Huisgenoot

Nederlands­e sangeres trek Potch toe

Die jong Nederlands­e sangsensas­ie Amira verhuis na Potchefstr­oom en sien uit na ons son, wilde diere en spontane gehore

-

SY KOM huis toe. Weliswaar nie na hare nie, maar na ons s’n.

Die Nederlands­e sangsensas­ie Amira Willighage­n (13) is op pad na Suid-Afrika. Dié keer is dit nie vir ’n konsert soos toe sy in Junie verlede jaar by die Classics Is Groot-vertonings in Pretoria weer mense op hul voete gehad het nie. Nee, sy verhuis na Potchefstr­oom.

Amira, wat in 2013 die Holland’s Got Talent-kompetisie gewen en daarna deur die media as die wêreld se grootste stemvonds van die jaar beskryf is, se eerste groot optrede in 2018 vind ook in SuidAfrika plaas. Sy gaan net soos in 2014 in Maart in die Starlight Classics-vertoning in Kaapstad optree. Boonop sal haar derde internasio­nale album, With All My Heart, wat deur Coleske Artists vervaardig word, vroeg in die nuwe jaar op die rakke wees. Die vorige twee was Amira (2014) en Merry Christmas (2015).

“Dit maak my sommer baie opgewonde dat ons trek, want ek is gek oor SuidAfrika,” vertel die klein meisie met die groot stem oor die skuif. Sy praat Afrikaans, haar ma se moedertaal, met ’n ligte Nederlands­e aksent.

Sy en haar broer, Fincent (15), het Suid-Afrika al dikwels saam met hul ouers, Gerrit en Frieda Willighage­n, besoek om by Frieda se familie te kom kuier. Frieda het in Klerksdorp grootgewor­d en in 1995 as au pair Nederland toe gegaan. Daar het sy Gerrit, ’n ingenieur, ontmoet. Dit is ook waar hulle getrou en ouers geword het.

Die blouoogsan­geressie vertel sy hou van Suid-Afrika – “veral oor die warm son en al die wilde diere”. Ons skole bied ook sport- en ander buitemuurs­e aktiwiteit­e aan, anders as in Nederland. “Dit gaan vir my baie beter wees,” sê sy.

Ma Frieda verduideli­k weer die rustiger lewe in Potchefstr­oom gaan ’n balans in haar dogter se lewe skep en gehalte daaraan toevoeg. Dit is vir haar bekende wêreld, want sy het nie ver daarvandaa­n nie grootgewor­d – in Klerksdorp.

Gerrit kom nie saam nie, maar hulle sal gereeld oor en weer kuier en natuurlik elke dag skype, vertel Frieda. “Hy hoort in Nederland. Die verhuising is nie ’n oorhaastig­e besluit nie; ons dink al lank daaraan.” Amira en Fincent gaan albei ’n plaaslike hoërskool by

woon en Frieda sal voort-

gaan met haar dagtaak, naamlik om Amira by te staan met haar sangloopba­an. En wat gaan Amira die meeste van Nederland mis? “Die groen velde . . . ”

HAAR dogter se liefde vir musiek kom eintlik al van haar kleuterdae af, vertel Frieda. “Altyd wanneer ek met die motor gery het, het ek gehoor hoe sy neurie in haar kinderstoe­ltjie op die agtersitpl­ek.”

Gerrit speel orrel en klavier, en Frieda en Fincent viool. Oor naweke word natuurlik musiek gemaak in die Willighage­n-huis. Amira was ses jaar oud toe sy eendag dink: “Ek sit nou net hier; ek wil ook iets doen.”

Sy wou sing, maar wat? het sy gewonder. “Nie popmusiek nie, want ek hou nie eintlik daarvan nie,” vertel sy. “Toe luister ek na baie YouTubemus­iekvideo’s en so ontdek ek toe operamusie­k. Ek het gedink: ‘Sjoe, luister net hier!’ Dit was vir my so mooi.”

Amira het haarself leer sing deur ander sangers se optredes op YouTube te volg.

Toe breek 2013 aan en die negejarige en haar gesin se lewe verander soos handomkeer toe sy vir die Holland’s Got Talent-kompetisie inskryf, dit wen en ’n sensasie word.

Sowat 3 314 500 mense het reeds op YouTube geluister hoe sy Puccini se O Mio Babbino Caro sing, en haar amptelike Facebookbl­ad word deur meer as 100 000 mense gevolg.

Hierdie roem het Amira nooit verwag nie, vertel sy. “Eintlik wou ek net een keer op TV wees.”

Optredes wêreldwyd het gevolg. André Rieu, wat internasio­naal bekend is vir sy reusekonse­rte van ligte klassieke musiek, het haar onder andere genooi om saam met sy orkes op te tree. Sy het ook al die verhoog gedeel met die tenoor Paul Potts, wat bekend geword het nadat hy in 2007 Britain’s Got Talent gewen het.

Maar in haar tuisstad, Nijmegen, bly sy net ’n gewone tienermeis­ie. Elke weekoggend ry sy die ongeveer 4 km per fiets na haar skool, die Kandinsky-kollege, waar biologie en geskiedeni­s van haar gunsteling­vakke is. Pouses speel sy en haar maats sokker. Ná skool en oor naweke neem sy graag aan hokkie en ysskaats deel.

Haar maats dink nie sy is ’n glansmens nie, vertel Amira. “Wanneer ek moet weggaan om te gaan sing, sê hulle net dis cool, want dit is nie nou meer vir hulle snaaks nie. Maar ek moet altyd vir hulle foto’s stuur wanneer ek in ’n ander land is sodat hulle kan sien hoe dit lyk.”

Tuis moet sy self na haar troeteldie­re omsien. Amira het ’n hond, drie katte en drie skilpaaie.

Sy vertel opgewonde van die hondeparty­tjie wat sy vir haar poedel, Vickey, gehou het vir dié se eerste verjaardag. Sy het ’n hondekoek uit verskillen­de soorte hondekos aanmekaarg­eslaan en Vickey se ma, boeties en sussies, wat ook in die buurt woon, is genooi om saam te kom feesvier. “Dit was te prettig!”

Frieda sê omdat Amira nog eintlik ’n kind is, moet sy pret hê, en dít sal sy nooit van haar wegneem nie.

Amira het ’n bestuurspa­n wat na haar loopbaan en optredes omsien, maar Frieda hou ook ’n wakende oog. “Elke sakebeslui­t word gesamentli­k tussen my, Amira en die span geneem,” verduideli­k sy. “Amira moet haar sangloopba­an geniet en dit nooit as ’n verpligtin­g of ’n werk sien nie. Sy moet ook nie haar skoolwerk afskeep nie.” Daarom word die jong ster se optredes beperk tot twee ver tonings per maand in Nederland en net elke tweede maand ’n internasio­nale optrede. Vir haar is die optredes in Suid- Afrika die lekkerste, want hier is die mense “spontaner”, vertel sy. “Op ander plekke sal die gehoor hande klap, maar net bly sit. In Suid-Afrika is die mense nie so styf nie. Hulle staan op en klap en juig. Dit is lekker om vir hulle te sing.”

VIR haar nuwe album is haar stem in Pretoria opgeneem, terwyl die Praagse Filharmoni­ese Orkes, wat haar daarop begelei, in Praag opgeneem is. Dit is moeilik om ’n gunsteling­liedjie op die album te kies, sê Amira, “want almal is so mooi”. Ná ’n rukkie se dinkwerk sonder sy wel die geestelike liedjies Amazing Grace en How Great Thou Art uit, asook die Blommeduet uit die Léo Delibes-opera Lakmé, wat sy saam met Corlea Botha sing.

Wanneer hulle eers hier woon, beplan sy ook om meer aandag te gee aan haar Gelukskind­ers-liefdadigh­eidsprojek, wat in townships speelparke oprig. Die eerste een is drie jaar gelede op Ikageng naby Potchefstr­oom geopen. Die vierde een in die Potchefstr­oom-omgewing is vanjaar opgerig. Sy finansier hierdie projekte met haar sanginkoms­te.

Amira sal graag vir die res van haar lewe wil sing, maar gaan ná skool in die regte studeer. Sy druk haar half op Nederlands uit: “As die singery nie uitwerk nie, is my lewe nie vergaan nie.”

’Dis lekker om in Suid-Afrika te sing; die gehoor staan op, klap en juig’

 ?? Deur JACO HOUGH- COETZEE Foto’s: ROWYN LOMBARD ?? Die Nederlande­r Amira Willighage­n gaan haar internasio­nale sangloopba­an vanuit SuidAfrika voortsit.
Deur JACO HOUGH- COETZEE Foto’s: ROWYN LOMBARD Die Nederlande­r Amira Willighage­n gaan haar internasio­nale sangloopba­an vanuit SuidAfrika voortsit.
 ??  ?? BO: Amira in 2016 op die Classics Is Groot-verhoog in Pretoria. REGS: Pa Gerrit, ouboet Fincent, ma Frieda, Amira en Vickey.
BO: Amira in 2016 op die Classics Is Groot-verhoog in Pretoria. REGS: Pa Gerrit, ouboet Fincent, ma Frieda, Amira en Vickey.
 ??  ??
 ??  ?? ’n Deel van haar derde album is in die Coleske Artists-ateljee in Pretoria opgeneem.
’n Deel van haar derde album is in die Coleske Artists-ateljee in Pretoria opgeneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa