Rympies wat at kleuters laat t skater
Kinders leer speel-speel met rympies
Wat’s hier op my jassie? Dis Kaptein se plassie. Wat is hierdie rolletjie? Dis Kaptein se bolletjie. Ai tog, Mamma, sê vir my, wáár kan hondjies doeke kry? – DALINA HEESE
HUMOR is nie die eksklu siewe domein van volwassenes nie; kinders lag al van baie kleins af vir dinge wat hulle as snaaks ervaar.
“Voorskoolse kinders wat pas toiletgewoontes aangeleer het, vind byvoorbeeld ‘ badkamerhumor’ baie snaaks,” vertel Gertie Smit. “Volgens dr. Lawrence Kutner, ’n Amerikaanse kliniese sielkundige, vertel die spesifieke dinge waarvoor kinders lag ons dikwels met watter ontwikkelingstake hulle op daardie oomblik worstel.”
Gertie is ’n kenner van jong kinders, eers as opvoedkunde dosent en deesdae betrokke by die Kinderlandkleuterskool op Wellington.
Sy, die skrywer Riana Scheepers en die taalpraktisyn Suzette Kotzé-Myburgh het saamgespan vir ’n pragproduk, Rympies vir Kleintjies en Kleuters. Ook uit hul gesamentlike pen is Rympies vir Pikkies en Peuters (2015).
Gertie verduidelik hoe rympies met die leerproses help.
“Kinders hou van die sterk rym- en ritmiese element van rympies en hou daarvan om dit saam te sê en die aksies uit te voer. So leer hulle konsentreer en ook om met hul maatjies saam te werk, wat weer die onderlinge groepsgevoel versterk. Hul luister- en praatvaardighede en woordeskatuitbreiding word ook bevorder. “Omdat die rympies so ’n groot verskeidenheid temas de dek wat by die kinders se l leefwêreld aansluit, brei h hul kennis oor hierdie ond derwerpe uit.” En al die onderwerpe h handel nie oor maanskyn en rose nie. Hier’s ook versie sies vir kinders uit ge geskeide huise, aa aangenome kinders en meer. Ouma woon in Afrika, ek woon oor die see. Ouma skype my elke week en stuur ’n soen of twee. Sy lees vir my in Afrikaans uit haar rympieboek. Ek wonder wat die trane daar in haar oë soek . . . – NARINA TROGON “Die lewe het ongelukkig nou eenmaal ’n donker kant, en soms kom jong kinders met so ’n donkerte in aanraking. Ons kan hulle nie daarvan weghou nie,” sê Gertie. “Daarom moet opvoeders hulle ook blootstel aan rympies wat oor hierdie temas handel. Dit bied die geleentheid vir ouers om met hul kinders op ’ n eenvoudige vlak oor hartseer, angs, die dood van ’n troeteldier, ensovoorts te praat.” Gertie verduidelik ook hoe onder wysers hierdie boek kan gebruik. “Die bundel sluit aan by die ses vroeë leerareas van die nasionale kurrikulumraamwerk vir voorskoolse kinders; daar is rympies wat by elk van die afdelings pas. “Juffrou moenie net stories vir haar kleintjies voorlees nie; sy moet ook baie rympies voorlees. Ons lees eerstens die rympies vir die genot wat kinders daaruit put en nie sodat kinders die rympies moet memoriseer nie. “Juffrou kan die rympies wat by ’n bepaalde tema pas ’n paar keer gedurende die week voorlees. Die kinders sal spontaan begin saamsê as hulle die rympie ’n paar keer gehoor het.” Riana en Suzette het ’ n lys skrywers op hul databasis gehad wat mee gewerk het aan die Nuwe Kinderverseboek; hierdie skrywers het die kerngroep gevorm van medewerkers wat rympies ingestuur het. Wiep-wap vensters klap. Windjie warrel, ons moet skarrel. Harde knal, druppels val. Kletter-klater stort die water. – LINDA RODE
Temas kan tot hoofbrekens lei, vertel Gertie. So was daar by Kinderland week ná week ’n soektog na liedjies wat by die temas pas. Dit het aanleiding gegee tot Liedjies vir Pikkies en Peuters, wat ook vanjaar verskyn het. ’n CD word hierby ingesluit.
“Veertig rympies, twee per tema, is uit die bundel Rympies vir Pikkies en Peuters getoonset.”
RYMPIES VIR KLEINTJIES EN KLEUTERS ( R255*) en LIEDJIES VIR PIKKIES EN PEUTERS ( R169*), albei Tafelberg.