plaaslike winkels te koop. Dit sal vanjaar nog gewilder raak.  Teikenmask­ers Die nuwe neiging is om nie meer een masker oor jou hele gesig aan te wend nie, maar ’n masker vir elke verskillen­de probleem aan jou gesig.

Aftrekmask­er Aftrekmask in ’n bottel Jy sal beslis gelgeld bespaar deur vloeibare aftrekmask­ers trekmasker tuis te gebruik, want dis meer bekbekosti­gbaar as salonbehan­delings.

Houtskool Houtskool Ho het bewese ontgifti tings-, antibakter­iese en afskilferi­ngseienska­ppe.

Dit word ál gewilder en kom voor in produkte soos tandepasta, maskers en seep. Verfrissen­de/bevogti tigende gesigspuit­middel Sp Spuitmidde­ls vir die gesig is al ’n papaar jaar lank beskikbaar, maar het oonlangs gewilder geraak. Dit streel, hhidreer en verfris die vel – selfs wannwannee­r dit bo-oor grimering aangespuit wordword.

11 SUBTIELE GLANS

Die mark loop oor van lipstiffie­s, oogomlyner­s en oogskadu’s met blinkighei­d. Dit was ’n gewilde keuse op die Puma x Fendi-vertoning: van die oë en wange tot by die lippe.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa