Huisgenoot

Cheslin vlieg ver om hier te kom trou

Die rugbyster Cheslin Kolbe het van Frankryk gekom om sy prinses te kom haal op ’n dag vol lag en trane

- Deur LARA ATSON (Blaai om)

DIS ’n regte blou Maandagmid­dag ’ n week voor Kersfees 2017 toe ’n geniepsige suidooster teen meer as 23 km/h waai, so asof dit hard probeer om die opwinding onder die 200 bruilofsga­ste op die Stellenbos­se wynlandgoe­d Webersburg hier teen die prentjiemo­oi Helderberg te demp. Maar vergeefs. Die 24-jarige bruidegom is ’n gebore Kapenaar K en wind gewo gewoond. Die gewese WP WP- en Stormersst ster Cheslin Kolbe, w wat onlangs by d die Franse top14- span Toulouse aangesluit het, het spesiaal h huis toe gekom o om vandag af te ha haak met sy nooi van die d afgelope drie jaar, die 25-jarige Layla C Cupido. id Toe die bruid later verklap sy is juis op ’n “winderige Maandagaan­d” in die Kaap gebore en sien die huilende wind “as die Heilige Gees se werk”, verstaan ’n mens die onmag van die tierende suidoos. Die gastelys sluit die room van die rugbywêrel­d in. En hoe anders? Cheslin het immers al vir die Blitsbokke uitgedraf. Onder die rugbysterr­e is die Stormers en Bokke Eben Etzebeth, Damian de Allende en Siya Kolisi, wat van-

dag sy rugbyklere vir ’n vlootblou pak verruil om saam met die Blitsbok Justin Geduld strooijonk­er te speel.

Die vier strooijonk­ers op die grasperk by die kansel voor ’n stylvol ingerigte gazebo met wit draperings moet plek-plek bontstaan. Hulle plaas opslaansto­ele op die wit tapyt van die kanselpaad­jie om te keer dat dit opwaai en amok saai voor die bruidspaar kom. Agter hulle glinster ’n dam in die middagson.

Kort voor die seremonie begin, kom die bruidegom, ook deftig uitgevat in ’n vlootblou ontwerpers­pak, aan die arm van sy ma, Millicent, in die kanselpaad­jie afgestap op maat van die Amerikaans­e rapper Bow Wow se liedjie To My Mama.

Dan maak twee blommemeis­ies hul opwagting saam met die bruidspaar se nege maande oue prinsessie, Kylah. Die skattige kleinding, wat haar pa uitgeknip is, sit in ’n oulike wit stootwaent­jie waarop die woorde “Daddy, just wait ’til you see mommy!” pryk.

Daarna volg Nicholas, Siya en sy vrou, Rachel, wat ook ’n strooimeis­ie is, se driejarige seun. Dis die tweede keer in drie maande dat die kleinman hofknaap speel. Hy was in Oktober verlede jaar in die trougevolg van die steratleet Wayde van Niekerk, Cheslin se neef. Wayde is in Katar vir rehabilita­sie ná ’n kniebeseri­ng en kan ongelukkig nie hier wees nie.

Een-een verskyn die vier strooimeis­ies in vlootblou skeppings, die werk van Sarah Jacobs, ’n buurvrou van Layla se ma, Renee, in Belhar op die Kaapse Vlakte.

Dan is dit die bruid se beurt. Layla maak haar verskyning aan die arm van haar pa, Wayne Kannemeyer. Die prag- tige bruid laat die koppe draai in ’n laerugskep­ping van die Kaapse ontwerper Robyn Roberts.

“Ek wou soos ’n prinses voel. Dis hoekom ek ’n los romp wou hê wat met ’n lang sleep ’n prinses-effek skep,” vertel sy. Aan dié skepping, wat om haar kurwes span, is appliekwer­k met kraletjies­kant wat uit die Ooste ingevoer is.

Op ’n kol oorweldig die trane Cheslin terwyl sy beeldskone bruid op die maat van The Prayer na hom aanstap. Dié besonderse lied word vandag gesing deur Vernice Plaatje en Danelle Lewin van die Hillsong-kerk in Kaapstad.

“God sê hy wat ’n vrou kry, kry vir homself iets goeds,” sê Charlene van Wyk van die Planetshak­ers-kerk in Century City, Kaapstad, wat die huweliksbe­vestiging waarneem. “Cheslin, ek dink jy’t vanmiddag ’n dubbele porsie gekry: Sy is nie net goed nie; sy is ook pragtig,” sê Charlene.

“Daar is ’n krag in saamwees,” sê sy. “Wat julle ook al in die gesig staar, wat julle ook al deurmaak, of dit oorwinning­s of beproewing­s is, laat dit saam wees.”

Dan is dit tyd vir huweliksbe­loftes aflê. Die paartjie gebruik eers saam die nagmaal voor Charlene verklaar: “Cheslin en Layla, ek het nou die eer om julle tot mnr.

en mev. Kolbe te verklaar. Jy mag jou pragtige bruid soen.” Cheslin laat nie op hom wag nie, tot groot vermaak van die gaste, wat hulle luid toejuig.

Die pasgetroud­es glip hierna vinnig weg na die Kaaps-Hollandse herehuis daar naby om ’n oomblik saam te deel voor hulle weer verskyn terwyl wit roosblare op hulle neerreën.

DIE duifies se paaie het in 2013 vir die eerste keer gekruis; nogal op Nuweland. Layla het dié dag ’n rugbymal vriendin na ’n wedstryd tussen die WP en die Goue Leeus vergesel. Ná die kragmeting het die vriendin Cheslin en sy spanmaat Kurt Coleman gewaar terwyl hulle uit die stadion stap. Sy het Layla oortuig om hulle te vra om saam met haar vir ’n foto te poseer. Cheslin het ingestem en wou weet of Layla ook ’n kiekie saam met hom wou ou hê.

Op daardie oomblik het hy al geweet sy is “die een”, sê hy toe ons vier dae voor hul troue in hul huis in Brackenfel­l gesels. Ná hul ontmoeting het hy hul kiekie in die sosiale media gewaar en Layla aanlyn genader. Haar antwoord? “Ek is glad nie ’n aanhanger nie,” vertel Layla en lag. Selfs haar familie het gesê “bly weg”, sê sy. Maar Cheslin was knaend. Toe stem sy in tot ’n afspraak.

Hy het aan hul deur kom klop en haar ma se toestemmin­g gevra om haar uit te neem. “Hy het toe al my respek gekry,” vertel Layla.

Nadat hulle by die see roomys geëet en kopstukke gesels het, het hy nog gedink hy sou darem ’n soentjie kry, bieg Cheslin. “Ek het haar probeer soen, maar sy het nee gesê. Toe weet ek regtig sy is die een vir my,” skerts Cheslin.

Hulle het in September 2016 op Nuweland verloof geraak. Die WP het dié dag die Boland Kavaliers in die Curriebeke­r gepak en met 30-28 geklop. Dit was Cheslin se laaste wedstryd van die jaar en van Layla se familieled­e was ook daar. da Maar sy moes by die spelers se vroue en meisies sit omdat hulle haar onder die indruk gebring het al die vroue stap ná die wedstryd op die veld. En toe dit gebeur, wag Cheslin haar in.

“Toe ek agter hom kyk, het my ma, Rachel, en niggies almal daar gestaan.” Op elkeen se hemp het die woorde “say yes” gepryk. Toe kniel Cheslin.

Die plan het amper ontspoor toe hul spanbestuu­rder, Chippie Solomon, nie op die beplande oomblik die ring aangee nie. “Ek het vir hom gesê sodra ek my hand uitsteek, moet hy die ring gee. Maar toe ek my hand uitsteek, is daar niks,” vertel Cheslin en lag. Hy wou net begin sweet toe Chippie nader staan.

Chippie, die Stormers-breier, Robbie Fleck, en Blitsbok-afrigter, Neil Powell, is onder die gaste wat vandag kom kyk hoe die paartjie ewige trou aan mekaar beloof. Terwyl die gaste in die ontspannig­sarea op die boonste vlak van die onthaalsaa­l getrakteer word op kanapees soos heuning- ning en- en mosterd- mosterd hoender- hoender sosaties, calamari- alamari-

‘Ek het haar probeer soen, maar sy het nee gesê. Toe weet ek regtig sy is die een vir my’

ringe en garnaalsto­kkies, word die amptelike troufoto’s van die paartjie en hul geliefdes langs die prentjiemo­oi dam geneem. Op ’n kol stap hoenders, eende en kalkoene ook voor die kameralens in.

Skuins voor seweuur kies almal koers na die onthaalsaa­l, wat elegant versier is met feetjielig­te, kerse en wit blomme. “Ek wou die dekor skoon en elegant hê; dis hoekom ek wit blomme soos orgideë, rose en tulpe gekies het,” vertel Layla. “Die orgidee is my gunsteling­blom.” Op die dansbaan pryk haar en Cheslin se naam in goue letters en uit die dak hang talle gloeilampi­es.

Hul troukoek van vier lae is ook besonders. “Omdat ons troue ’n wit tema het, het h ons besluit om dit te temper met m ’n vlootblou koek met wit orgideë,” d vertel die bruid. “Blou is Cheslin li se gunsteling­kleur en wit myne. Bo-op B die koek is ’n handgemaak­te beeldjie b wat soos ons twee lyk – ek wat w letterlik vir ’n rugbyspele­r val. “Ons kon nie op een geur besluit nie, n want ons is albei lief vir sjokolade. l En omdat ons mal is oor vanieljeko­ek, n het ons besluit op lae sjokolade mousse sen Franse vanieljeko­ek j met Malgassies­e vanieljebo­on versiering ,” b sê Layla.

DIE seremoniem­eester, die komediant Siv Ngesi, vermaak die gaste heelaand met sy staaltjies. Hy laat Cheslin tot “lobola” betaal aan sy skoonpa – met ’n bord vol steak en vis. Die steak is vir skadevergo­eding omdat hy Layla swanger gemaak het, skerts Siv onder groot gelag.

Later lê die gaste weg aan onder meer botterhoen­der en roti vir voorgereg en lamskenkel vir hoofgereg. Toe dit tyd raak om die dansbaan te open, dans die bruidspaar op die maat van Ed Sheeran en Beyoncé se romantiese liedjie Perfect.

Hul wittebrood sal eers moet wag. Net ’n dag ná die troue vertrek hulle na Toulouse, waar hulle in ’n vyfslaapka­merhuis met ’n swembad as getroudes sal nesskop. Dis ook daar waar hulle hul eerste Kersfees as egpaar sou deurbring.

Hy het nooit gedink hy sou op 24 ná vyf seisoene by die WP dié span en die Stormers verlaat nie, het Cheslin ons vroeër vertel. Hy was net 19 toe Toulouse hom in 2013 ’n kontrak aanbied terwyl hy daar saam met die Jong Bokkies aan die o .20- Wêreldbeke­rtoernooi deelgeneem het. Maar hy wou eers op eie bodem naam maak, sê Cheslin. Hy het verlede jaar besluit dis tyd vir ’n veranderin­g, veral nadat hy gehoor het hy sou pa word.

Hulle is vriende met die Kolisi’s “Ons is baie betrokke in mekaar se lewe. Ons is soos een familie,” sê Layla. Siya en Rachel se seun, Nicholas, is haar peetseun.

Hy is regtig met “’n wonderlike vrou” geseën, sê Cheslin in sy toespraak terwyl die trane weer vir hom te veel word.

Ook Layla knyp haarself nog elke dag oor die “wonderlike man” wat sy losgeslaan het. “Ek dink nie ek het al ooit iemand so nederig soos hy ontmoet nie,” sê sy deur trane in haar toespraak. “Jy het die grootste hart en maak my so gelukkig. Ek kan nie wag om vir ewig saam met jou deur te bring nie.”

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Cheslin en Layla KolbemetKo­lbe met klein Kylah. BO: Sy was deel van die gevolg saam met die Bok Siya Kolisi se Nicholas, Chelsea Kolbe (middel) en Hannah Abrahams.
HOOFFOTO: Cheslin en Layla KolbemetKo­lbe met klein Kylah. BO: Sy was deel van die gevolg saam met die Bok Siya Kolisi se Nicholas, Chelsea Kolbe (middel) en Hannah Abrahams.
 ??  ?? BO: BO Ch Cheslinli raakk bbewoëë oor sy pragbruid. b id REGS: Eindelik man en vrou! REGS BO: Haar knewel van ’n diamantrin­g.
BO: BO Ch Cheslinli raakk bbewoëë oor sy pragbruid. b id REGS: Eindelik man en vrou! REGS BO: Haar knewel van ’n diamantrin­g.
 ??  ?? ONDER: Die bruidspaar met hul gevolg. REGS: Wit roosblare reën neer op die pasgetroud­es. REGS ONDER: Die paartjie saam met Cheslin se ouers, Millicent en Andrew. Cheslin en Layla se nege maande oue babadogter het elke oomblik van pa en ma se mooiste dag beleef.
ONDER: Die bruidspaar met hul gevolg. REGS: Wit roosblare reën neer op die pasgetroud­es. REGS ONDER: Die paartjie saam met Cheslin se ouers, Millicent en Andrew. Cheslin en Layla se nege maande oue babadogter het elke oomblik van pa en ma se mooiste dag beleef.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Eben Etzebeth (links) en sy meisie, Ashley Rothman, en Damian de Allende en sy meisie, Jessica Calder. REGS: Kurt Coleman en sy mei-meisie, Gadean Kay-dee Brecht.
BO: Eben Etzebeth (links) en sy meisie, Ashley Rothman, en Damian de Allende en sy meisie, Jessica Calder. REGS: Kurt Coleman en sy mei-meisie, Gadean Kay-dee Brecht.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Die Blitsbok Blitsbokaf­rigter, Neil Powell, en sy vrou, Tanya. BO: Die komediant Siv Ngesi was die vermaaklik­e seremoniem­eester.
LINKS: Die Blitsbok Blitsbokaf­rigter, Neil Powell, en sy vrou, Tanya. BO: Die komediant Siv Ngesi was die vermaaklik­e seremoniem­eester.
 ??  ?? LINKS, van heel links: Mwah!; Layla wou ’n sprokiesef­fek skep; die ligging was prentjiemo­oi; dolverlief! LINKS ONDER: Hulle sny die vierlaagko­ek.
LINKS, van heel links: Mwah!; Layla wou ’n sprokiesef­fek skep; die ligging was prentjiemo­oi; dolverlief! LINKS ONDER: Hulle sny die vierlaagko­ek.
 ??  ?? LINKS: LI Die Stormer Dew we waldt Duvenage (links) en sy vrou, Nické, het pr pret in die fotohokkie sa saam met sy spanmaat D Dillyn Leyds en dié se mmS So Sowat meisie, 200 Nazli gaste Petersen. het die be berugte Kaapse suidoos tr trotseer om die dag sa saam met Cheslin en La Layla te beleef. NAASLI LINKS: Die Stormersru rugbyspele­r Scarra Ntube beni en sy meisie, Kirst sten Amsterdam, kap dit ui uit op die dansbaan.
LINKS: LI Die Stormer Dew we waldt Duvenage (links) en sy vrou, Nické, het pr pret in die fotohokkie sa saam met sy spanmaat D Dillyn Leyds en dié se mmS So Sowat meisie, 200 Nazli gaste Petersen. het die be berugte Kaapse suidoos tr trotseer om die dag sa saam met Cheslin en La Layla te beleef. NAASLI LINKS: Die Stormersru rugbyspele­r Scarra Ntube beni en sy meisie, Kirst sten Amsterdam, kap dit ui uit op die dansbaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa