Huisgenoot

‘EK WOU NOG ALTYD ’N PREDIKANT WEES’ – MANIE JACKSON

Dié geliefde countrysan­ger gesels oor sy jongste album, sy diere en droomloopb­aan

- Deur MARIZKA COETZER

Palms van My Hande

Die 15 snitte op Manie se nuwe album, Palms van My Hande, is deur hom en verskeie ander kunstenaar­s geskryf. “Ons het by dieselfde resep gehou en plaaslike liriekskry­wers soos ek, Rudi Claase, Ray Dylan en Dennis East gebruik,” vertel dié 37-jarige sanger met die kenmerkend­e regop swart hare, kraaghemde en leerstewel­s. “Ek het ook ’n snit opgeneem wat Fredi Nest my ’n maand voor sy dood (in 2015 weens kanker) gegee het,” vertel hy. Dié liedjie heet Moenie Dink Ek Dink Nie Meer aan Jou Nie. “Die nuwe album vaar baie goed en ons is baie opgewonde.”

Lirieke wat die hartsnare roer

Veral een snit op die album lê hom na aan die hart, vertel dié Steenbok, ’n boorling van Pretoria. “Dis die een wat ek ná my broer se dood vir hom geskryf het, Die Mense in My Lewe.” Sy ouer broer, Jaco (45), is in 2016 weens kompli- kasies van ’n vergrote hart oorlede. Die sanger het ook in Januarie verlede jaar sy pa, Robbie (68), aan die dood afgestaan.

Diereliefh­ebber

Manie is ’n diereliefh­ebber van formaat en die trotse eienaar van vier honde, twee katte, vier ringnekke en ’n haas. “O ja, ek het ook ’n krimpvarki­e,” vertel hy oor die “dieretuin” by sy drieslaapk­amer-grasdakhui­s op Sasolburg in die Noord-Vrystaat. Dit het ’n ruim erf en grasperk vir al sy troeteldie­re.

Sy liefdeslew­e

Manie is verloof aan die countrysan­geres Angel de Lange (26). Oorlede Fredi het hulle aan mekaar voorgestel. Daar was selfs al gerugte dat die tweetjies reeds getroud is, maar Angel het dié skinderpra­atjies sommer vinnig op Facebook in die kiem gespoor. “Ons is nie haastig nie. Ons albei toer en werk lekker saam. En niks jaag ons nie,” het sy laat hoor.

Die nederige predikant

As hy nie ’n sanger geword het nie, sou hy waarskynli­k wou geboer of ’n dominee wou gewees het, sê Manie. “Ek kan niks anders doen (as sing) nie, maar het nog altyd daarvan gedroom om ’n predikant te wees.” Hy beskryf hom as nederig en ongeduldig maar baie vriendelik. Ons stem!

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Met sy nuwe album peuter Manie Jackson nie aan ’n wenresep nie. REGS: Hy en Angel de Lange het nie trouplanne nie, maar dit gaan punt in die wind.
HOOFFOTO: Met sy nuwe album peuter Manie Jackson nie aan ’n wenresep nie. REGS: Hy en Angel de Lange het nie trouplanne nie, maar dit gaan punt in die wind.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa